Page 1 of 1
6.5x55 met 120gr punte
Posted: Sat Oct 17, 2015 10:09 pm
by JJV
Hallo
Skiet iemand dalk 120gr punte op hul 6.5? Ek het pakkie Hornady AMax wat ek wil lanseer. S365 of S385???
Raad asb!!!
Lekker aand
JJ
Re: 6.5x55 met 120gr punte
Posted: Sat Oct 17, 2015 10:16 pm
by JJV
Jammer 6.5x55......
Re: 6.5x55 met 120gr punte
Posted: Sun Oct 18, 2015 6:45 am
by VdWalt
Ek skiet 123gr Amax met S365.
Re: 6.5x55 met 120gr punte
Posted: Fri Jan 15, 2016 12:38 pm
by Hercules Breitenbach
Ek skiet 120gr Barnes TTSX
Re: 6.5x55 met 120gr punte
Posted: Wed Jan 20, 2016 8:51 pm
by JJV
Deel asb bietjie jul loads, soek net inligting, geweer is nog nuut.
Re: 6.5x55 met 120gr punte
Posted: Wed Jan 20, 2016 9:07 pm
by tripodmvr
Enige geweer is uniek en om mee weg te spring gebruik mens beginladings om te sien hoe jou geweer eageer. S365 is die beste vir die 120gr koegels. Begin met 45gr. Jy het 2 keuses - laai in inkremente van 0,5gr opwaarts en kyk vir goeie groepe of skiet 3 skote vir 'n groep oor die chrony en gebruik dan QL om die akkurate nodes te soek. Kyk onder QL herlaai en lees van QL en OBT.
Re: 6.5x55 met 120gr punte
Posted: Fri Jan 22, 2016 1:13 pm
by Hercules Breitenbach
Goeie dag,
Jammer ek laat weet nou eers. Ek laai tans S365 43gr met TPL van 73mm. Ek het soos tripod aandeveel het in inkremente van 0,5gr gelaai en 3 skote van elke lading op 100m gaan skiet. My beste resultate was 43gr. Ek moet verseker nog baie aandag aan my 6.5x55 se ladings gee. Ek is nog maar nuut met herlaai en al die toerusting is maar duur, m.a.w. ek moet nog 'n chrony koop sodat ek kan spoed meet en ek sal baie graag die QL program ook wil kry. Ek probeer vir jou 'n paar fotos laai.
Groete!
Re: 6.5x55 met 120gr punte
Posted: Sat Jan 23, 2016 1:22 am
by tripodmvr
Daardie 43gr lyk baie mooi. Reel nou dat jy spoed daarvan kan kry en gee dan al die geweerdata deur. Jy is heelwaarskynlik op of by 'n node en dit kan QL dan bevestig.
Re: 6.5x55 met 120gr punte
Posted: Mon Jan 25, 2016 9:06 am
by Hercules Breitenbach
Baie dankie Tripod ek gaan so maak!