Page 1 of 13

Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Thu Oct 08, 2015 10:27 am
by Jakkalsgat
More

Aangesien daar manne is wat weer gevra het vir die kompetisie skop ons weer af met kompetisie om fondse in te samel vir ‘n instansie wat ‘n verskil maak in kinders se lewens. Die begunstigde is nog nie finaal nie en sal dit met tyd bepaal word. Huidiglik is die gevoel dat dit steeds Loeriehuis sal wees.

PRYSE

Anders as in die verlede sal daar net een kompetisie wees waarvan die kaartjies R100 per inskrywing is. Afhangende van hoeveel pryse en prys kombinasies geborg word sal daar soveel kaartjies getrek word. Wenners sal weer in die rangorde van trekking sy prys kan kies en opeis.
Pryse huidiglik is as volg:

1) Koedoejag by ons op Weltevrede wat insluit: 1 x Koedoe, bul of koei, verblyf vir 2 persone vir 2 dae (etes,drank en vervoer van en na die plaas uitgesluit) Jakkalsgat Safaris en Weltevrede jagplaas.
2) 1 x Std Boyds kolf van jou keuse geborg deur Pierre vd Merwe aka BRNO (Pierre)
3) ‘n Slagskaap geborg deur Martin aka Smitstertjies
4) Leer Ottoman geborg deur Imvusa Furniture Bloemfontein (Jakkalsgat Safaris)
5) 2 Vaalribbok Calvinia geborg deur Cassie Calvinia

DATUMS EN DUUR VAN KOMPETISIE

Die kompetisie begin amptelik op Saterdag 10 Oktober 2015 en sluit op Sondag 13 Desember 2015, 23h59.

TREKKING

Trekking geskied op Dinsdag, 15 Desember 2015 om 19h00.

REELS
1. Aangesien hierdie kompetisie 'n Jaracal inisiatief is, is dit net oop vir Jaracal lede, jy gaan nie kan deelneem as jy nie 'n lid is met lid naam nie.
2. Slegs kaartjies wat betaal is of bewys van betaling gelewer het op afsny tyd sal in aanmerking kom vir trekking.
3. Versending van pryse sal vir die wenner se eie rekening wees.
4. Die organiseerder mag nie deelneem nie.
5. Borge kan wel deelneem maar sal ons verkies dat hy nie sy eie prys kies nie.
6. Die beoordeelaar se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word na trekking hieroor nie.
7. Geen pryse kan vir kontant geruil word nie.

BORGE

Elke borg sal geleentheid gegun word om fotos, webtuistes en inligting hier te plaas.

BEOORDELAARS EN ORGANISEERDERS

Rekenkundige beampte - Jean Marais
Regsadviseur - Eugene Harmse
Administratiewe Beampte - Jaco Stander
Persoon wat trekking hanteer - sal op dag van trekking bekend gemaak word deur rekenkundige beampte en slegs hy sal weet wie dit is tot dan.

Bankbesonderhede

Naam: Jaracal Kersfonds
Tak: 250 053
Rek: 6 256 501 1336
Verwysing: Jou Jaracal Naam

Met inbetalings gebruik asb jou Jaracal naam as verwysing anders sal dit gesien word as skenking

Bewys van betalings moet gestuur word aan E-Pos jakkalsgat@hotmail.com

Sodra jy bewys van betaling deur gestuur het en my PM gestuur het sal ek jou PM stuur met jou nommer of nommers, hou asb die nommer vir jouself en sal dit net ek en jy wees wat die nommer sal he. Nommers word toegeken in volgorde wat betalings gemaak word.

Ons dank aan die manne wat reeds borge aangebied het en maak staat op elkeen se deelname.

Groete
Jaco
082 494 5587

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Thu Oct 08, 2015 10:33 am
by Smirre
Dankie Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Thu Oct 08, 2015 10:43 am
by Smirre
Manne
Kan ek voorstel dat ons die geld skenk aan Engo

Hulle is die ou kinderhuise in die vrystaat en sorg vir 34 van die plekke

Hulle website is af maar kyk op www.ngkerkvrystaat.co.za/engo

Smirre

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Thu Oct 08, 2015 10:48 am
by Jean Marais
Hallo Jaco

Dankie dat jy weer die initiatief met die kompetisie neem. Dis harde werk, so skreeu maar as jy hulp benodig.

