Page 1 of 1
Probeer weer.
Posted: Tue Oct 06, 2015 1:11 pm
by leon.laubscher
Hi ek is Leon Laubscher van Bloemfontein. Ek het myself in Julie voorgestel en na die tyd die Taptalk app afgelaai en iewers langs die pad het op 'n manier 2x op die stelsel beland. Aangesien my eerste post gister aand onder hierdie login was sal ek maar hier aankap.
Ek het in 2013 'n 30 06 Tikka as 'n hardebaard gekoop en maak nou planne vir skietding no 5 of alternatiewelik moet ek my CZ .22 wat ek vir "oefen skiet" gekoop het laat gaan. Die .22 gee net nie dieselfde gevoel as iets wat op 200 m + kan groepeer nie.
Dankie vir die manne wat my reeds welkom geheet het!

Re: Probeer weer.
Posted: Tue Oct 06, 2015 1:52 pm
by Kubus
Welkom Leon, as n ou 2 keer aansluit neem ek aan jy wil regtig lid wees

Re: Probeer weer.
Posted: Tue Oct 06, 2015 2:17 pm
by Jay Jay
Hi Leon, baie welkom.
Re: Probeer weer.
Posted: Tue Oct 06, 2015 3:34 pm
by jamalley
Welkom
Re: Probeer weer.
Posted: Tue Oct 06, 2015 4:47 pm
by Sybrandz
Welkom Leon. (X2)
Re: Probeer weer.
Posted: Tue Oct 06, 2015 5:09 pm
by Silent Hunting
Leon,
Welkom. Kom maak bietjie draai en skud blad.
Groete,
Henk
Re: Probeer weer.
Posted: Tue Oct 06, 2015 6:03 pm
by tripodmvr
Jy verkoop nie 'n .22 nie. Skiet met hom uit die vuis om jag skote te oefen. Leer die jongspan en vrouens met hom. Rol die blikke en wiks die ongediertes met hom.
Re: Probeer weer.
Posted: Tue Oct 06, 2015 7:09 pm
by Reloader270
leon.laubscher wrote:Hi ek is Leon Laubscher van Bloemfontein. Ek het myself in Julie voorgestel en na die tyd die Taptalk app afgelaai en iewers langs die pad het op 'n manier 2x op die stelsel beland. Aangesien my eerste post gister aand onder hierdie login was sal ek maar hier aankap.
Ek het in 2013 'n 30 06 Tikka as 'n hardebaard gekoop en maak nou planne vir skietding no 5 of alternatiewelik moet ek my CZ .22 wat ek vir "oefen skiet" gekoop het laat gaan. Die .22 gee net nie dieselfde gevoel as iets wat op 200 m + kan groepeer nie.
Dankie vir die manne wat my reeds welkom geheet het!

Welkom by die Forum!
Leon mens laat gaan geen geweer nie, jy maak 'n plan! Is jy nie toegewyde jagter by 'n jagtersvereniging nie? Dan kan jy meer gewere aanhou.
Re: Probeer weer.
Posted: Tue Oct 06, 2015 7:23 pm
by Plaashaas
Welkom Leon
Re: Probeer weer.
Posted: Tue Oct 06, 2015 8:49 pm
by leon.laubscher
Silent Hunting wrote:Leon,
Welkom. Kom maak bietjie draai en skud blad.
Groete,
Henk
Dankie Henk. Het reeds n HB want die groter demper wat ek het is net te swaar. Werk 100% en ek kan met hom stap sonder pyne.