Page 1 of 1

Springbok karkas gewigte???

Posted: Thu Jun 02, 2011 2:33 pm
by SS
Dagse manne

Ekke het julle raad nodig asb. Ekke wil weet as mens n springbok weeg , binnegoed uit maar kop en vel nogsteeds aan, hoe dit gaan vergelyk as die kop en vel af is??

Watse persentasie ( % ) van die bok se karkas gewig insluitende die kop en vel, maak die kop en vel op???

M A W , as die kaskas +- 25kg weeg met kop en vel aan, wat gaan dit weeg sonder die kop en vel??

Krises ekke myself nou soveel keer herhaal is amper self deurmekaar!! LOL

Hoop iemand kan my help as is dit net naastenby!!

Groete
SS :)

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Thu Jun 02, 2011 3:15 pm
by Arnold
Sorry, ek kan nie help nie maar stel ook belang in die antwoord.
Dit kan nogal 'n verskil in die prys maak as jy bv. R20/kg gaan betaal, maar instede van karkas gewig is die kop, vel en pote nog aan.

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Thu Jun 02, 2011 3:23 pm
by Kalahari
Arnold en ss

Ek gaan volgende week weer paar springbokke en gemsbok skiet, so ek sal bietjie die weeg ding doen en vir julle laat weet wat ek sien. As ek nou se sal ek net raai en die doen ek nie graag nie. Hou van die feite op die tafel met die volle waarheid ontbloot. :police:

Intussen kan die manne wat dit al gedoen het maar laat weet wat hulle ondervind het.

Kalahari

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Thu Jun 02, 2011 3:32 pm
by BLOK
Ludwig

So geweeg met kop en vel wat betaal julle dan per kilogram?

Blok

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Thu Jun 02, 2011 4:30 pm
by 243Songdaug
SS

Maak net seker van die haarslag - party manne s? binnegoed uit - en dan bedoel hulle kop aan, voete aan, haarslag in, lewer en niertjies in, net die pens uit.

Het verlede jaar 'n 33kg ram geskiet en R726 buiten slagfooie betaal!!! (O ja, as die slagters die bok se karkas vir jou mooi afwas voordat hulle hom weeg kan jy hom net vir sekerheid weer die volgende oggend weeg - 'n vel hou maklik tot soveel as 2kg water).


Ludwig is baie na aan die kol met sy 4-4.5kg - ek werk altyd op 5-5.2kg veral as die ramme groot horings het.

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Thu Jun 02, 2011 6:01 pm
by Koos Barnard
SS
Ludwig is reg, 'n springbok se kop weeg ongeveer 2kg en normaalweg weeg 'n vel ongeveer 7 - 10% van die karkasgewig. Weeg die karkas met kop en vel aan dus 25kg sal die karkas alleen ongeveer 20 tot 21kg weeg.
Groetnis

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Fri Jun 03, 2011 12:13 am
by Francois Marais
SS

Ek het geen ondervinding van koppe weeg nie, maar het al etlike duisende Springbokke geweeg, LEEG binne, net met vel aan, en op hierdie gewig kan jy maar reken op10- 12% vir die vel......afhangende van die bokke se kondisie......

Mooi loop
Francois

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Fri Jun 03, 2011 8:49 am
by Christo Els
As ek die ding so kyk dan lyk my jy "verloor" so tussen R80.00 en R100.00 per springbok, behalwe as jy die kop en vel gebruik.

Dit is nogal heelwat, maar nou ja dit is nog steeds die lekkerte werd

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Fri Jun 03, 2011 10:18 am
by Wouter Roets
Koos/Francois

Ek het dit ook soos julle albei. Julle somme lyk reg want julle persentasies is gebasseer op kop aan en kop af. Maar ek het ook al gesien soos Cois se die kondisie kan n lekker rol speel.

Cois gooi bietjie daar van die swaarste wat julle al geskiet het en waar. Ek sit met hierdie qaudjagtery met lekker gegewens tot my beskikking. Ek wou jou ook al vra jy ken nie dalk vir Dice Webber nie?