Manne, met die vorige kompetisie was Jaracal in staat om aan die Loerie kinderhuis 'n bedrag van R92,750-00 te oorhandig. Dis 'n masiewe bedrag wat baie gate kon toestop.

Manne, kom ons wees dankbaar vir wat ons het, en al die voorregte wat ons kan geniet, en steun hierdie besondere projek. Wie weet, jy's dalk een van die gelukkige wenners.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Thu Oct 08, 2015 12:17 pm
by baas
Dankie Jaco, ek sal verseker deel neem.

Riaan

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Thu Oct 08, 2015 3:49 pm
by BRNO (Pierre)
Dankie Jaco en ander wat met die kompetisie weer gaan hardloop. Laat weet ook as daar iets aan die kant is wat gedoen kan word.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Sat Oct 10, 2015 8:37 am
by Jakkalsgat
Kompetisie het begin

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Sat Oct 10, 2015 9:11 am
by Jakkalsgat
More, lyk my die bankbesonderhede is bietjie verkeerd. Sal netnou regte een bevestig.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Sat Oct 10, 2015 12:11 pm
by goodstuff
Is die bankbesonderhede nou reg?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Sat Oct 10, 2015 6:40 pm
by Jakkalsgat
Eugene se besonderhede is reg maar rekening kan onaktief wees, sal maandag eerste ding regmaak. Jammer vir ongerief. Wees asb net geduldig tot Maandag.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Mon Oct 12, 2015 1:03 pm
by Jakkalsgat
Middag

Hier is die regte besonderhede:

Bank: FNB
Naam: Jaracal Kersfonds
Tak: 250 053
Rek: 6 256 501 1336
Verwysing: Jaracal Naam

Jammer vir oponthoud

Dankie
Jaco Stander

Ps: Julle sal ook sien dat Cassie weer 2 Ribbokke vir prys geskenk het.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Mon Oct 12, 2015 6:42 pm
by douw
Hallo

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Mon Oct 12, 2015 6:43 pm
by douw
Wou net toets, laasweek kon ek nie op Jaracal post nie. Was seker ge"ban" hahaha!

Dankie Jaco en ander. Ek sal bietjie dink, en ook ietsie ingooi vir 'n prys.

Groete
Douw

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Tue Oct 13, 2015 8:09 am
by Jakkalsgat
More

Eerste kaartjies is gekoop, bank besonderhede werk reg en kan julle nou oorbetalings doen.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Oct 14, 2015 7:11 am
by Jakkalsgat
More

Aangesien daar manne is wat weer gevra het vir die kompetisie skop ons weer af met kompetisie om fondse in te samel vir ‘n instansie wat ‘n verskil maak in kinders se lewens. Die begunstigde is nog nie finaal nie en sal dit met tyd bepaal word. Huidiglik is die gevoel dat dit steeds Loeriehuis sal wees.

PRYSE

Anders as in die verlede sal daar net een kompetisie wees waarvan die kaartjies R100 per inskrywing is. Afhangende van hoeveel pryse en prys kombinasies geborg word sal daar soveel kaartjies getrek word. Wenners sal weer in die rangorde van trekking sy prys kan kies en opeis.
Pryse huidiglik is as volg:

1) Koedoejag by ons op Weltevrede wat insluit: 1 x Koedoe, bul of koei, verblyf vir 2 persone vir 2 dae (etes,drank en vervoer van en na die plaas uitgesluit) Jakkalsgat Safaris en Weltevrede jagplaas.
2) 1 x Std Boyds kolf van jou keuse geborg deur Pierre vd Merwe aka BRNO (Pierre)
3) ‘n Slagskaap geborg deur Martin aka Smitstertjies
4) Leer Ottoman geborg deur Imvusa Furniture Bloemfontein (Jakkalsgat Safaris)
5) 2 Vaalribbok Calvinia geborg deur Cassie Calvinia

DATUMS EN DUUR VAN KOMPETISIE

Die kompetisie begin amptelik op Saterdag 10 Oktober 2015 en sluit op Sondag 13 Desember 2015, 23h59.

