Page 1 of 2

Wat vang en eet so?

Posted: Sat May 30, 2009 3:47 pm
by rockrabbit
Die ongedierte het al drie van my 10 maande oue lammers gevang. As die diere in volgende kamp, so 300m weg skuif, vang niks. Al wat oor is van die 32kg lam is net vel en bene. Die ding vang aan die nek. Slagtand gate is so 30mm uit mekaar aan die kant van nek. Punte van ribbes is afgekou. Maag en derms gedeeltelik gevreet en verstrooi naby karkas. Vel is netjies weggerol soos hul gevreet het, vleis en gorrel is onder vel uitgekrap,karkas is nie begrawe of toegekrap. http://s442.photobucket.com/albums/qq149/rockrabbit_photo/?action=view&current=090525_102359Small.jpg http://s442.photobucket.com/albums/qq149/rockrabbit_photo/?action=view&current=090525_102328Small.jpg http://s442.photobucket.com/albums/qq149/rockrabbit_photo/?action=view&current=090525_101915Small.jpg

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Sat May 30, 2009 3:52 pm
by Christo
Rockrabbit

Ek het jou foto's gekyk, almal dieselfde een? Ek het dit ook beleef so 2 weke terug en tot die gevolgtrekking gekom dat dit 'n hond moes wees. Die oprol van die velle dink ek is hoe hulle probeer die been uittrek. Hier het hulle ook die ribbes afgekou en die vlogende aand was die karkas nog meer opgevreet. Kon hom/hulle egter nie in die hande kry nie.

Christo

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Sat May 30, 2009 4:06 pm
by rockrabbit
Foto reggemaak. Het al 17h00, 20h00, 22h00 en 1h00 gaan soek, kry niks. Ek hoop nie dit gaan by my aan nie. Het foto op landcruiserclub gekry. http://s442.photobucket.com/albums/qq149/rockrabbit_photo/?action=view&current=KalahariAug07060emSmall.jpg

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Sat May 30, 2009 4:14 pm
by Christo
Rockrabbit

Ek het foto's geneem met my selfoon maar die ding stuur na die rekenaar as playlists en ek kan nie die foto's dan hier gelaai kry nie. Die wat ek geneem het stem ooreen met jou foto's en hier by my is ek seker dit was ' hond of honde. Daie karkas was na die 2de aand skoongevreet. Net die vel en die dikste bene oor.

Christo

Wat s? die kenners?

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Sun May 31, 2009 7:05 pm
by Calldo
Dassie

Lyk my bitter baie na 'n rooijakkals, die binnegoed is uit en vel die tipiese opgerolde voorkoms soos die jakkals met sy skerp bek onder die vel invreet. Honde sal meer geneig wees om te kwes, maw daar sal baie van die lammers wees wat stukkend gebyt is. Wol sal die wereld vol l?.

Hoop jy kry hulle vinnig. Aan die hoeveelheid wat gevreet is lyk dit of dit meer as een is. Die wol is baie mooi, goeie kwaliteit wit wol!!!!!!! Lengte lyk reg om te skeer!

Christo

Weet ek verskil so bietjie van jou. Glo 'n hond en jakkals vreet baie na aan dieselfde. Sit egter my geld op 'n rooijakkals.

Groete
Calldo

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Sun May 31, 2009 9:59 pm
by Christo
Calldo

Is reg, ek issie bang om te leer  ;)

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Sun Jun 14, 2009 7:35 pm
by rockrabbit
Het verlede week groot rooijakkalsteef met honde gevang. Het skaap geskuif, niks verder gevang. Thanx vir al die raad en belangstelling.

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Mon Oct 05, 2009 9:01 pm
by ANITA
Liewe lesers

Help `n bietjie.  Ek het al 5 lammers verloor!  Ek's moedeloos.  Wat vreet `n lam van agter, sonder om hom dood te byt (wat `n lyding!)? As die ondier klaar gevreet het, krap hy die karkas toe of in die geval bedek dit met gras.  Watter oplossings is daar?

