Page 1 of 1

Wat dink julle van die LR kaliber?

Posted: Tue Oct 06, 2015 9:03 pm
by Gerhardu
Naand manner

Ek het n bietjie gaan kyk na langafstand kalibers en op die mender afgekom.

.26 Nosler

404Jeff dop wat afgenek is na n .264
142gr teen 3300fps

Dit lyk na n bul vir LR!

Nou wil ek weet Wat dink julle en is dit moontlik om so ene te laat
bou hier in SA?
Jy kry n .28 Nosler ook.

Groete
Gerhardu Odendaal

Re: Wat dink julle van die LR kaliber?

Posted: Tue Oct 06, 2015 9:26 pm
by tripodmvr
Die manne by Long Range Hunting (http://www.longrangehunting.com) bou lankal spes gewere in die 26 en 28 Nosler. Weet net hy gaan 'n loop opvreet. In Amerika is dit roetine om loop te vervang, maar hier by ons - >:(

Re: Wat dink julle van die LR kaliber?

Posted: Tue Oct 06, 2015 9:28 pm
by Gerhardu
Dankie.hoeveel skote sal so n loop kan vat?

Re: Wat dink julle van die LR kaliber?

Posted: Wed Oct 07, 2015 7:22 am
by Capt. Yoda
1500, as jy 100 skote n jaar met hom skiet is dit 15 jaar se speel. 264WM loop ook baie naby aan daai spoed maar nie heeltemal nie en die loop sal aansienlik langer hou, as jy die 264WM teen dieslefde spoed as die 26 skiet gaan jou loop en komponente ook maar houe vat.

As jy n "Nosler" wil bou sou ek eder die 28 pad gegaan het met n lekker 1/8 twist loop vir daai nuwe Bergers

Re: Wat dink julle van die LR kaliber?

Posted: Wed Oct 07, 2015 7:28 am
by JPS
Yip,

28Nosler sou baie beter bet wees.

Re: Wat dink julle van die LR kaliber?

Posted: Wed Oct 07, 2015 8:20 am
by Gerhardu
Ekt ook gekyk na die .28 Nosler en hy kan 195gr punte ook goed lanseer.

Re: Wat dink julle van die LR kaliber?

Posted: Wed Oct 07, 2015 9:33 am
by Capt. Yoda
As n dedicated LR tyken geweer sal jy seker nie baie meer as 800 skote sien nie maar jy kan darem seker bq meer as 1000 Minute of bok kry

Re: Wat dink julle van die LR kaliber?

Posted: Wed Oct 07, 2015 9:55 am
by Gerhardu
Dink julle dis moontlik om n .28 Nosler te bou hier in SA. As dit nie die moeite werd is nie gaan ek maar eerder vir my n 6.5 Creedmoor rakgeweer koop.

Re: Wat dink julle van die LR kaliber?

Posted: Wed Oct 07, 2015 10:17 am
by Capt. Yoda
Vir tyken skiet en bq jag kry die 6.5C en skiet hom, jy sal nie jammer wees nie.

Re: Wat dink julle van die LR kaliber?

Posted: Wed Oct 07, 2015 10:28 am
by Ben
My volgende roer sal ook n 6.5mm Creed wees.

Vir interesantheid, sou mens n 308 kan herkamer na 284W, lope kan mens kry?

Re: Wat dink julle van die LR kaliber?

Posted: Wed Oct 07, 2015 11:03 am
by Boomstomp
Ludwig wrote:
BenR wrote:Vir interesantheid, sou mens n 308 kan herkamer na 284W, lope kan mens kry?
Ek het 'n Remington SPS Stailess in 308 van die rak af gekoop en die aksie gebruik om my 284 Win te bou, maar 'n lang aksie (30-06) sal baie meer gepas wees vir die 284 Win as 'n korter aksie. Ek kan glad nie die magasyn gebruik of 'n gelaaide rondte ontlaai sonder om die hele slot te moet uithaal nie. Dit was ongelukkig omdat ek nie aanvanklik 'n 284 Win beplan het vir die bou nie, maar eerder 'n 7mmWSM, wat toe nie gerealiseer het nie en ek moes toe iets anders op die kort aksie bou, maar as mens die keuse het is 'n lang aksie beslis baie meer geskik vir die 284 Win.
So wat is die beste 5 opsies as mens 'n .243W of .308 se loop uitgeskiet het, om op 'n kort aksie te bou?

Re: Wat dink julle van die LR kaliber?

Posted: Wed Oct 07, 2015 11:06 am
by Capt. Yoda
Sit n 1/8 twist op jou 243 en druk n SLR reamer agter hom in ;D

Re: Wat dink julle van die LR kaliber?

Posted: Wed Oct 07, 2015 12:00 pm
by Wouter Roets
Luddie

Ek sien daar is nog steeds n wanpersepsie wat bestaan dat jy n koeel teen die spoed van witlig moet gelanseer word alvorens jy met n geskikte kaliber vir langafstand jag en skiet sit. Hierdie is natuurlik nie die geval nie en is daar baie ander kreteria wat eerder na gekyk moet word met jou keuse. Jou skrywe wys dit ook dan so uit.

Groetnis
Wout