Page 1 of 1
Baangeweer
Posted: Tue May 31, 2011 11:43 am
by ablm468
Ek skiet gereeld by Sajwv en gebruik of my 30-06 Brno of my 223 Brno, die probleem is egter dit is jaggewere, ek het nie die fondse om vir R20000 'n varminter bullbarrel geweer te gaan koop en nog R10000 op 'n scope te spandeer nie. Dit is egter bietjie onregverdig om teen manne te kompeteer wat baangewere het met m...se scopes ens. Is daar enigiemand wat 'n voorstel het hoe om vir 'n redelike bedrag se +/_ R10 k 'n baangeweer aanmekaar te sit waarmee mens kan kersvashou by hierdie manne. Voorstelle sak waardeer word. Ek kyk na 308 kaliber dit lyk vir my is die mees akkuraatste op 300m tabelle, mag verkeerd wees, voorstelle sal waardeer word.
Re: Baangeweer
Posted: Tue May 31, 2011 12:06 pm
by Arnold
Nou vat jy 'n kans. Die naaste wat jy hieraan gaan kom is om 'n goeie RSA skyfskiet geweer te koop vir so R5k en 'n scope op te sit.
Anders moet jy kyk na 'n Howa Varminter wat so R10k gaan kos sonder die scope. Die grootste rede hoekom die ouens met die fancy gewere goed skiet is omdat hulle meer oefen, die toerusting dra maar min by tot hulle skietvernuf.
As jy self laai sal jy tog jou 30-06 'n 308 se gat kan laat skop ...
Re: Baangeweer
Posted: Tue May 31, 2011 12:11 pm
by MJK
Stem met Arnold
Het self 'n RSA 308 aangekoop teen R5000.00 en scope opgesit en paar dingetjies verander- totale koste so R14,000. Moet se, my punte het baie verbeter.... Ek kan nou sien waar ek skiet met die 20x vergroting vs die ou 10x
Die groot ding kom neer op akkurate geweer, oefen en koeelbaan ken
Re: Baangeweer
Posted: Tue May 31, 2011 12:26 pm
by Arnold
Onthou SAJWV skiet op bekende afstande so mens het nie van die platskieters nodig wat die ouens van SAJSV gebruik nieĀ

So laai daai 30-06 met 'n 175gr of 185gr Match koeel en ontwikkel 'n ordentlike lading nadat jy seker gemaak het als met die geweer is 100%
Ludwig het 'n punt, maar moet nou nie jou jag geweer 'n te swaar loop opsit waarmee jy gaan sukkel in die jagveld nie. 'n Goeie teleskoop gaan jou dalk al klaar baie help om beter te sien waar jy skiet.
Re: Baangeweer
Posted: Tue May 31, 2011 2:13 pm
by ablm468
Dankie sover aan almal wat raad gee. Ek is 'n goeie skut, het reeds talle goue balkies los geskiet met my 223, probleem is egter dat as die wind waai neuk dit, jy sukkel om goeie groepering te kry die manne met die 308 word nie op 300m so erg deur die wind affekteer nie. Is 'n swaar loop werklik so belangrik, wat se verskil maak dit? Ek wil nie graag my 30-06 verander nie, is gemaklik met hom soos hy is hy het 4-12x40 Bushnell scope op die 223 het 6-24x40 scope op. Ek gebruik die 223 die meeste op die baan.
Re: Baangeweer
Posted: Tue May 31, 2011 2:23 pm
by Arnold
Hoekom gebruik jy nie jou 30-06 meer nie? Jy weet mos nou die wind neuk die 223 'n bietjie rond.
'n 30-06 sal sonder probleem presteer op 300m as 'n 308 dit kan doen.
Daar is so effense verskil om akkuraat met 'n 223 te kan skiet as een van die groter kalibers .... die verskil kom in by die recoil.
Re: Baangeweer
Posted: Tue May 31, 2011 4:12 pm
by Jagtersdok
Jy kan maar luister wat Arnold en Ludwig jou hier vertel. Hulle gee vir jou baie goeie raad.
Neels
Re: Baangeweer
Posted: Tue May 31, 2011 8:09 pm
by ablm468
Manne ek dink julle het my oortuig, ek moet net meer met my 30-06 oefen, sal beter vaar. Sal weer terugvoer gee. Ek laai 180gr hornady interlock teen 2550 fps. Moet mens eerder 'n ligter punt gebruik bv 150 gr match of 168 gr?