Page 1 of 2
As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 1:31 pm
by Askari
En so word ek toe ook ingeloop deur Digital Revolution SA
Ek het ongelukkig eers die gesprek raakgelees toe ek begin onraad vermoed het...
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... sa#p509304
29e September R10230 aan hulle oorbetaal vir nuwe scope, nou sit ek sonder scope, sonder my my geld, hulle antwoord nie my eposse nie en die telefoon word doodgedruk....
Ek het maar vrede gemaak dat my geld weg is, maar dit is nou vir my 'n beginselsaak om Lydia van Zyl (as dit ooit haar naam is) se lewe moeilik te maak.
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 2:33 pm
by Ritchie
Askari
Regtig jammer om te hoor dat hulle jou so ingedoen het.
Ek het verlede week op baie goeie pryse afgekom by n plek met die naam van Sound City. Hulle gebel en n "Chinese" vrou het geantwoord. Rooi ligte het dadelik aangegaan. Het bietjie verder Oom Google geraadpleeg en hyt my op die spoor gesit van "Hello Peter". Dink die mense doen presies dieselfde. Daar is net een Sound City en dit is in Silverton, Pretoria. Die vrou se sy is in Wolmaranstad. Volgens die mense van Hello Peter is die vrou in PE. Cell nommer presies dieselfde.
Mens kan deesdae nie te versigtig wees nie.
As jy met jou kridietkaart betaal het is daar n manier wat die banke die transaksie kan reverse. Hulle adverteer dit nie maar kon dit doen met One Time flug kaartjies wat ek gekoop het.
Sterkte.
Adriaan
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 2:44 pm
by Riaan Kriel
Jammer om van jou skade te hoor. Dit is sleg een daai as 'n ou so ingeloop word. As dit beginselsaak is en jy wil iets doen, wat van 'n bedrog saak oopmaak by die SAPS en 'n wenk aan die Handelsmisdaadeenheid

Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 2:46 pm
by Chris Swart
Daar is BAIE van hierdie scams.
Ek koop maar eerder by 'n winkel waar ek kan instap en sien wat ek kry voor ek betaal.
Dit is duurder, maar veiliger.
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 2:50 pm
by Askari
RiaanKriel(Duracell) wrote:Jammer om van jou skade te hoor. Dit is sleg een daai as 'n ou so ingeloop word. As dit beginselsaak is en jy wil iets doen, wat van 'n bedrog saak oopmaak by die SAPS en 'n wenk aan die Handelsmisdaadeenheid

Dit is my plan

Ek sal begin November terug wees in SA en gaan dan saak oopmaak by SAPS. Ek verwag nie om my geld terug te kry nie, maar as ek hulle lewe moeilik kan maak, dan sal ek rustiger slaap. In die bedryf waar ek "my geld verdien" het ek gelukkig ook 'n paar maniere en kontakte om sulke "probleme op te los". Die wiel draai stadig, maar hy draai.....
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 2:51 pm
by Jake1
Is dit hulle nommer 071 778 1711?
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 2:59 pm
by Askari
Jake1 wrote:Is dit hulle nommer 071 778 1711?
Is hy daardie!
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 3:12 pm
by Nickvn
Maar kan iemand nie daai nommer trace nie. Ek het vanoggend met MTN gesels oor n probleem en hulle kan baie goed sien op hul stelsel, wie is waar en wat hulle doen. Ek is seker met n lasbrief kan hulle jou presies se waar daai nommer is.
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 3:19 pm
by Askari
Nickvn wrote:Maar kan iemand nie daai nommer trace nie. Ek het vanoggend met MTN gesels oor n probleem en hulle kan baie goed sien op hul stelsel, wie is waar en wat hulle doen. Ek is seker met n lasbrief kan hulle jou presies se waar daai nommer is.
Ek het die sel nommer, hul bank besonderhede asook hulle besigheids registrasie nommer. Ek het reeds paar toutjies getrek om dit te laat trace
Hulle het nou met die verkeerde ou gemors
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 3:22 pm
by Gernie
×£=£÷¥= hulle op.
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 3:25 pm
by FrancoisW
Gernie wrote:×£=£÷¥= hulle op.
+1
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 3:30 pm
by Nickvn
Ons kan doen sonder daai tipes.
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 3:36 pm
by Askari
Nickvn wrote:Ons kan doen sonder daai tipes.
Nee kyk, ek is baie krapperig vir myself toe ek besef hulle het my met slap riem gevang.
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 3:44 pm
by Askari
Ek het hulle per EFT betaal van my Nedbank rekening. Het hulle sommer by Nedbank se bedrogafdeling ook gerapporteer. Ek het verwag om te hoor "sorry, ons kan niks vir jou doen nie", maar was nogal verbaas toe ek binne 10 minute na my epos aan hulle 'n versoek kry van hulle vir die bedrag asook rekening waarin betaling gedoen is.
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 5:53 pm
by PWV
Askiari
Baie jammer om dit te hoor.
Hoop jy kry daai drek!
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 5:54 pm
by koos 2
Baie jammer om te hoor van jpu verlies ou maat
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 6:10 pm
by Askari
Dankie manne! Ek wil nie nou te veel sê nie, maar die ratte het klaar begin draai..... hierdie sakie gaan ek nie sommer so los nie
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 6:21 pm
by Francoisv
Sy doen besigheid as Victoria Kruger ook. Chinese of Oos-europa aksent.
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 6:37 pm
by Askari
Francoisv wrote:Sy doen besigheid as Victoria Kruger ook. Chinese of Oos-europa aksent.
Dankie François.....
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 7:01 pm
by Jake1
Askari wrote:Dankie manne! Ek wil nie nou te veel sê nie, maar die ratte het klaar begin draai..... hierdie sakie gaan ek nie sommer so los nie
Hierdie tipe mense is baie geslape, meeste mense gee op na n ruk, dit is hoekom hulle wegkom. Moenie opgee nie. Het daai nommer geskakel, geen antwoord. Hulle verander heeltyd sel en banknommers.
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Tue Oct 13, 2015 10:07 pm
by Hein M.
Jammer om van die skade te hoor

Is daar nie iemand op die forum was skelms kan uitruik nie

Ek verbeel my mos hier is 'n 007...
Hou ons op hoogte asb!
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Wed Oct 14, 2015 7:35 am
by Ritchie
Francoisv wrote:Sy doen besigheid as Victoria Kruger ook. Chinese of Oos-europa aksent.
Manne maar dan is dit heel waarskynlik die selfde persoon (Sandy) van Sound City!
Sandy het verseker n Chinese aksent!
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Wed Oct 14, 2015 7:42 am
by Burger
Askari, ek hoop jy gee hulle goed op hulle m@&r. Laat weet ons asb wat die uitkoms is. Hoop jy kry jou geld terug ook.
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Wed Oct 14, 2015 8:14 am
by Chevvy SS
Ek sê soos Fikile Mbalula:"M0&r hulle dood!"
Re: As dit te goed klink om waar te wees....
Posted: Wed Oct 14, 2015 8:17 am
by Askari
Ek hou julle op hoogte manne!