TREKKING

Trekking geskied op Dinsdag, 15 Desember 2015 om 19h00.

REELS
1. Aangesien hierdie kompetisie 'n Jaracal inisiatief is, is dit net oop vir Jaracal lede, jy gaan nie kan deelneem as jy nie 'n lid is met lid naam nie.
2. Slegs kaartjies wat betaal is of bewys van betaling gelewer het op afsny tyd sal in aanmerking kom vir trekking.
3. Versending van pryse sal vir die wenner se eie rekening wees.
4. Die organiseerder mag nie deelneem nie.
5. Borge kan wel deelneem maar sal ons verkies dat hy nie sy eie prys kies nie.
6. Die beoordeelaar se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word na trekking hieroor nie.
7. Geen pryse kan vir kontant geruil word nie.

BORGE

Elke borg sal geleentheid gegun word om fotos, webtuistes en inligting hier te plaas.

BEOORDELAARS EN ORGANISEERDERS

Rekenkundige beampte - Jean Marais
Regsadviseur - Eugene Harmse
Administratiewe Beampte - Jaco Stander
Persoon wat trekking hanteer - sal op dag van trekking bekend gemaak word deur rekenkundige beampte en slegs hy sal weet wie dit is tot dan.

Bankbesonderhede

Naam: Jaracal Kersfonds
Tak: 250 053
Rek: 6 256 501 1336
Verwysing: Jou Jaracal Naam

Met inbetalings gebruik asb jou Jaracal naam as verwysing anders sal dit gesien word as skenking

Bewys van betalings moet gestuur word aan E-Pos jakkalsgat@hotmail.com

Sodra jy bewys van betaling deur gestuur het en my PM gestuur het sal ek jou PM stuur met jou nommer of nommers, hou asb die nommer vir jouself en sal dit net ek en jy wees wat die nommer sal he. Nommers word toegeken in volgorde wat betalings gemaak word.

Ons dank aan die manne wat reeds borge aangebied het en maak staat op elkeen se deelname.

Groete
Jaco
082 494 5587

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Oct 14, 2015 11:53 am
by Eugene
Mede Jaracal lede.

Hierdie kompetisie is nie verlede jaar gehou nie, omdat ons almal biejie 'n breuk wou gee van insamelings. Ek weet die skool en die kerk en ander welsynorganisasies klop daagliks aan mens se deur en ek weet ook baie van julle gee reeds vir verskeie organisasies en mens voel soms leeggetap.

Maar..... Hier is omtrent 500 "meestal" aktiewe lede op Jaracal. As elkeen net een R100 kaartjie koop, het ons reeds R50k ingesamel. Ek is seker dat niemand wat 'n smartfoon en/of internet het, sal ondergaan oor 'n R100 nie. Dis is regtig nie meer geld nie.... Die geld wat ingesamel word, gaan vir 'n goeie doel en vir kinders. Hierdie kinders se wenslys vir Kersfees is vir goed wat vir meeste van ons en ons kinders, alledaags is en waaroor ons nie 2 keer dink nie. Vir hulle is dit luukses.

Daarom vra ek baie mooi, koop een pakkie primers minder die maand of een keer minder wegneemetes en koop asseblief net een kaartjie van R100. Moet dit nie doen omdat jy iets wil wen nie, maar omdat dit die regte ding is om te doen.

Ons maak baie staat op julle samewerking hierin en bedank julle by voorbaat vir julle welwillendheid.

"The real gift, is in the giving!"

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Oct 14, 2015 3:26 pm
by Nico Harris
Middag manne. Van Aim se kant af het ek en Werner besluit om twee aim knobs te borg as pryse. Ons daag al die ander winkels, verskaffers , self ontwerp manne om n prys of kontant te borg. Kom wys julle harte sit op die regte plek.

Wat se oom Pwv en die gloeiman bende? Dit sal mos nou n lekker prys wees...of een van Henk se silincers...of een van G&G se sandsakkies...

Groete

Nico

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Oct 14, 2015 3:39 pm
by Jakkalsgat
Henk Silent Hunt borg 4 x R500 afslag bewyse op toekomstige aankoop van 'n produk van Silent Hunt wat direk by hom bestel word.

