Page 1 of 1

Birdizzo vir boerbokke

Posted: Sat Oct 03, 2015 8:01 pm
by nols
Naand almal ,waar in Pretoria omgewing kan ek 'n 9'' birdizzo kry
om boerbokke mee te knip?
Ons bly in Thabazimbi en ek sukkel met al twee ons kooperaies om
so klein birdizzo te kry, hier is net van die groot modelle beskikbaar.
Groete Nols

Re: Birdizzo vir boerbokke

Posted: Sat Oct 03, 2015 8:06 pm
by douw
Hi Nols

Bel vir oom Martiens by Landmark in Zambesilaan Pretoria. 012 524 9700. Hy sal vir jou kan kry as hul nie het nie. SĂȘ gerus vir hom Douw en Antoinette Dry het hom aanbeveel.

Groete
Douw

Re: Birdizzo vir boerbokke

Posted: Sat Oct 03, 2015 10:02 pm
by nols
Dankie Douw ! Ek gaan kyk of ek volgende week daar kan uitkom.

Re: Birdizzo vir boerbokke

Posted: Sun Oct 04, 2015 3:43 pm
by Gerhardus Nel
nols wrote:Naand almal ,waar in Pretoria omgewing kan ek 'n 9'' birdizzo kry
om boerbokke mee te knip?
Ons bly in Thabazimbi en ek sukkel met al twee ons kooperaies om
so klein birdizzo te kry, hier is net van die groot modelle beskikbaar.
Groete Nols
Nols, het jy al vantevore bokke geknip? Hoekom ek vra is, my ondervinding met bokkies knip is groot moeilikheid. Ek rek eerder.

Re: Birdizzo vir boerbokke

Posted: Mon Oct 05, 2015 10:07 pm
by nols
Johannes ons gebruik ook gewoonlik die rekkies,maar die rekkies werk net op
lammers, as jy 'n groot ram wil kastreer dan werk die birdizzo goed.
Watse probleme het julle gehaad ?

Re: Birdizzo vir boerbokke

Posted: Wed Oct 14, 2015 1:06 pm
by DinoF
Jy kan die ouens nader.

Tel: 012 662 3640/1

Fax: 012 662 1818
Email: admin@savet.co.za
Address: 26 Mustang Avenue, Pierre van Ryneveld, Centurion

Het die jaar al my bulkalwers geknip met een en soos n droom gewerk. Weet nie van bokke nie. Het geen ondervinding nie.

Hoop jy kom reg

Re: Birdizzo vir boerbokke

Posted: Wed Oct 14, 2015 6:49 pm
by nols
Dankie Dinof, ek het regekom by oom Martiens.
Douw , oom Martiens stuur groete. Dankie.