Page 1 of 1
Ideale Vergroting
Posted: Sat May 30, 2009 4:31 pm
by Louis102
Wat s? die manne?
Neem asseblief deel aan hierdie meningspeiling ("poll") om te bepaal wat die gunsteling vergroting is waarop manne hulle teleskoop stel as hulle jag. Ek het 'n nuwe teleskoop en het bietjie hiermee rondgespeel die afgelope week of wat. Met springbok nagoes skiet ek doodseker beter op 'n sekere vergroting as met ander, of is dit net my verbeelding? Is dit beter om op groter vergrotings te skiet of is kleiner vergrotings meer akkuraat? Wat is die voor en nadele tussen die verskeie opsies?
Hoor graag julle mening.
Louis
Re: Ideale Vergroting
Posted: Sat May 30, 2009 4:41 pm
by Christo
Louis102
Ek het gevote 9x maar dit hang baie af van wat die omstandighede is. Ek sal op 4x vergroting rondloop of voorl? maar as die bok rustig is en nie van my weet sal ek selfs op 12x vergroting hom skiet. Seker maar om te bepaal watter hare die koe?l moet oopmaak. As die bokke aangejaag word sal ek selde skiet op groter as 6x omdat die field of view te klein raak om te sien wat ek wil sien.
Wat ek wel weet is die anner dag probeer ek 'n bobbejaan skiet met die Mini 14 se gaatjie visier en toe hulle handloop kon ek nie die gaatjie in die hande kry nie. Op 4x vergroting is dit nog altyd makliker gewees.
my 1 sent
Christo
Re: Ideale Vergroting
Posted: Sun May 31, 2009 9:48 am
by Louis102
Hallo Christo
Dankie vir die inset. Ek hoor wat jy s? en stem grotendeels saam. Wat ek graag wil weet is watter vergroting die manne uit die stoel gebruik as hulle jakkalse roep. Ek weet nie of ek my verbeel nie maar my sukses is beter op 'n 8 tot 9 X vergroting as op 12 X en meer - dit was nou met springbok nagoes. Ek het nog nie vir jakkals geroep met die nuwe scope nie. Wil vir haar nog eers 'n bietjie leer ken. Daarom dat ek die vraag vra.
Ek was geneig om te dink dat mens met 'n groter vergroting meer akkuraat moet wees, maar hierdie logika werk nie vir my so lekker in die praktyk nie.
Groete
Louis
Re: Ideale Vergroting
Posted: Sun May 31, 2009 10:20 am
by Yalair
Louis
Gebryk 8x die meeste in die nag in oop veld. as die veld toemaak sal ek so na 6x toe gaan selfs kleiner vir beter fow. Bokke voorsit ook 6x. Dagroep 4-6x
Groete
Re: Ideale Vergroting
Posted: Sun May 31, 2009 11:08 am
by MEERKAT
LOUIS 102
Die een skiet met 12x die ander met 8x afhangende van jou oe. Die belangrike teorie is skiet waarmee jy gemaklik voel. As staanplek jou 'n bietjie ongemaklik laat voel skuiwe as die wind jou ongemaklik laat voel skuiwe. In die meeste gevalle is jou 6 de sintuig reg . So skiet met wat jou die beste pas en luister na daardie 6de sintuig.
Knou goggas af
MEERKAT
Re: Ideale Vergroting
Posted: Sun May 31, 2009 1:23 pm
by Pierre
Hi LOUIS
Ek het n 12x42x56 Nightforch op my 25-06 en skiet meeste van die tyd op n 10x of 12x vergrooting.
Dit werk vir my baie goed dag en nag en het hom nou al so gewoond geraak.
Ek sal so nou en dan groter gaan in die nag om die dier uit te ken veral as dit ver is of die gras
lank is,weer terug stel 10x toe voor ek skiet.
Lekker jag.
Pierre
Re: Ideale Vergroting
Posted: Mon Jun 01, 2009 7:11 pm
by Christo
Pierre
12x42

of is ek net dof

Re: Ideale Vergroting
Posted: Tue Jun 02, 2009 10:04 am
by JACQUES BOTHA
OK EK WAS LAAS GEKAP OOR EK TEGIES GERAAK HET, HOOP NIE EK SI SOOS DAAI BOBBEJAAN WAT JY TWEE KEER IN DIESELFDE HOK VANG NIE....