Dankie Henk en Nico vir hierdie borge.

Manne die pryse begin reeds weer baie raak vir die kompetisie en beloof dit om weer 'n groot kompetisie te word.

Dankie vir die manne wat reeds deelgeneem het.

Groete
Jaco

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Oct 14, 2015 3:40 pm
by Gernie
Sal ook kaartjie of so koop

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Oct 14, 2015 3:46 pm
by Jakkalsgat
Pryse is nou as volg:

1) Koedoejag by ons op Weltevrede wat insluit: 1 x Koedoe, bul of koei, verblyf vir 2 persone vir 2 dae (etes,drank en vervoer van en na die plaas uitgesluit) Jakkalsgat Safaris en Weltevrede jagplaas.
2) 1 x Std Boyds kolf van jou keuse geborg deur Pierre vd Merwe aka BRNO (Pierre)
3) ‘n Slagskaap geborg deur Martin aka Smitstertjies
4) Leer Ottoman geborg deur Imvusa Furniture Bloemfontein (Jakkalsgat Safaris)
5) 2 Vaalribbok Calvinia geborg deur Cassie Calvinia
6) 1 x Aim Knobb geborg deur Nico Harris
7) 1 x Aim Knobb Geborg deur Nico Harris
7) R500 afslag bewys vir Silent Hunt Silencer geborg deur Henk, Silent Hunt
8) R500 afslag bewys vir Silent Hunt Silencer geborg deur Henk, Silent Hunt
9) R500 afslag bewys vir Silent Hunt Silencer geborg deur Henk, Silent Hunt
10) R500 afslag bewys vir Silent Hunt Silencer geborg deur Henk, Silent Hunt

Dankie aan ons borge.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Oct 14, 2015 4:01 pm
by Jakkalsgat
Petrie van GreyGhostGear borg weer:
Jaracal Jaghemp, Pet, Beanie, Fleece baadjie en serp

Baie dankie Petrie

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Oct 14, 2015 4:04 pm
by Jakkalsgat
Pryse is nou as volg:

1) Koedoejag by ons op Weltevrede wat insluit: 1 x Koedoe, bul of koei, verblyf vir 2 persone vir 2 dae (etes,drank en vervoer van en na die plaas uitgesluit) Jakkalsgat Safaris en Weltevrede jagplaas.
2) 1 x Std Boyds kolf van jou keuse geborg deur Pierre vd Merwe aka BRNO (Pierre)
3) ‘n Slagskaap geborg deur Martin aka Smitstertjies
4) Leer Ottoman geborg deur Imvusa Furniture Bloemfontein (Jakkalsgat Safaris)
5) 2 Vaalribbok Calvinia geborg deur Cassie Calvinia
6) 1 x Aim Knobb geborg deur Nico Harris
7) 1 x Aim Knobb Geborg deur Nico Harris
7) R500 afslag bewys vir Silent Hunt Silencer geborg deur Henk, Silent Hunt
8) R500 afslag bewys vir Silent Hunt Silencer geborg deur Henk, Silent Hunt
9) R500 afslag bewys vir Silent Hunt Silencer geborg deur Henk, Silent Hunt
10) R500 afslag bewys vir Silent Hunt Silencer geborg deur Henk, Silent Hunt
11) Jaracal Jaghemp, Pet, Beanie, Fleece baadjie en serp geborg deur GreyGhostGear
12) RCBS 5.0.5 balkie skaal geborg deur Hein (Haan)
13) Voodoo Tactical cheek rest geborg deur Hein (Haan)

Dankie aan al ons borge.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Oct 14, 2015 4:42 pm
by Nico Harris
Nou sal die manne moet kaartjies koop! Daars nou vrek baie pryse!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Oct 14, 2015 7:17 pm
by MichielC
Naand manne,

Hyper Auto Fleet Management sal n Garmin ETrex 30x borg.

Groete,

Michiel

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Thu Oct 15, 2015 7:52 am
by Jakkalsgat
MichielC wrote:Naand manne,

Hyper Auto Fleet Management sal n Garmin ETrex 30x borg.

Groete,

Michiel
More Michiel, ons waardeer.

Groete
Jaco