Page 1 of 1
Watse slot aksies en waarom?
Posted: Thu Jun 02, 2011 8:15 am
by gaaf
Goeie more almal
Ek besef dat die topic dalk al bespreek was, so as dit was wys my net in daardei rigting.
Ek wil graag meer leer oor die verskillende solt aksies en waarvvor hulle sal dien as jy 'n keuse moet uit oefen.
Dankie
Gawie
Re: Watse slot aksies en waarom?
Posted: Thu Jun 02, 2011 8:21 am
by Geno
Gawie,
Hier is my opinie:
Push feed (Remington700-tipe aksies) - Werk goed vir skyfskiet gewere - veral die wat vinnige lock-times het soos Savage aksies.
Controlled feed (Mauser-tipe aksies) - Werk veral goed vir groot kalibers vir gevaarlike wild vanwee die feit dat hulle die rondtes baie betroubaar vanuit die magasyn in die kamer in voer. Hulle groot extractor-kloue trek ook baie betroubaar die doppies uit.
Dis maar die hoof verskille soos ek dit sien.
Daar is nog baie eienskappe vir en teen beide tipes aksies, die ander manne kan ook bylas.
Groete,
Eugene
Re: Watse slot aksies en waarom?
Posted: Fri Jun 03, 2011 6:42 am
by gaaf
Dankie, Geno
Re: Watse slot aksies en waarom?
Posted: Fri Jun 03, 2011 6:50 pm
by Hein M.
Gaaf wrote:
Goeie more almal
Ek besef dat die topic dalk al bespreek was, so as dit was wys my net in daardei rigting.
Ek wil graag meer leer oor die verskillende solt aksies en waarvvor hulle sal dien as jy 'n keuse moet uit oefen.
Dankie
Gawie
Hallo Gaaf!
Sien ons laat suig jou aan die agterspeen wat replies aanbetref...
Ek het destyds hierdie artikels raakgelees en het iets daaruit geleer.
http://www.urbanevasion.com/firearms/91 ... ion-rifles
http://www.chuckhawks.com/finest_bolt_actions.htm
http://www.chuckhawks.com/bolt_rifles_d ... s_game.htm
Jy sal sekere fabrikate in elkeen van die artikels raaklees.
Hoop dit help...
Groetnis!
Hein
Re: Watse slot aksies en waarom?
Posted: Fri Jun 03, 2011 8:15 pm
by Danie Lombard .243
Gaaf
Meeste akies is sommer lekker bakgat, dit is net die ou Engelse Enfield aksies wat nie bekend is vir akkuraatheid nie.
Re: Watse slot aksies en waarom?
Posted: Sat Jun 04, 2011 6:51 pm
by KSV
Gaaf,
Die groot verskil in controle feed en push feed is die volgende.
Push feed soos Geno genoem het het die claw extractor. Wat dit goed maak vir gevaarlike wild aksie is is dat jy nie die rondte in die kamer hoef in te stoot om hom uit te trek, daarvan controle feed.
Die pushfeed moet jy in die kamer he vir die extractor om die dop te hak.
Hoop dit help met die terme wat gebruik is?
Maak mooi!
Hein
Re: Watse slot aksies en waarom?
Posted: Sat Jun 04, 2011 7:05 pm
by Hein M.
KSV wrote:
Wat dit goed maak vir gevaarlike wild aksie is is dat jy nie die rondte in die kamer hoef in te stoot om hom uit te trek, daarvan controle feed.
Sorry pel. Dis Saterdag aand

Verstaan nie die een lekker nie?
Re: Watse slot aksies en waarom?
Posted: Sat Jun 04, 2011 7:08 pm
by KSV
Hein,
As die dop uit die magesyn kom het die extractor hom klaar gehaak. Die ander moet jy hom mos eers heel in die kamer in he.
Maak mooi!
Hein
Re: Watse slot aksies en waarom?
Posted: Sat Jun 04, 2011 7:27 pm
by Hein M.
Hein
Het hom nou!
Dankie pel
Hein
Re: Watse slot aksies en waarom?
Posted: Mon Jun 06, 2011 7:21 am
by gaaf
Hein
Jou artikels is baie helpvoll gewees, ek verstaan die aksies nou baie beter.
Baie dankie
Gaaf