Page 1 of 2

Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Wed Oct 07, 2015 12:03 pm
by DeonvTonder
Dag sê menere,

Kan iemand my dalk help. Ek sit met 'n helse klomp trek koedoes hier by my wat my groot skade aanrig op my lusern kampe en ook jong blokke wingerd wat geplant is. Het reed vroeer die jaar 'n nagpermit van cape nature gekry om hulle te probeer tem. Huidiglik ruk die probleem handuit en is cape nature se verteenwoordiger se antwoord aan my dat hulle sleg 2 keer 'n permit vir dieselfde probleem dier sal uitreik en daarna moet alle ander opsies oorweeg word, dit sluit in 'n 2.4m heining. Dit is nie 'n opsie nie sienende dat die koedoes dmv my buurman se plaas ook toegan het tot die lusern en wingerd. Die heining maak ook nie finansieel sin nie.
Kan nie deur die dag die koedoes jag nie want dan loop hulle op ander man se grond en die wil my nie toelaat om te jag nie. Hy verstaan dus nie dat ek skade ly nie aangesien dit hom nie raak nie.

My vraag is dus. Wat staan my te doen itv die permit om in die aand te kan skiet? Is daar iemand anders wat ek kan kontak ipv die cape nature verteenwoordiger? Wil nie onwettig in die aand begin skiet nie, omdat ek 'n ou is wat die wette en reels gehoorsaam.

Indien enige een vir my 'n oplossing het of raad het ek sal dit regtig waardeer.

Groete

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Wed Oct 07, 2015 9:08 pm
by ruaanb
Ek sal permit kry en met graagte kom help

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Wed Oct 07, 2015 9:46 pm
by Baasvark
Het jy al probeer vasstel hoe laat hulle by jou aankom en weer waai?
Jy mag dalk laat middag en vroeg oggend een of twee kan uithaal....
Veral as jy gebruik maak van 'n knaeldemper?
Dan is die permit nie tersprake nie...

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Thu Oct 08, 2015 10:36 am
by DeonvTonder
Baasvark wrote:Het jy al probeer vasstel hoe laat hulle by jou aankom en weer waai?
Jy mag dalk laat middag en vroeg oggend een of twee kan uithaal....
Veral as jy gebruik maak van 'n knaeldemper?
Dan is die permit nie tersprake nie...
Hulle kom saans so tussen half 10 en 10 uur. Waai soggens nog voor son uit is weer. Besig om knaldemper te kry

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Thu Oct 08, 2015 10:44 am
by Baasvark
Ander moontlike oplossing is om 'n flaregun of iets soortgelyk te gebruik om hulle af te skrik.
Klink dalk dom maar as jy hulle nie mag skiet nie dan moet mens hulle probeer verskrik.....
Amper soos die lug kanon beginsel wat die koringboere hier toepas...
Wie weet, as jy genoeg lawaai deur die aand maak mag jou buurmam dalk sy storie verander :)

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Thu Oct 08, 2015 12:06 pm
by Jake1
Tripwires wat die "claps" skiet kos so net oor die R200. As jy hulle regtig net wil verjaag sal n paar van hulle seker werk, die alternatief is om almal dood te skiet........wat seker nie moontlik is nie. As jy n knaldemper gebruik is jou doel mos nie regtig om hulle te verjaag nie?

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Fri Oct 09, 2015 9:31 am
by Baasvark
As hulle hom bankrot vreet en daar is geen ander opsie nie dan moet die knaeldemper maar werk!
Selfde situasie as skaapboere en jakkalse.

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Fri Oct 09, 2015 1:18 pm
by Carl
Deon wat van 'n voël verskrikker in die middel van die land? Sorg dat hy helder klere dra en gereeld na mens ruik ;) Of trek ou Sniper klere aan, ons koedoes is baie bang vir sulke uitrustings.

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Fri Oct 09, 2015 1:26 pm
by FHM
Carl wrote:Of trek ou Sniper klere aan, ons koedoes is baie bang vir sulke uitrustings.
;) Deon ek sal een op die ken vat as jy dink ek skaak jou draad hierso...