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Mon Oct 05, 2009 9:28 pm
by Louis102
Anita
ANITA wrote: Help `n bietjie.  Ek het al 5 lammers verloor!  Ek's moedeloos.  Wat vreet `n lam van agter, sonder om hom dood te byt (wat `n lyding!)? As die ondier klaar gevreet het, krap hy die karkas toe of in die geval bedek dit met gras.  Watter oplossings is daar?
Wekom op die forum.  Ek neem aan dat jy 'n dame is.  Hier's self 'n paar ondiere op die forum ook wat jy nie sommer "Liewe Leser" sal noem as jy hulle beter leer ken nie.  Maar in sommige van hulle skuil daar tog 'n sagte kant, so moenie te vroeg oordeel nie. ;)

Wat jou ondier tussen die lammers aanbetref, sou ek raai dat dit 'n rooikat kan wees.  Katte is meer geneig om prooi toe te krap en jakkalse sal dit nie doen nie.  As jy egter 'n foto of twee kan plaas sal die kenners jou doodseker kan reghelp.  As jy 'n vars karkas kry wat toegekrap is, is daar 'n goeie kans dat die skuldige daardie selfde aand kan terugkom of minstens in die omgewing sal wees.  Jy behoort die kat ook met 'n soeklig raak te ry in die omgewing, so nie is 'n vanghok of slagyster die antwoord.

Laastens kan ek aanbeveel dat jy gebruik maak van 'n geregistreerde jagter in die Register onder die topic "Lede Alleen".  Soek daar 'n jagter naby jou en kontak die persoon om uit te help indien jou probleem voortduur. 

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Mon Oct 05, 2009 9:58 pm
by WillJak
Anita, Louis is reg, sonder 'n foto kan mens 'n fout maak maar ek dink hy is reg as hy s? dis 'n kat. As jy nie spore kan kry daar nie is ander tekens om voor te kyk om te bevestig of dit 'n kat is die volgende:

As jy een slagoffer afslag behoort jy duidelik die naelmerk aan die binnekant van die vel op die sye of rug te sien waar die kat vasgehou het.

As die vel ook saam met die vleis opgevreet is en nie onder die vel ingevreet is nie, dui dit op 'n kat

As die karkas gesleep is voor hy toegekrap is, of van waar hy geval het, is dit hoogs waarskynlik 'n kat

Die feit dat hy die goed vreet terwyl hulle lewendig is laat my dink dis dalk al 'n baie ou kat, of dalk een wat beseer is - of miskien 'n baie jong kat, maar laasgenoemde is meer onwaarskynlik - die jonges loop vir lank saam met die ma om behoorlik te leer vang - behalwe as die kat se ma dalk iets oorgekom het en hy moet nou self sorg. Die tyd is ook nie heeltemal reg vir jong katte nie, maar deesdae weet mens nooit.

Louis is ook reg met die dat as hy die karkas toegekrap het hy heel moontlik die volgende/dieselfde aand gaan terugkom - en dat jy hom in die area behoort op te tel met 'n lig - ek sou eers 'n draai ry en kyk met die lig - dan probeer roep - vir lank - hulle is maar stadig met die inkom behalwe as hulle honger is - en dan weer ry met die lig as ek hom nie kry nie, en ek sou konsentreer op die area binne 1km van die vangplek en hier op die bosleegtes, rivierlope en koppies of hoogtes in die omgewing.

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Tue Oct 06, 2009 1:38 pm
by Ambessa
Hallo Anita
Louis102 wrote:...kan ek aanbeveel dat jy gebruik maak van 'n geregistreerde jagter in die Register onder die topic "Lede Alleen".  Soek daar 'n jagter naby jou en kontak die persoon om uit te help indien jou probleem voortduur.
Welkom.

Die raad van Louis102 is in die kol...

Hoop jou probleem word vinnig opgelos...

Ambessa

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Tue Oct 06, 2009 8:22 pm
by ANITA
Baie dankie vir al die inligting.  Ek sal julle op hoogte hou as daar weer gevang word, maar vir die afgelope 2 nagte is dit nou doodstil.  Ek weet nie of ons dalk te veel om die karkas gewoel het en die Kat? die reuk optel nie.  Of steur hulle hul nie aan so iets nie?

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Tue Oct 06, 2009 9:05 pm
by MEERKAT
Hallo Anita

Wat ons in die verlede gesien het is dat 'n kat gewoonlik die volgende aand terugkom na die lam wat hy gevang het. Daarna verdwyn hy gewoonlik en tussen die 8 ste en 11 de dag na hy gevang het vang hy weer in dieselfde area, wat my die idee gee hulle het 'n roete wat hulle stap.

Die ander jagters kan miskien bietjie hierop uitbrei.

Knou goggas af
MEERKAT

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Fri Jan 01, 2010 10:47 am
by LMB
Het die lammers Dinsdag gekry. Een is gevang maar nie ge?et.

Image

Image

Die boonste fotos is van `n lam met `n afkakebeen. Is weersdkante van die Kaak onder die oor gebyt. Moes sy keel afsny.

