Page 1 of 1

S&B Klassik 6-14x50 Varmint

Posted: Sat Oct 10, 2015 6:37 pm
by geelslang
Hallo almal.

Het enige iemand ondervinding van die genoemde scope? Dis 'n FFP unit en die varmint kruishaar sal mooi werk vir my 6.5x47 Lapua. Weet iemand dalk hoefeel interne verstelling die scope met die ASV tipe elevasie stelknop? Ek wil die scope graag tot op afstande van 600m gebruik.

Ek luister graag.

Groete

Re: S&B Klassik 6-14x50 Varmint

Posted: Sun Oct 11, 2015 1:16 am
by Dumbluck
Volgens http://www.sportoptics.com/schmidt-bend ... ticle.aspx het hy 118MOA, maar dit klink nie heeltemal reg nie.

Re: S&B Klassik 6-14x50 Varmint

Posted: Sun Oct 11, 2015 8:40 am
by geelslang
Ja-nee dit klink na teveel verstelling daardie. Die glas is bitter helder soos met alle S&B scopes.

Re: S&B Klassik 6-14x50 Varmint

Posted: Sun Oct 11, 2015 8:55 am
by cassie_calvinia
hoefeel kos hul in SA met die asv turret?

Re: S&B Klassik 6-14x50 Varmint

Posted: Sun Oct 11, 2015 11:17 am
by Dumbluck
Daar is 'n 4-16x50 PM II/LP privaat te koop onder die 2de handse goedere op S&O se webtuiste vir R37500. Is nie seker wat hy nuut sal kos as hulle hom moet bestel nie.
https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... _pm_iiorlp

S&B het ook 'n 3-20x50 PM II

Re: S&B Klassik 6-14x50 Varmint

Posted: Sun Oct 11, 2015 7:02 pm
by Lamtjop
Geelslang ek lees self so bietjie oor S&B scopes en hul min verstelling word gereeld genoem, veral die 4-16 model( net 11") Nou wil ek by die slim manne weet, vir die 3-12x50/42 modelle sê hul die scopes het net n maks verstelling van 14 moa of +/- 1mrad met n klik waarde van 0.1mrad. Teenoor n Z3 se 43 moa. Gaan n man tot 400m kan stel met die S&B? Groete

Re: S&B Klassik 6-14x50 Varmint

Posted: Sun Oct 11, 2015 9:08 pm
by GVC86
Lamtjop wrote:Geelslang ek lees self so bietjie oor S&B scopes en hul min verstelling word gereeld genoem, veral die 4-16 model( net 11") Nou wil ek by die slim manne weet, vir die 3-12x50/42 modelle sê hul die scopes het net n maks verstelling van 14 moa of +/- 1mrad met n klik waarde van 0.1mrad. Teenoor n Z3 se 43 moa. Gaan n man tot 400m kan stel met die S&B? Groete
Die 14moa is op windage

Maar elevation is 64moa afhangende

http://www.coretacsolutions.com/product ... -27x56.htm

Re: S&B Klassik 6-14x50 Varmint

Posted: Sun Oct 11, 2015 9:14 pm
by GVC86
http://www.newenglandcustomgun.com/gun_ ... Scopes.asp

Hier kan mens ook sien dat hul meer elevation verstelling het as windage, die rede hiervoir is seker omdat jy minder verstelling het as wat daar veronderstel is om te wees sodra een van die turrets naby aan sy maks kom. Dus om dit te voorkom en te sorg dat daar altyd genoeg elevation is limit hulle die windage.

Re: S&B Klassik 6-14x50 Varmint

Posted: Mon Oct 12, 2015 8:54 am
by Doomslayer
Mmm, ek kry darem my S&B PMII 4-16 se elevation gestel om darem by 1300m te kan uitkom met .260 Remington.....

Re: S&B Klassik 6-14x50 Varmint

Posted: Mon Oct 12, 2015 9:16 pm
by vbd
Daar is n groot verskil tussen die 4-16 pmII en die 4-16 varmint! 'n Vriend van my skiet met een en hy het vir hom hie rondom R15 000 betaal 3jaar terug. Baie lekker teleskoop, maar hy kla oor die ffp kruis wat bietjie dik raak oor 300m. Sal hom vra wat die verstelling is...

Re: S&B Klassik 6-14x50 Varmint

Posted: Tue Oct 13, 2015 9:53 pm
by geelslang
Ja die pmii is iets in 'n heel ander klas. Prysgewys ook.... Dis jammer die varmint het so min verstelling. Baie nice scope maar hy sal nie die cut maak as die afstande verder as 400m rek nie.