Carl, hoekom dink jy is dit so? Trek die meerderheid jagters so aan en die koedoes het nou al geleer of wat dink jy is die rede hiervoor?

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Fri Oct 09, 2015 1:33 pm
by Carl
Ek spot eintlik tong in die kies oor jagklere ....

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Fri Oct 09, 2015 1:52 pm
by FHM
Carl wrote:Ek spot eintlik tong in die kies oor jagklere ....
Die mods moet vir ons n 'tong-inni-kies' smiley opsit...ek het regtig nou gedink jy is ernstig! :-[

MOOOOOOOODS!!!!!!!!!!!!!!!

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Fri Oct 09, 2015 2:43 pm
by Boersonderroer
Carl wrote:Deon wat van 'n voël verskrikker in die middel van die land? Sorg dat hy helder klere dra en gereeld na mens ruik ;) Of trek ou Sniper klere aan, ons koedoes is baie bang vir sulke uitrustings.

Jy spot so, maar dis waar ; die een plaas waar ek gaan jag loop die tracker met sy blou overall en twak rook en hard praat op selfoon en koedoes kyk net vir hom. As hulle ons met ons camo op 300m gewaar kap hulle toon klowe toe.

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Fri Oct 09, 2015 11:21 pm
by DeonvTonder
Cape nature het na groot gesukkel darm weer 'n permit aansoek van my aanvaar. Hoop hy word goed gekeur dat ek die skade kan beperk

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Mon Oct 12, 2015 3:27 pm
by Willie
DeonvTonder wrote:Cape nature het na groot gesukkel darm weer 'n permit aansoek van my aanvaar. Hoop hy word goed gekeur dat ek die skade kan beperk
Sterkte ek hoop retig jy slaag want ons sukkel ook maar met die Anysberg se trek wild veral as die wereld droog raak.

Jaag die koedoes Anysberg se kant toe. Ek sal hulle dan ver aan jaag :o

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Mon Oct 12, 2015 4:37 pm
by DeonvTonder
Willie ek sal my bes probeer om hulle daai kant toe te jaag, maar dink daar is iets in my lusern, want hulle wil dit nie uitlos nie maak nie saak wat ek doen nie. Vanaand gaan hulle egter hulle rieme styf vasloop ;D

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Mon Oct 12, 2015 7:59 pm
by Gernie
So waar koop ons biltong.
.LOL

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Tue Oct 13, 2015 6:37 am
by DeonvTonder
Gernie ek sal kyk hoe dinge verloop in die volgende twee weke dan kan ons praat jong

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Tue Oct 13, 2015 11:35 am
by OupaZA
ons soek fotos neh ;)

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Mon Oct 19, 2015 3:48 pm
by Willie
Al enige sukses behaal ?

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Mon Oct 19, 2015 5:23 pm
by DeonvTonder
Willie nog niks ou maat.Lyk my hulle het geweet ek kry permit nou bly hulle weg. Gaan vanaand weer uit om te kyk.Sal julle op hoogte hou

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Tue Oct 20, 2015 1:16 pm
by Willie
Hoop vir jou part hulle bly lank weg maar hulle weet seker nou ook wanneer die permit verval en sal dan daarna gou weer hulle opwagting maak .
Hoe lank is die permit geldig ?

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Tue Oct 20, 2015 3:22 pm
by DeonvTonder
Willie gisteraand ook nog niks maar het vanoggend vars spore gekry. Cape Nature reik 'n permit net uit vir 2 weke.

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Tue Oct 20, 2015 3:46 pm
by Willie
Sit 'n trail cam uit om te sien watter tye hulle jou so flous.

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Tue Oct 20, 2015 5:03 pm
by DeonvTonder
Sal maar so iets doen. Het nog net tot einde van die week tyd wat permit aan betref.

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Posted: Fri Oct 23, 2015 10:06 am
by DeonvTonder
Willie het gisteraand die grootste koedoe bul wat ek in my lewe al gesien het op my weidings gekry. Ongelukkig het hy nie geval nie.(Man wat die lig beman het was baie stadig gewees).Hopenlik kan ek gou weer plan maak om daardie meneer in die vrieskas te probeer kry.