Page 1 of 1
Tweedehands 243 BRNO
Posted: Fri Jun 03, 2011 11:43 am
by Christo Els
Die eiennaar wil die wapen dadelik verkoop (gehoor hy is in die knyp)
Al wat ek is dat dit 'n 243 BRNO is en dat die man R5000.00 vir hom soek
OO ja die slot aksie is baie glad
wat dink julle is sy waarde?
Sorry oor die foto's moes dit vinnig met die selfoon neem
[img width=360 height=480]
http://i1137.photobucket.com/albums/n51 ... ge0234.jpg[/img]
[img width=360 height=480]
http://i1137.photobucket.com/albums/n51 ... ge0235.jpg[/img]
Re: Tweedehands 243 BRNO
Posted: Fri Jun 03, 2011 11:48 am
by Beretta
Hi Christo
As jy hom nie koop nie as ek kan sal ek hom koop vir daarie bedrag
Groete
Beretta
Re: Tweedehands 243 BRNO
Posted: Fri Jun 03, 2011 12:22 pm
by Armand Steenkamp
Ja nee wat,dit een wat jy nie deur jou vingers kan laat glip nie!
Re: Tweedehands 243 BRNO
Posted: Fri Jun 03, 2011 12:26 pm
by Hein M.
Ja. Dink so daaraan. Net die aksie alleen is meer werd.
Re: Tweedehands 243 BRNO
Posted: Fri Jun 03, 2011 12:30 pm
by .::Alwyn-U::.
Lyk na 'n mooi geweertjie, Ek hou van die hout afwerking, het self 'n Brno 243.. Baie lekker geweertjie om te h?.. Mens kan nie 'n groot fout maak om 'n 243 te kry nie!
Re: Tweedehands 243 BRNO
Posted: Fri Jun 03, 2011 12:36 pm
by 300Winmag
Moen jou tyd met die mors met die geweer nie ...
PS : PM my net sy kontak besonderhede

Re: Tweedehands 243 BRNO
Posted: Fri Jun 03, 2011 12:45 pm
by 243Songdaug
Jy kan hom maar koop vir daardie bedrag - jy sal hom nie weer vir daardie bedrag sien nie. Hul waarde tans is so tussen R7500 en R8500 - tweedehands.
Re: Tweedehands 243 BRNO
Posted: Fri Jun 03, 2011 12:51 pm
by Christo Els
Dankie vir die terugvoer.
Ek Kry dit voetstuk met ringe by vir die teleskoop.
Wil net met minster van finasie gaan reel.

en dan by die regering loop roesteming vra.
sal julle laat weet
Re: Tweedehands 243 BRNO
Posted: Sat Jun 04, 2011 9:20 am
by THOMAST
Christo, is dit die ZKK601 aksie?
Indien wel, het jy goed gedoen.
Gewoonlik kom hulle met 2 snellers, een "set trigger" wat jy vorentoe druk om fyn te skiet, en 'n standaard sneller, wat ook verstelbaar is deur 'n stelskroef binne die aksie (slot moet uit wees en teleskoop moet af wees om by hom uit te kom)
Van die modelle het ook 'n gaatjie visier wat weggesteek is in 'n "cutout" bo-op die agterste brug.
Die ZKK reeks is volgens my beter gemaak as baie van die mausers, wat meestal maar 'n milit?re agergrond het en dus massa geproduseer was.