Image

Image

Die laaste fotos is van nog `n lam wat net gebyt is maar sal dit darem seker maak.

Almal is op dieselfde dag gekry. Ek maak die ooie elke week bymekaar en dit is die eerste keer wat dit gebeur.

Lukas

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Fri Jan 01, 2010 12:23 pm
by Mac
Lukas,

Hierdie is maar 'n wilde raaiskoot sonder mates, maar hier was so geval hier in die GRT distrik met amper identiese byt patroon, en daar was later 'n bruin hyena van kant gemaak, wat toe stop gesit aan die probleem. Kyk maar vir spore in die omgewing.

Terloops, het jy al jou trail cam gekry?

Mac.

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Fri Jan 01, 2010 12:42 pm
by LMB
Mac

Die TK  is darem al in die Epping by die poskantoor se doane afdeling, of so iets. Met al die groot dae vat alles mos langer

Ek het ongelukkig nie mates geneem. Ek het maar gedink dit is jong jakkals wat leer vang of oue. Ek het 3 lammers in die een deel van die kamp gekry. Een dood, maar niks gevreet en die twee wat gebyt is. Hulle was almal ongeveer week oud of minder.

Lukas

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Fri Jan 01, 2010 12:55 pm
by Francois Marais
Mac/LMB

My 2c....

Ek dink "Jong Jakkals".....

Wat ek van n Bruin Hyena gesien het, hy byt n lam se kop heel stukkend en vreet die harsings.

Mooi loop
Francois

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Fri Jan 01, 2010 2:35 pm
by tafjak
LMB

Verseker jakkals.

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Fri Jan 01, 2010 5:33 pm
by LMB
Taffie
Jy kan reg wees. daar was jakkals spore. Die ooie lam al seker 'n maand lank. Hoekom vang hulle nou so. Is dit jonges, dat die grotes dalk weg is of is hulle besig om te leer, die dat hulle nie vreet nie, net vang?

Lukas

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Fri Jan 01, 2010 6:25 pm
by tafjak
LMB

Hoeveel is doodgebyt en nie aan gevreet nie?

As hulle net gekwes is kan jy maar weet dat dit jong jakkalse is wat besig is rond te loop. Hulle ouers kan dood ook wees.

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Fri Jan 01, 2010 7:42 pm
by Ambessa
Hallo LMB
LMB wrote:...fotos is van `n lam met `n afkakebeen. Is weersdkante van die Kaak onder die oor gebyt. Moes sy keel afsny.
Jammer oor skade.

Die twee keer wat 'n bruin hi?na se vangste (8 en 11 redelik groot lammers) gesien is was dit grusame tonele - gelyk of die koppe met 'n groot knyptang inmekaar gedruk is. Grootste getal diere was dood en ander moes keelafgesny word. Geen nekbyte as ek reg onthou?

Op foto tweede van bo het een lam in die kraal 'n KC aan?

Ambessa

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Fri Jan 01, 2010 8:26 pm
by LMB
Taffie

Ek het met die bymekaarmaak 3 lammers gekry. 1 Dood, nie gevreet en 2 gebyt, nie dood(fotos)

Lukas

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Fri Jan 01, 2010 8:37 pm
by LMB
Ambessa

"Op foto tweede van bo het een lam in die kraal 'n KC aan?"

Die uier ooie  word elke week bymekaar gemaak. Getalle gekontroleer, en grootstes dan KC omgesit(so 2 weke oud). Ek het nog niks van hulle verloor. Die kleinste lammers word  behandel met my eie........ (Nou beweeg ek op dun Ys, weet nie hoe veilig is die forum). Lammers gevang is van die wat in die week se tyd aangekom het en nog nie in kraal was.

Lukas

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Tue Jun 25, 2019 9:46 pm
by Cebo
Ek weet dis doer in die verlede, maar daai grote lammers, en die merke se lokasie,(een hou links, twee+ regs) lyk baie na n voel (breekop, witkruis, vis ens.) se werk. Probleem is; as hy klaar is, dan val tande die lam by, wat onduidelikheid veroorsaak wat hom dood gemaak het. Gewoondlik het die wat nog leef, erg tetanus, en hou nie lank nie, tensy jy hulle reg behandel is. Daar is ook bitter min tweeling lammers kom speentyd.

Re: Wat vang en eet so?

Posted: Tue Jul 09, 2019 6:57 pm
by joekroon
What's biting my boerbokkies ears off?
Graaff Reinet district[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201907 ... 3d69f4.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201907 ... 0acbfe.jpg[/IMG]

Sent from my S61 using Tapatalk