Page 1 of 1

Hiedroponiese groente

Posted: Mon Oct 19, 2015 12:41 pm
by Gabriel Lewis
Ek het n groente tuin laas jaar beging agter in my erf op n 40m2 stukkie grond.
My groente groei mooi die jaar en ons het al n paar groente geeet.

Ek wil nog groente plant maar daar is nerens plek oor nie en daarom kyk ek nou na die hiedroponiese idee.
Die groente tuin grens aan my buurman en daar is n 8 voet muur wat ek kan gebruik om die stelsel teen vas te sit.
Ek het gedink om die stelsel met 110mm PVC pyp te bou en elke pyp sal so 5 meter lank wees.

Enige voorstelle?

Re: Hiedroponiese groente

Posted: Mon Oct 19, 2015 12:46 pm
by Johan Nel
Klink of jy 'n geslote stelsel wil gebruik waar jy die water hersirkuleer in die stelsel?

Re: Hiedroponiese groente

Posted: Mon Oct 19, 2015 1:10 pm
by Gabriel Lewis
Ja dis reg Johan

Re: Hiedroponiese groente

Posted: Mon Oct 19, 2015 1:20 pm
by Gabriel Lewis
Dankie Ludwig. Wou soontoe gaan vandag maar hulle is nie op Maandae oop nie.

Re: Hiedroponiese groente

Posted: Mon Oct 19, 2015 1:49 pm
by Dawie Malan
Nooduck

Maak net seker dat jy nie bouregulasies oorskrei nie. Keur die tonnel of kweekhuis eers goed deur planne in te dien by jou plaaslike munisipaliteit, indien jy so struktuur sou oprig. Afdakke en swembaddens moet deesdae eers goedgekeur word voor dit gebou word en sodra jy verkoop, en die nuwe eienaar doen aansoek vir 'n verband, dring die bank aan op goedgekeurde planne.

Lekker plant.

Dawie

Re: Hiedroponiese groente

Posted: Mon Oct 19, 2015 4:49 pm
by Gabriel Lewis
Ja, ongoedkeurde bouplanne kan jou duur te staan kom!
Ek gaan egter nie enige strukture bou nie. Gaan net "L Brackets" teen die muur sit en dan die pype bo-op dit vas maak.

Re: Hiedroponiese groente

Posted: Mon Oct 19, 2015 8:24 pm
by Johan Nel
Nooduck,
Hidroponika is nie rocket science nie. Jou plan behoort te werk. Die relatiewe hoogte van die plante wat jy gaan aanplant gaan bepaal of jy opmekaar kan stapel en of slegs een ry gaan werk. Gaan jy 'n medium in die pype gebruik of gaan jy 'n 'nutrient film technique' gebruik? Die pyp waarna jy verwys dui op laasgenoemde. Jy kan ook bietjie weg van die muur af beweeg en 'n a raam opset bou wat jou twee kante gee waar jy kan gewasse kweek.