ONTHOU NET SCOPES VERSKIL VAN HELDERHEID.... AS JY N BIKKO STERLING OP 8 BY 56 STEL, SIEN JY DALK PRESIES SOOS N OU TASCO OF WEAVER OF 4 BY 40......SO GEBRUIK WAT JY HET EN PAS AAN DAARBY...EK HET MAAR N 8X56 OP MY JAKKALS ROER EN IS DOOD TEVREDE DAARMEE....
EK SIEN WAT EK SIEN EN EK KAN DIE PROBLEEMDIER IDENTIFISEER WAAR EK HOM SIEN EN AS EK MOET SKIET EK HOM HIER NABY OF DAAR VER...SO NABY EN VER IS OOK RELATIEWE TERME...
Re: Ideale Vergroting
Posted: Tue Jun 02, 2009 10:30 am
by Pierre
Hi Christo
DIT IS N 12-42X56,VERSKOON MY FOUT.
DANKIE
PIERRE
Re: Ideale Vergroting
Posted: Tue Jun 02, 2009 12:21 pm
by Janjak
Ek het op n stadium n 12x42 fixed Leupoldt op my 223 gehad en hy het mooi gewerk. Al probleem was sodra die jakkals baaaie naby is blur hy kwaai. Ek sal se die 8x is omtrent reg vir alles doen, ver skote (200 en op) sal ek egter iets groter verkies soos 14, 16 of 20. Moet net nie wil sit en stel as die jakkals oppad is nie, die eerste aand met my Lynx 6-24x toe probeer ek n jakkals soek op 10 tree op 24 vergroting.
Hy het gelukkig nie die snaaksigheid kon gaan oorvertel nie, hyt gerol op so 150m. Sal egter nie weer daai fout maak nie.
Re: Ideale Vergroting
Posted: Tue Jun 02, 2009 12:40 pm
by JACQUES BOTHA
JANNIE
JY SI REG OOR DIE 14 OF 16 OF 20 WAT JY VERKIES OP DAAI VERDER AS 200 METER SKOTE,
MY VOORKEUR IS DAT EK NIE WIL STEL AS EK JAKKALSE JAG NIE, EK HET DIE BESTE 8X56 GEKOOP WAT EK KON BEKOSTIG OP DAAI STADIUM.
EN EK HET AL 350 GESKIET OP N JAKALS MA DIT WAS EENKEER EN DIT WAS LANK LANK GELEDE.....

EN DIE 8X56 GEE MY SO LEKKER BAIE GOEIE BEELD IN DIE DONKER EN MET SKEMER IS HY BRILJANT...
(ONTHOU DIS MY MENIG) EN DIS WAT EK GEBRUIK....AL KRETIEK WAT EK HET IS DAT DIE KRUISHAAR NET DAAI PISDRUPPELTJIE TE DUK IS VIR MY EIE VOORKEUR OMDAT EK HOM MET DIE SWAROVSKI MET NIGHTFORCE SE FYN KRUISHAAR VERGELYK. MAAR DIE NIGHTFORCE HET WEER N KLEINER FIELD OF VIEW...SO DAAR IS DIE CATCH 22... EK SAL VIR NAGSKIET BOKKE EN JAKKALSE MAAR SETTLE OP DIE 8X56 SWARTWORSIE....
Re: Ideale Vergroting
Posted: Tue Jun 02, 2009 12:49 pm
by tafjak
Janjak
Ek het my vergroting deurentyd op 12 en bly daarmee kom wat wil. Het egter nog nie 'n jakkals so naby as 10 meter gehad nie. Ek reken en jy het dit nou mooi verduidelik dat jy nie moet karring aan die vergrotings nie en as dit moontlik is by dieselfde scope te bly. Hou alles dieselfde en jy sal nie wonder nie. Laat ook die gebruik van "range finder" minder noodsaaklik word omdat jy later weet die jakkals is binne skietafstand of nie as jy hom sien.
So my punt is dat as 10x jou gunsteling vergroting is, bly daarmee. Daar is net scopes wat helderder is ander op verskillende vergrotings en as jy die spesifieke scope se gunsteling vergroting gekry het en dit pas jou, bly daarby.
Dit is slegs my eie mening.
Groete
Taffie
Re: Ideale Vergroting
Posted: Tue Jun 02, 2009 11:12 pm
by Francois Marais
Hi
Het 11 gevote, maar enigiets van 10 tot 12 maal is goed vir my, so dan en wan as die kondissies dit toelaat tot so 14 in die dag, maar dis nou vir bokke skiet.
