Page 1 of 1

Burris FF2 2-7x35 Bargain

Posted: Tue May 31, 2011 10:45 am
by Louis Kriel
Ek het al verskeie teleskope in Amerika gekoop en na my suster toe verskeep wat dit dan met gewone pos of 'n vriend vir my aanstuur.

Nou kom ek op hierdie bargain af by Natchezss.com (http://www.natchezss.com/product.cfm?co ... tle=Burris 2-7X35 Fullfield II Riflescope Ballistic Plex Reticle RealTree APG)

Product Number: BU200126 
Web Product Title: 2-7X35mm Bplex Rtree APG
Item Price: was $189.00  now$109.95 
Availability: In Stock
Shipping Weight: 1.54 lbs.


Om hom hier te kry gaan seker so R500 wees met posgeld en doeane belasting ingesluit. Dis R1400 en hy's hier.

Ek dink hierdie scopie is ideaal vir 'n bos geweer en hy pas by my .303 se camo.

Re: Burris FF2 2-7x35 Bargain

Posted: Tue May 31, 2011 10:50 am
by Gerhard
Hy sal mooi werk op die 303.

Ek jag al baie lank met my ou TV view 4 x 32 tasco...

Re: Burris FF2 2-7x35 Bargain

Posted: Tue May 31, 2011 11:02 am
by Louis Kriel
Maar 7x is darem seker bietjie beter as 4x en hy het ook die ballistic plex wat die groter scopes op het.

Re: Burris FF2 2-7x35 Bargain

Posted: Tue May 31, 2011 11:03 am
by Gerhard
Ek jag gemaklik tot op 200 meter met die 4 x 32

Jy sal lekke jag met daai scope op die 303.

Re: Burris FF2 2-7x35 Bargain

Posted: Tue May 31, 2011 11:09 am
by Louis Kriel
Ek dink jou oge is aansienlik beter as myne. Maar jy's reg ek het 'n Lynx 2-7x32 eers op my 30-06 gehad en die 7 vergroting het my nie gepla nie. Volgens Oom Piet Burris (Breedt) is die FF2 so helder dat hy baie duurder scopes ore aansit.

Re: Burris FF2 2-7x35 Bargain

Posted: Tue May 31, 2011 11:13 am
by Gerhard
Dan gaan jy hom beslus geniet.

Vir naby skote sit jy hom op 2 en enige iets verder as 50 meter draai jy hom op 7 vas.

Laat weet hoe hy werk as jy hom het.

Re: Burris FF2 2-7x35 Bargain

Posted: Tue May 31, 2011 12:27 pm
by Jagtersdok
Dirty

Jy kan maar daai scope koop. jy sal nie fout maak nie. Hy is perfek.

Neels

Re: Burris FF2 2-7x35 Bargain

Posted: Tue May 31, 2011 1:13 pm
by Louis Kriel
Dankie julle ek gaan hom vat.