Page 1 of 1
Rooi ribbok pryse?
Posted: Fri Jun 03, 2011 11:33 am
by Benman
More manne
Ek sal wardeer as jul my bietjie kan help met rooi ribbok pryse vir die seisoen?
Groete
Benman
Re: Rooi ribbok pryse?
Posted: Fri Jun 03, 2011 11:35 am
by Nico Harris
Jagplase hier in zulu land vra R2000 n ram en R2500 vir n trofee. hulle is nie so vollop hier nie!
Re: Rooi ribbok pryse?
Posted: Fri Jun 03, 2011 11:57 am
by GreyGhostGear
Benman,
Oos Kaap het ek al die jaar R350 betaal deur 'n kontak en R550 by 'n ander geleentheid. Sy vleisies bly darem maar lekker!
Re: Rooi ribbok pryse?
Posted: Fri Jun 03, 2011 12:01 pm
by GreyGhostGear
Benman,
As jy een wil gaan skiet moet jy nou gou gaan voor die groot reen kom...Habana het nou net 'n drie gedruk

Re: Rooi ribbok pryse?
Posted: Fri Jun 03, 2011 2:24 pm
by Benman
Harris
R2000????? Is dit goue ribbokke?
Ek gaan nou pakket jag iewers in Junie, het tien ribbokke in pakket gekry met gemsbok bul hier in die suid vrystaat. Hier lyk die ribbokke mooi die seisoen.
Groete
Re: Rooi ribbok pryse?
Posted: Fri Jun 03, 2011 2:46 pm
by Nico Harris
Nee soos ek se hulle is maar skaars hier en dit jaag die prys op.
Re: Rooi ribbok pryse?
Posted: Fri Jun 03, 2011 4:47 pm
by Benman
Harris
Ek spot sommer, dit is maar so met die rooibokke hier by ons, skaars en duur.
Groete
Benman
Re: Rooi ribbok pryse?
Posted: Sun Jun 12, 2011 8:31 pm
by Frikkie Coetzee
Benman
Pryse in die Oos Kaap is so tussen R400 en R550.
R450 is billik. Onthou die OK se jag regulasies bepaal nou een bok per persoon per dag.
Frikkie