Page 1 of 1
Hoeveel oop spasie?
Posted: Mon Oct 12, 2015 7:02 am
by dehacked
Ek glo meeste mense sal soveel moontlik oop afstand rondom hulle wil he maar dit is nie altys moontlik. Wat se die geleerde mense oor minimum sig afstand?
Re: Hoeveel oop spasie?
Posted: Mon Oct 12, 2015 1:03 pm
by GERHARD 3
Is hier dan geen slim mense nie? Hier is my ervare opinie. Mnr, ja dit is so dat elke jagter 'n billikke oop spasie reg in die rondte sal wil he. Maar soos jy tereg se is dit nie altyd moontlik nie. Hier is my kriteria. Eerstens soek ek nie dooie grond nie. Tweedens, as dit bebos of beberg is, wag ek dat die wind in my guns tel sodat ek in die windaf kant teen die berg of dam kan staan sodat vlekkie voor my kan in beweeg. In beboste dele wil ek die wind ook uit die bos uit laat waai sodat vlekkie uit in die oopte kom om die roeper te nader. As die skietafstand beperk is , sal my volume ook baie sag wees. Sterk gedimmde lig word gebruik en het al 'n jakkals op 7 tree geskiet.
Jy skrik net jou gat af. Ek gee vlekkie so 200m windaf en as daar meer spasie is windop is ek gelukkig. En laastens, as dit ruig en bebos is maar jy het hoogte, gebruik dit en doen dagroep. Kies net tussen oggend en aand om die son uit jou oge te hou vir maksimum voordeel.
Ek hoop my antwoord kon jou help en dat ander lede iets kan byvoeg of wegneem. Groete Gerhard
Re: Hoeveel oop spasie?
Posted: Mon Oct 12, 2015 1:18 pm
by G-force
Dit hang maar af,daar is nie n minimum nie.Bosveld stands het ons al gejag en sukses gehad op n stand van 60m deursnee.Nightvision help met die tipe van ding.Of mens nou eintlik goed doen om die een jakkals dood te skiet wat inkom en dan die ander wat innie bosse staan waarvan jy nie eers bewus is nie,slim te leer is nou maar die kwessie.
Re: Hoeveel oop spasie?
Posted: Mon Oct 12, 2015 2:42 pm
by GERHARD 3
G-force! Uiteindelik 'n man met visie. Ek stem heelhartig saam met daardie stelling van jou. Ek is ook van oortuiging hier in die Vrystaat en Oos-Kaap geld daardie stelling. As 'n jakkals paar klank hoor en die een kom in vinniger as die ander en die ander hang terug dat die eene wat jy nie gesien het nie en jy het opgepak voordat hy kom belangstelling toon , dat hy ook slim(mer) gemaak is. Jakkalse kan nie redeneer nie, word vir my gese, maar hy kan dink. Dus is daar twee punte wat uitstaan en dit is Staanplek en Oordeelkundige roep.