Page 1 of 1

Hallo Manne

Posted: Fri Oct 16, 2015 8:44 am
by Pumba
Hi mede forum lede,

Ek is nuut hier en dit lyk vir my na n bakgat forum.


Het so biedjie geroofkyk vir n ruk en besluit om aan te sluit.


So biedjie van myself.

Ek jag so 15 jaar al, seker nie te lank nie maar dit sluit handwapen boog en nou geweer in.

Weet nie of ek dom astrant is nie maar ek is mal genoeg om altyd lang afstande te probeer skiet, boog uitgesluit! Boog het my biedjie getem :)

So ek besit n mod 19 combat magnum 357 rollie, n mod44 .22 pistool, n 30-06 Krico jaggeweer en onlang het ek n Truvelo 338 Lapua Magnum aangeskaf.

Ja ek is regtig versot op die geweer. Hy slaan hard daar doer ver en ek het die jaar nog my verste ooit kill gehad op 450m op n Zebra.

Nou om eerlik te wees my broekspypies het gebewe voor die skoot. Regtig dit was nie maklik. Al my skote was nog max 80m in die bosveld met my 30-06 so dit is VREESLik intimiderend om van 80 na 450 te gaan.

Ek herlaai al my amunisie self .

Ek is van die opinie dat daar altyd n beter ou as jyself is so ek deel my kennis met die oogpunt dat dit net my opinie is en daar verseker iemand is wat beter sal weet as ek.

Met tyd het ek geleer dat in die skietsport wat ons almal so lief voor is daar verseker nie n rigiede riglyn bestaan.

Ek leer graag en deel ook my ervarings met julle almal sodat ons met almal se gekombineerde kennis en ervaring dalk iets kan wys word


Groetnis

Kumba

Re: Hallo Manne

Posted: Fri Oct 16, 2015 8:46 am
by ruaanb
Welkom hier!

Re: Hallo Manne

Posted: Fri Oct 16, 2015 8:59 am
by Williel
More Pumba, baie welkom. Jy sal dit geniet hier. Toon sommer jou area van waar jy is op jou profile aan as jy kansie kry. Dis tog lekker om te sien waar almal bly.

Re: Hallo Manne

Posted: Fri Oct 16, 2015 10:01 am
by Pumba
Baie dankie vir julle verwelkoming.

Ek sal verseker kyk of ek my ligging kan insit.

Moet nog net biedjie vertroud raak met alles .

Re: Hallo Manne

Posted: Fri Oct 16, 2015 10:05 am
by Piet Pille
More Pumba

Welkom!
Lekker plek hierdie - jy sal baie leer en lag

Re: Hallo Manne

Posted: Fri Oct 16, 2015 10:25 am
by Pumba
Ja Pieta,

Dis verseker seker lood pille ne!

Dankie Piet ek weet ek sal van die plek hou. ! Dit gaan mos oor skiet !

Ek waardeer jou verwelkoming ook

Groetnis
Pumba

Re: Hallo Manne

Posted: Fri Oct 16, 2015 10:46 am
by .303 JAGTER
Baie welkom hier, jy gaan dit beslis geniet.

Groete
Hennie

Re: Hallo Manne

Posted: Fri Oct 16, 2015 10:50 am
by Pumba
Hallo Hennie!

Baie dankie my mater vir jou verwelkoming, ek is mos tussen skiet vriende en ek glo soos jy se ek kan dit net geniet.

Mooi dag vir jou!

Pumba