Page 1 of 1

.223 vmax

Posted: Sun Oct 25, 2015 10:43 pm
by Maartin
Naand sĂȘ. Help my asb. Ek het 'n brno .223 wat ek onlangs aangeskaf het. Ek skiet tans 53gr vmax uit hom uit. Ek wil by julle hoor sal die vmaxe genoeg penetreer op 'n vark bladskoot of springbok 100m-200m om hom om te dop? Ek wil nie die skool geld betaal as iemand anders klaar het nie. Weet dis 'n varmint punt het net gewonder as dit sou gebeur dat kopskoot nie moontlik is nie.

Re: .223 vmax

Posted: Mon Oct 26, 2015 7:19 am
by Capt. Yoda
Sit hom net agter die blad op die rib

Re: .223 vmax

Posted: Mon Oct 26, 2015 7:23 am
by G-force
Ss n 32gr V-max uit n .204 dit kan doen sal daai .223 seker ook lekker werk.Soos Capt hier bo se,sit hom agter die blad,nie op die knop nie.

Re: .223 vmax

Posted: Mon Oct 26, 2015 10:26 am
by Maartin
Dankie manne.

Re: .223 vmax

Posted: Mon Oct 26, 2015 10:31 am
by Jake1
Skootplasing is baie belangrik op die varke, as jy nie mooi skiet op vark nie gaan hy maar ver kan hardloop. Vir jag met 223 verkies ek n swaarder koeel, maar vir springbok sal hy lekker werk.

Re: .223 vmax

Posted: Mon Oct 26, 2015 10:37 am
by Kubus
Maartin, ek het ook een.
Ek skiet met Sierra gameking 55gr SBT
Gebruik hom op jakkalse, vlakvarke en wild tot rooibokgrootte.
Goeie skote net agter die blad, as jy nie by hul koppe kan uitkom nie, maksimum 200m, ek hy is genoeg geweer.