Page 1 of 1
Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 11:10 am
by WILLEBEES
• As jy voor my hek toeter blaas, beter jy iets kom aflewer. Jy kom seker niemand oplaai nie.
• Kyk my dogter in die oë as jy met haar praat. Moet nooit êrens anders kyk nie.
• As jou broek te eniger tyd lyk of hy los is, sal ek met 'n paar spykers sorg dat hy bly waar
hy moet wees.
• Ek lyk nie gemeen nie. Ek is gemeen.
• Moenie met my oor politiek of sport of die weer praat nie. Al wat ek wil hoor is hoe laat jy
my dogter terugbring. Al woord wat ek verstaan is "vroeg".
• Moenie rondtrippel as jy vir my dogter wag nie. Sy vat lank. Maak jouself handig en was die kar.
• As jy my dogter laat huil, laat ek jou huil.
• Flieks met ouderdomsbeperkings is uit. Walt Disney is aanvaarbaar. 'n Besoek aan haar ouma is beter.
• Moenie vir my lieg nie, ek gaan jou uitvang.
• Moenie gerus wees omdat ek 'n ouderling is nie, ek doen dit net om my vrou gelukkig te hou.
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 12:37 pm
by Gawie(13mm)
..Die hopies los grond in die voortuin is waar die honde die vorige twee kêrels probeer opgrawe.

Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 1:37 pm
by baas
Hahahahaha. Goeie een.
Gaan dit onthou..
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 2:16 pm
by Frikkiedbr
APPLICATION FOR PERMISSION TO DATE MY DAUGHTER
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 5:02 pm
by Heinz Petersen
Daai pa is wilder as die wildtuin.
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 5:30 pm
by Baasvark
Klink vir my reg.
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 5:53 pm
by Ferdi
Eish en ek is 'n dogtertjie pa.
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 6:34 pm
by BeesBreet
Eish my eerste dogter is nou 1 jaar oud en tweede meisiemens is oppad vroeg volgende jaar...
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 6:52 pm
by vergund
BeesBreet wrote:Eish my eerste dogter is nou 1 jaar oud en tweede meisiemens is oppad vroeg volgende jaar...
Alle sterkte ou Bees !!!!!! as n mens n seun het dan het jy net een probleem , n dogter het jy die hel buurt se seuns as probleme!!!!!!!!!
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 7:28 pm
by Philip J
Baasvark wrote:Klink vir my reg.
+10000
Ek het self twee dogters. Gaan sommer vanaand nog 'n hele paar kopieë van Frikkie se kontrak uitdruk!
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 7:32 pm
by Baasvark
Eerste keer wat hy kom kuier gaan ek hom wys hoe werk 'n burdizzo!!!!
Net ingeval hy gedagtes wil kry!
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 7:48 pm
by BeesBreet
Janee ek gaan sommer n skaap rekkie op sy vinger vasmaak vir n voorsmaak! Net om mooi die boodskap oor te dra.
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 7:49 pm
by BeesBreet

.
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Thu Oct 29, 2015 10:21 pm
by alecjohnson
Elke pa met n dogter MOET n haelgeweer, n graaf en n "aliby" he. Ek is nie n pa nie, maar my sussies se ouens moet met my praat nie my pa nie! My sussie se vorige ou se kakebeen is seker nounog seer. Maak my mense seer en jy sal 11-1-11!
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Fri Oct 30, 2015 12:03 am
by koos 2
HA HA baie dankie aan die skrywer,nou net my dag gemaak !!!
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Fri Oct 30, 2015 8:24 am
by PaulM
Dankie, lekker gelag!
Soos die slim mense sê: "Guns don't kill people, dads with pretty daughters do....."
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Fri Oct 30, 2015 8:31 am
by Chris Swart
Ek sal nie een van daai pa's wees wat sit en haelgeweer skoonmaak as die eerste boyfriend kom kuier nie...... Ek sal HOM die haelgeweer laat skoonmaak.
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Fri Oct 30, 2015 8:49 am
by Capt. Yoda
Rule Four:
I'm sure you've been told that in today's world, sex without utilizing a 'Barrier method' of some kind can kill you. Let me elaborate, when it comes to sex, I am the barrier, and I will kill you.
Rule Ten:
Be afraid. Be very afraid. It takes very little for me to mistake the sound of your car in the driveway for a chopper coming in over a rice paddy near Hanoi. When my Agent Orange starts acting up, the voices in my head frequently tell me to clean the guns as I wait for you to bring my daughter home. As soon as you pull into the driveway, you should exit the car with both hands in plain sight. Speak the perimeter password, announce in a clear voice that you have brought my daughter home safely and early, then return to your car - there is no need for you to come inside. The camouflaged face at the window is mine.
LMGA
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Fri Oct 30, 2015 10:39 am
by Baasvark
Capt. Oblivious wrote:Rule Four:

Rule 11: With your first visit you will be required to dig a hole roughly 7 feet x 3 feet by 6 feet deep - just to save me the effort should I ever need to use it! You can dig deeper should that be your choice!
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Fri Oct 30, 2015 11:26 am
by Giepie
Ai tog. My arme seuns. Gelukkig is die eerste een klaar getroud, hy het sy skoonpa mooi geleer.
Wat vir hierdie draad dan snaaks sal wees, hy gaan nou sy skoonpa leer hoe om met vuurwapens te werk.

Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Mon Nov 02, 2015 7:36 pm
by ReinierK
Ek is nog n student en dus een van die wat volgens die reels moet leef... Maar my ouers het my darem volgens daai reels geleer.... Behalwe die kar was een, sal dit volgende probeer om in die goeie boekies te kom... Hoopelik lyk die oom dan nie asof hy my wil dood maak nie..
Re: Pa se reels vir die ou wat sy dogter wil uitneem
Posted: Mon Nov 02, 2015 8:58 pm
by Giepie
Reinier, daai Potch girls se ouers is soms anders, vra my. Ek het hulle gewen deur vrede te maak met hulle hond.