Page 1 of 1

Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Tue May 31, 2011 10:22 am
by Swys14
Ok, dag manne.

Ek's opsoek na die fabrikaat wat vir my die meeste "bang for buck" gaan gee vir tussen R10000 en R12000 nuut, sonder scope.

Ek besluit nog oor die kaliber (7x57,7x64,308,3006)

Ek soek iets met sterk aksie wat 'n reputasie het vir out-of-the-box akkuraatheid.


My soeke het my na die volgende gebring. Hulle is in rangorde soos ek tans voel om te koop. Ek verkies soos julle kan sien die Mauser tipe aksie, maar hel daai Tikka lyk lekker.)

Gee asb. jul opinies oor elke een. En noem nog wat ek kan na gaan kyk asb.


(1) Ruger Hawkeye (k98)
(2) Voere 2155 (k98)
(3) Tikka T3 ( as ek n special kan kry)
(4) Howa 1500 (dit lyk na 'n deeglike een, maar hoekom so cheap). Ek like die Camo .308 1500.
(5) Winchester 70 (vir my 'n baie mooi geweer)
(6) Savage
(7) CZ550 (old faithful, en my pel het een, so ek wil nie rerig een he nie)
(8) Weatherby Vanguard
(9) Mossberg

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Tue May 31, 2011 10:27 am
by Gerhard
CZ 550 30 06  ;)

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Tue May 31, 2011 10:28 am
by BLOK
Ek kan jou waarborg as jy hier n poll gaan opsit gaan 90% Howa skree, beter waarde gaan jy nie kry nie, tweedens as jy poll op daai kalibers gaan sit gaan 50% 308 skree en ander 50% gaan nie stem nie want daar is nie 243 nie ;D ;D ;D

Op n meer ernstige noot waarvoor gaan jy die geweer gebruik net wild jag, kompetiesie skiet of jakkals roep. So sal jy beter raad kry as die manne weet wat jou doel is.

Blok.

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Tue May 31, 2011 10:54 am
by Geno
Savage

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Tue May 31, 2011 11:01 am
by Arnold
My keuse vir daai geld sou 'n stainless Howa Varminter in 308 Win wees  ;)

Of twee van die gewone sporter modelle, een in 30-06 en een in 243W ...

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Tue May 31, 2011 1:08 pm
by Swys14
O ja jammer.

Waarvoor gaan ek dit gebdruik.

Ek reken meestal vir Springbok, Gemsbok, Blesbok en Kudu op afstande in Suidwes, Karoo, Noordkaap en OosKaap met hopelik 'n odd bosveld jag tussenin.

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Tue May 31, 2011 1:18 pm
by BLOK
Dan sal ek ook vir die Howa vouche, maar daai Tikka sal ook mooi loop

Blok

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Tue May 31, 2011 3:08 pm
by PRIVATE RYAN
Ek is saam met Gerhard

CZ 550

Laas naweek
5 skote 5 bokke
met een helmet hou.

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Tue May 31, 2011 3:47 pm
by Vaalboer
Bitter gelukkig met my nuwe 243 Ruger VT.

Het ook 30-06 in Vektor (K98) = geen probleem. Dink persoonlik die 30-06 is meer versatile met punte tussen 150 en 220. Komponente is ook in enige winkel beskikbaar.

Dink maar die 308 moet nie iets anders skiet as 150 greiners (my pa het een).

Ken nie die 7 millimeters nie.. maar hoe dan nou anders as 'n dertig??

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Tue May 31, 2011 4:10 pm
by Jagtersdok
Vir daai R12k sal ek roep soos Arnold
Kry Std Howa in 308/30 06 en Varminter in 243.

Met dit kan jy enige plek gaan en maak en skiet en wat akuraadheid betref bewys howa deur en deur hulle kan.

Neels

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Tue May 31, 2011 4:49 pm
by James Wilson
howa 308 maar net om seker te maak vat sommer die 300wm

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Wed Jun 01, 2011 9:43 am
by SS
Soek rond vir daai Tikka T3 vir n special, jy sal nie spyt wees nie!!

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Wed Jun 01, 2011 9:55 am
by BLOK
Kyk maar hier watse groepering het Harris met sy howa geskiet

http://jaracal.com/index.php?topic=2275 ... n#msg68101


Daai gunne skiet raak

Blok

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Thu Jun 02, 2011 5:14 pm
by fanie17
Nou srem ek en Jagtersdok saam vir wat jy wil skiet gaan een kaliber nie noodwendig werk nie,kry n Howa Hunter in 30-06 en een in 243 of 223,dit is baie goeie gewere en sal nie terug staan vir Tika nie.Ek hou van Sako,dit is net onodig duur en Tika vat aan sy gat

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Thu Jun 02, 2011 5:29 pm
by Jagtersdok
;D

Re: Nuwe Geweer vir R10k - R12k

Posted: Thu Jun 02, 2011 5:34 pm
by fanie17
Neels ek en jy sal vir seker regkom,ons is net dieselfde.