Page 1 of 1
Bobejaan roep klanke?
Posted: Sat Oct 24, 2015 10:49 am
by vossie1
Is daar so iets en waar kan n mens dit kry.
Re: Bobejaan roep klanke?
Posted: Sat Oct 24, 2015 10:59 am
by Fanie.308
Ek het nog nooit gehoor van so iets nie
Re: Bobejaan roep klanke?
Posted: Sat Oct 24, 2015 11:01 am
by Piet Pille
vossie1 wrote:Is daar so iets en waar kan n mens dit kry.
Die KFC kenwysie werk soos 'n bom.....

Re: Bobejaan roep klanke?
Posted: Sat Oct 24, 2015 2:18 pm
by Alwin
Of jy roep soos 'n ryp mielie.
Re: Bobejaan roep klanke?
Posted: Sat Oct 24, 2015 2:26 pm
by Mac
Nie eintlik 'n roep klank nie, maar ons het een keer 'n klein bob in die hande gekry naby 'n trop, moet sê dit het redelik vinnig skiet gekos
Re: Bobejaan roep klanke?
Posted: Sat Oct 24, 2015 8:58 pm
by Alwin
Mac wrote:Nie eintlik 'n roep klank nie, maar ons het een keer 'n klein bob in die hande gekry naby 'n trop, moet sê dit het redelik vinnig skiet gekos
Iemand vertel my, as jy die kleintjie aan sy stert in die rondte swaai, waar die res dit kan sien natuurlik, dan gaan jy vinnig moet skiet en genoeg ammu byderhand hê. Hulle raak beserk soos 'n rooi beret bende wat 'n bierlorrie sien omval het...
Re: Bobejaan roep klanke?
Posted: Mon Oct 26, 2015 12:53 pm
by RUPERT
Alwin Fleischmann wrote:Mac wrote:Nie eintlik 'n roep klank nie, maar ons het een keer 'n klein bob in die hande gekry naby 'n trop, moet sê dit het redelik vinnig skiet gekos
Iemand vertel my, as jy die kleintjie aan sy stert in die rondte swaai, waar die res dit kan sien natuurlik, dan gaan jy vinnig moet skiet en genoeg ammu byderhand hê. Hulle raak beserk soos 'n rooi beret bende wat 'n bierlorrie sien omval het...
Nou het ek lekker gelag!!!
Re: Bobejaan roep klanke?
Posted: Mon Oct 26, 2015 12:58 pm
by Louis Kriel
Piet Pille wrote:vossie1 wrote:Is daar so iets en waar kan n mens dit kry.
Die KFC kenwysie werk soos 'n bom.....


Mooi man!
Re: Bobejaan roep klanke?
Posted: Mon Oct 26, 2015 1:28 pm
by Viking
Die "trick" met die kleintjie behoort te werk.
So 'n jaar gelede was ons op 'n naweek kamp en 'n trop bobbejane het die Sat in die laat middag deur die kamp beweeg - daar was nie baie kampeerders nie.
Skielik was daar 'n moerse gil van die vroue abulusie blok en 'n paar van ons manne laat loop om daar te kom. Jy sien net bobbejane uitdop by die deuropening, maar daar bly 'n paar jonges agter wat te skrikkerig is om uit te kom. Tipiese "stand off...!!" Ons kyk vir hulle en hulle kyk vir ons - die res van die trop is op 'n veilige afstand, maar deeglik bewus van wat aangaan.
Uiteindelik dop 3 kleintjies uit, maar bevind hulle bo-op die kleedkamers se dak en toe begin die sports. Die manne omsingel die gebou en die kleintjies kan nie af nie....hulle skree en roep vir die eerste span!
Die volgende oomblik storm die tropleier en nog 3 bobbejane ons en terwyl ons aan hulle aandag gee ontsnap die kleintjies.
Die ervaring bevestig dat die volwassenes sal kom "help" as daar kleintjies bedreig word.
Met 'n goeie "distress call" gaan jy bobbejaan se kind nader lok en dan moet jy reg wees om die lood te laat loop!!!
Re: Bobejaan roep klanke?
Posted: Wed Oct 28, 2015 8:26 pm
by Fanie.308
Ja dit kan seker werk maar by ons trek hulle so baie rond en dit is meestal mannetjie bobbejane wat uit die trop geskop is wat die moeilikheid aanvang !