Groetnis
Wout

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Sun Jun 05, 2011 8:19 pm
by Francois Marais
Wouter

Swaarste ram wat ek van weet is 38.5kg en swaarste ooi het ekself geskiet 32kg, dis nou soos ons die oes bokke weeg, leeg binne met vel aan, en sonder kop en pote.

Ek ken vir Dice, het saam met hom ge-oes in die laat 1990's, deesdae is ons oposisie vir mekaar.....

Mooi loo
Francois

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Mon Jun 06, 2011 7:59 pm
by Nico de Jager
Jis Manne
Ek het so paar jaar gelede gaan koedoe jag in die Ooskaap. Prys per kg- binnegoed uit. Net die pens word toe deur n kleine opening uitgerem en die koedoes word geweeg. Die aand by die slagplek dra die aanjaers al die harslae, koppe ens. weg sonder om iets te se of vra. Toe ek vir die eienaar daarop wys vra hy baie verbaas of ek dit dan wou he. Ek se toe nee maar ek het daarvoor betaal en kan dit vir my eie werkers saamneem. BAIE teesinnig het hy die prys aangepas.
Groete
Ribbok

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Mon Jun 27, 2011 5:13 pm
by MEERKAT
Vir interesantheid
[img]http://[/img][img width=360 height=480]http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... 062011.jpg[/img]


Rampie weeg as volg
Net pens en derms uit 34.9kg
Plus harsslag ook uit: 32.5kg
Plus Kop en pote af: 28.4kg
Plus Vel af: 25.9kg
Indien jy sou betaal R21.00/kg slegs pens uit (R732.90) , sal karkas alleen jou R28.29 kos.
Miskien help dit iemand met sy wild aankope

Mooi loop
MEERKAT

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Mon Jun 27, 2011 5:51 pm
by JACQUES BOTHA
MEERKAT
DIS N GROOT GROOT RAM DAAI  EN KAN SEKER IN SEKERE DELEVAN DIE LAND EN BUURLAND GEBRUIK WORD.
DIE GEMIDDELDE KAROO SPRINGBOK EN DIE IN DIE VRYSTAAT SAL JY MOET JOU STORIE KEN EN JOU JAGPLEK KEN OM N GEMIDDLED VAN 20 KG TE KRY MET KOP AF , BINNEGOED UIT EN POTE AF, VEL AAN.AS JY 100  BOKKE SKIET EN JOU GEMIDDELD DRAAI OP BO 15 KG MET  DIE VEL AAN KOP AF EN POTE AF BINNEGOED UIT  DAN HET JY N GOEIE PLAAS EN BAIE MOOI BOKKE SPRINGBOKKE NATUURLIK.
HOOP EK RAAI REG, LAAT DIE AKROO  EN VRYSTAAT MANNE MAAR KOMMENTAAR LEWER
gROETE
JACQUES

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Mon Jun 27, 2011 6:29 pm
by Frederik
Jaques, ek stem saam jou ek het in 2000 my eerste springbok in Aliwal noord geskiet dit was 'n mooi ram en hy het uitgeslag vel af net karkas 22kg die boer het toe vir my gese dit was die swaartste springbok nog ooit op sy plaas geskiet.

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Mon Jun 27, 2011 6:40 pm
by Wouter Roets
Francois en manne

Dit was interessand die jaar. Ons het op dieselfde plaas geskiet as verlede jaar naby Arenos. Die gemiddeld van 211 bokke was 18,7kg n volle 2kg af van verlede jaar. Dit is vel aan kop en pote af en alle binnegoed uit. Het met die eienaar van die trip gepraat en die swaarste wat ooit geskiet was op dieselfde metode as bo geweeg was net oor die 42kg!

As jy op sekere plekke die jaar op die qaud staan kon jy net-net uitmaak dit is n springbok se horings! Die veld is pragtig. My liefde vir daai land is besig om n opsessie te word!

Groetnis
Wouter

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Wed Jun 29, 2011 10:02 am
by Christo Els
Hier in die Kalahari is wissel die gewigte van plaas tot plaas heelwat.
maar gewigte is so tussen 20 tot 25 kg uitslag net vet aan.