Mooi loop
Francois
Re: Ideale Vergroting
Posted: Sun Aug 01, 2010 4:43 pm
by tafjak
SJ
Sien ook nou die dag dat as ek my teleskoop se vergrotings op maksimum het, staan die jakkals agter my!
Re: Ideale Vergroting
Posted: Sun Aug 01, 2010 6:08 pm
by Ja3
Hahaaha... goeie een Taffie
Hello Maters, dog ek loer in vir 'n slag.
Ek het my vergroting af gebring na 9 en dit werk goed vir die "scan" i.t.v die sigwydte.
Dink ek gaan terug na 12 toe as mens die doeltreffendheid van identifikasie in aanmerking neem.
Baie groetes
Ja3
Re: Ideale Vergroting
Posted: Sun Aug 01, 2010 7:23 pm
by Louis102
Ja3 wrote:
...Hello Maters, dog ek loer in vir 'n slag...
Ja3
Jy's 'n lekker droster, jy. Gedog jy's moeg vir ons, of is jy?
Groete
Louis
Re: Ideale Vergroting
Posted: Sun Aug 01, 2010 7:36 pm
by Ja3
Nooit Louis
Het so bietjie leer Gyro vlieg die afgelope tyd en moet erken, dis lekker.
Alreeds so 50ure op, en wil hoeka begin kyk of ek tanneman kan "uitflash"!!
Ry darem so draai of drie elke maand maar slegs by boere wat ek goed ken.
Ek voel so sleg......
Goed om van jou te hoor Louis.
....wat ook goed werk vir 'n te-helder Diavari is om Vaseline op die lens te smeer....
Re: Ideale Vergroting
Posted: Sun Aug 01, 2010 8:19 pm
by Piet Breedt
Ek wil ook graag stem op hierdie poll, maar het eintlik 3 antwoorde vir een vraag.
As ek in die bosveld jag, hou ek van so 6 - 8 vergroting.
In die nag met lig vanaf die bakkie, so op 12
Op vlaktes, lang skote vanaf stabiele rus op bakkie, 25 -30 (maar net omdat ek die groot vergroting gewoond is, en baie daarmee skiet)
Gelukkig bied die Swarovski Z6 5-30 X 50 wat ek nou mee skiet my al hierdie opsies, en het ek hom die afgelope naweek terdee getoets, op al 3 hierdie skiet toestande.
Re: Ideale Vergroting
Posted: Sun Aug 01, 2010 8:59 pm
by Gerhard
Ek is seker weer op my eis...
Ek skiet met 'n 3.5 - 10 x 50 Burris op my 22K Hornet
Hier op die hoeveld skiet ek met so 6 tot 8 vergroting.
In die bosveld waar jakkals vinnig kan inkom en verdwyn skiet ek bitter min op groter as 3.5 vergroting.
Ek sal graag eendag agter die groot scopes in die nag wil inklim om te sien hoe hulle maak.
Met my 303Brit doen 'n ou 4 x 32 Tasco diens. Hele paar bokke op 200m + het al pakslae gekry...
Re: Ideale Vergroting
Posted: Sun Aug 01, 2010 9:32 pm
by Agentkoos
Skiet met 2.5-10x42 op my 30-06
In beboste gebied op 2.5 vergroting, het al te veel keer nie n skoot ingekry nie weens te klein v.o.w.Baie fustrasie as jy nie die dier in jou scope vinnig genoeg optel nie. Op 2.5 het jy nie daai probleem nie As ek genoeg tyd het gaan ek op na 10 afhangend van hoe ver die dier is
Re: Ideale Vergroting
Posted: Sun Aug 01, 2010 10:29 pm
by Ponkie
Hallo almal
Ek het 9x gevote, vir wanneer ek jag en soms draai ek dit selfs af tot by 6-8, want in die karoo skiet mens nie maklik 'n skoot op 'n koedoe sonder dat hy klaar aan die hardloop is nie.

Dan het mens meer sig nodig. Op die skietbaan draai ek my geweer tot op maksimum, wat maar net 16x is, maar dit werk vir my.
Groete
Ponkie
Re: Ideale Vergroting
Posted: Mon Aug 02, 2010 8:41 am
by Louis102
Ja3 wrote:
....wat ook goed werk vir 'n te-helder Diavari is om Vaseline op die lens te smeer....
Ja3
Ek verstaan wat jy bedoel. Jy kan natuurlik ook met "shades" nagjag, dit lyk meer "cool". Sien nou op ander post dat Taffie 'n derde van sy Zeiss se lens toeplak om minder lig in te laat
Mooivlieg!
Louis