Page 1 of 1
Lang Afstand Skietbaan
Posted: Fri Oct 09, 2015 1:03 pm
by ockiemedic
Goeie dag,
Ons is in die proses om n 1600 meter skietbaan op Sadawa (210km vanaf Kaapstad) uit te le. Ek het nou al baie voorstelle en storie gehoor van verskillende mense oor hoe hulle dit sal opstel.
Die uitleg gaan wees:
4 skiet banke
Gongs op elke 100m tot op 1000m en dan elke 200m tot op 1600m.
Die gongs se grote sal wees op die afstand tot en met:
100m - 500m = 300mm x 300mm
600m - 1000m = 600mm x 600mm
1000m - 1600m = 1000mm x 1000mm
As daar dalk enige ander voorstelle is wat kan help met die beplanning en voorbereiding vir die skietbaar, sal dit altyd waardeer raak.
Karoo Groete
Re: Lang Afstand Skiet Baan
Posted: Fri Oct 09, 2015 1:13 pm
by LoopSoosStroop
Die meeste ouens gebruik maar gongs so tussen 1 en 2 MOA, baiekeer 1.5 MOA. So hulle sal verskil vir elke afstand. Sal ook gaaf wees as mens hulle kan rondskuif afstand gewys om die manne op hulle tone te hou.
Gaan hierdie baan oop wees vir die publiek?
Re: Lang Afstand Skiet Baan
Posted: Fri Oct 09, 2015 1:34 pm
by ockiemedic
Hi LoopSoosStroop,
Dankie vir jou terugvoer. Sadawa is n privaate wild reservaat (
www.sadawa.co.za) met n huidige skietbaan vir ons jaarlikse jagter. Die skietbaan wil ons graag gebruik vir ons gaste wat hulle langafstand gewere wil toete en so ook jaarliks n paar lang afstand kurses aanbied.
Re: Lang Afstand Skietbaan
Posted: Fri Oct 09, 2015 2:14 pm
by WitWillem (Charl)
Dit lyk na n lekker plek. Sal n slag daar moet kom draai maak. Sal veral lekker wees as die skietbaan reg is dan reel n ou sommer so paar skiet vriende vir n naweek soontoe. Laat weet ons as die baan reg is !!
Re: Lang Afstand Skietbaan
Posted: Fri Oct 09, 2015 2:36 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê.
Kyk bietjie op Arnold se Xstreme Steel Facebook blad hoe hul skiet punte op Christo se plaas lyk. Effens verhewe grondwalletjie, ongeveer 450 mm hoog. Onthou net dat manne wat lang afstand skiet en jag, dit lê en doen. Skiet banke is piek fyn vir vinnige zero op 100 tot 300 m maar verder lê jy maar letterlik aan

Re: Lang Afstand Skietbaan
Posted: Fri Oct 09, 2015 4:06 pm
by Arnold
Gawie(13mm) wrote:Dagsê.
Kyk bietjie op Arnold se Xstreme Steel Facebook blad hoe hul skiet punte op Christo se plaas lyk. Effens verhewe grondwalletjie, ongeveer 450 mm hoog. Onthou net dat manne wat lang afstand skiet en jag, dit lê en doen. Skiet banke is piek fyn vir vinnige zero op 100 tot 300 m maar verder lê jy maar letterlik aan

Soos Gawie noem, sorg daar plek is om vanaf te le en skiet. In SA het ons nie 1000m BR nie

Re: Lang Afstand Skietbaan
Posted: Fri Oct 09, 2015 5:24 pm
by ockiemedic
Dankie Gawie en Arnold.
Arnold, Xstreme Steel lyk rerig baie goed en ek hou baie van julle idees. Dit maak baie meer sin as die BR. Dit gee my ook n ebter idee wat mense soek. Ons grond is 8500ha, so daar is baie spasie vir n skiet baan/skiet stap roetes met verskeie skiet uitdagings.
Re: Lang Afstand Skietbaan
Posted: Sat Oct 10, 2015 7:37 am
by goodstuff
Dit lyk na lekker plek, hou ons op hoogte asb
Re: Lang Afstand Skietbaan
Posted: Sat Oct 10, 2015 11:12 am
by Dumbluck
Dit lyk na die perfekte wegbreek uit die Kaap, ek gaan defnitief daar kom oorbly in die toekoms.
Re: Lang Afstand Skietbaan
Posted: Sat Oct 10, 2015 1:59 pm
by ockiemedic
Dag se manne,
Dit klink vir my reg. Ek sal julle op hoogte hou oor die skietbaan en skiet stap roete wat ons beplan. Ons beplan weer n paar Pa en Seun naweke volgende jaar. Dit was n groot sukses die jaar en baie navrae na nog sulke naweke.
Re: Lang Afstand Skietbaan
Posted: Mon Feb 26, 2018 8:20 am
by Dumbluck
ockiemedic wrote:Dag se manne, Dit klink vir my reg. Ek sal julle op hoogte hou oor die skietbaan en skiet stap roete wat ons beplan.
Hi Ockie, kan jy vir my sê of die skietbaan toe uitgelê is? Hoe werk die reëlings vir skiet as ek bv. in die Hunters Cottage kom bly vir 'n naweek kan ek heel Saterdag op die baan spandeer? Kan jy bietjie meer informasie gee? Ek sal graag 'n draai wil kom maak.
Re: Lang Afstand Skietbaan
Posted: Tue Feb 27, 2018 8:15 am
by Jean Marais
ockiemedic wrote:Goeie dag,
Ons is in die proses om n 1600 meter skietbaan op Sadawa (210km vanaf Kaapstad) uit te le. Ek het nou al baie voorstelle en storie gehoor van verskillende mense oor hoe hulle dit sal opstel.
Die uitleg gaan wees:
4 skiet banke
Gongs op elke 100m tot op 1000m en dan elke 200m tot op 1600m.
Die gongs se grote sal wees op die afstand tot en met:
100m - 500m = 300mm x 300mm
600m - 1000m = 600mm x 600mm
1000m - 1600m = 1000mm x 1000mm
As daar dalk enige ander voorstelle is wat kan help met die beplanning en voorbereiding vir die skietbaar, sal dit altyd waardeer raak.
Karoo Groete
Ek persoonlik sal nie 'n gong opstel op 100m nie weens die gevaar van terugslagkoeëls. 200m en verder werk goed.
Re: Lang Afstand Skietbaan
Posted: Tue Feb 27, 2018 8:51 am
by PWV
Jean Marais wrote:ockiemedic wrote:Goeie dag,

+1