Dit is nou die sandduine Kalahari waarek van praat

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Thu Jun 30, 2011 11:47 am
by PITSMIT
SS

springbok velletjie weeg so tussen 5 en 7kg plus die kop weeg ook seker so +-3kg

ek sal vir die boer se hou maar die kop ek betaal nie vir iets wat ek nie kan gebruik nie so ou wil net geldmaak.  wie gebruik nou n kop tensy jy n trofee wil maak dan is dit ander saak

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Fri Jul 22, 2011 11:11 am
by Coenie (Swift)
Hi Manne,

Ons ervaring is met kop en vel aan kan jy vir spring en blesbokke so 22-25% aftrek van die gewig of sal ek s? dit maak soveel % van die totale gewig uit

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Sat Jul 23, 2011 10:25 am
by HUNTER
Die belangrikste is dat ou maar eers voor die jag begin met die plaaseienaar seker maak waarvoor jy gaan betaal. Want uit die posts kan mens agterkom dat daar verskillende sienings is oor binnegoed uit, kop aan of af, pote aan of af, vel aan of af. Jagters uit RSA in Nam mag in elk geval nie karkasse oor die grens neem met pote en kop aan nie tensy jy voor die tyd 'n permit daarvoor bekom. Ek sou se indien 'n jagter harslae wil saam neem moet hy maar betaal daarvoor en moet dit deel van die bok uitmaak. Baie jagters verkies om die bokke in hul vel te neem omdat dit die vleis beskerm veral indien hul nog grondpad gaan ry, hier moet maar met die eienaar ooreengekom word. IN kort sort die goed uit voor jy besluit waar jy gaan jag, dan is die eienaar en jagter duidelik oor hoe dit hanteer word en bly die verhoudings goed vir die toekoms, jag is verseker die lekkerste sport en mens wil dit nie hier op die laaste versuur met 'n meningsverskil oor waarvoor jy moet betaal al dan nie. Soos 'n jagter eendag vir my gese het hy kom jag omdat dit is wat hy die meeste geniet om te doen en om te kom ONTLAS, so hou dit so. Dis maar my mening.

Hunter

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Sat Jul 23, 2011 11:07 am
by Ponkie
Manne

Almal weet die karoo se springbokkies se gewigte kom nie naby die meer Noordelike dele se bokke en dan Suidwes s'n nie. Ek dink redes wat hiertoe bydra is eerstens inteling, maar ook dat die boere net 50-100 bokke het en elke jaar die ramme doodskiet. Die bokke kry nie kans om uit te groei en 'n groot ram te word wat ouer as 2jr is nie.

Ek het die vakansie saam 'n vriend by 'n ou Oom buite Willowmore geskiet. Daar was net 32 bokke in 'n 750ha kamp en daarom kry die ou Oom nooit self onder hulle geskiet nie. Daar is bokke langsaan ook so die ramme se horings is taamlik stomp baklei deur die drade. Ons het in my persoonlike opinie baie groot bokke geskiet.

3 van die ramme het karkas met slegs die vel aan en al die binnegoed en kop en pote af 27kg,29kg en 30kg geweeg. Dis besonders goed vir Karoo bokke, en ek dink hierdie ramme het kans gehad om uit te groei.

Groetnis
Ponkie

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Sat Jul 23, 2011 11:19 am
by Ponkie
Hier is 'n foto of twee van die bokke...
Dink nie dis spesifiek die heel grootstes gewees nie, maar net om julle 'n idee te gee...

[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 3-1628.jpg[/img]
Ek het so effens gezoom dat julle beter kan sien...
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 3-1627.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 3-1605.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 3-1122.jpg[/img]

Groetnis
Ponkie

Re: Springbok karkas gewigte???

Posted: Sat Jul 23, 2011 8:16 pm
by erx
Manne, sien die topic is al lank aan die gang, so wil nie inchip nie.
Nes ponkie se, die bokke wat ek noem kalahari bokke weeg baie meer as die vrystaat bokke, amper 'n ander "spesie" as ek dit so kan stel.
Maak seker voor jy ga skiet wat op die plaas is, jy kry ingebringde kalahari bokke reg oor die land.
n' vasgestelde R/kg prys kan jou duur testaan kom as jy nie weet wat jy gaan skiet nie!

My 2c

Groete
erx