Page 1 of 1
30.06 vs 300
Posted: Tue May 31, 2011 8:39 am
by Herman Venter
Hi manne , ek wil vir my n geweer koop maar die mense met wie ek praat stem nie saam oor my eerste keuse van n 30.06 nie maar eerder n 300. Kan jul my dalk help?
Re: 30.06 vs 300
Posted: Tue May 31, 2011 8:41 am
by BLOK
30-06 kan alles doen wat n 300 kan doen verskil is net n 300 doen dit soveel makliker en beter.
Blok
Re: 30.06 vs 300
Posted: Tue May 31, 2011 8:46 am
by Christo Els
ja dit is so, maar 30.06 trap so bietjie minder
Re: 30.06 vs 300
Posted: Tue May 31, 2011 8:50 am
by BLOK
Christo
Waar maar dis mos hoekom ons vir Clarence ken.
Blok
Re: 30.06 vs 300
Posted: Tue May 31, 2011 9:09 am
by DWB
Koop 'n 30-06 en as jy misskiet kan jy die geweer blameer
Dis hoekom ek een gekoop het.
Maar wat wil jy met hom doen....
Re: 30.06 vs 300
Posted: Tue May 31, 2011 9:36 am
by Christo Els
BLOK wrote:
Waar maar dis mos hoekom ons vir Clarence ken.
Ja Blok dit is ook nou waar, maar elke sport moet sy eie beseerings h
Re: 30.06 vs 300
Posted: Tue May 31, 2011 10:05 am
by Herman Venter
Ek soek maar net n lekker jag geweer wat in die algemeen goed sal doen...in alle gebiede!
Re: 30.06 vs 300
Posted: Tue May 31, 2011 10:22 am
by Gerhard
Herra01 wrote:
Ek soek maar net n lekker jag geweer wat in die algemeen goed sal doen...in alle gebiede!
30 06
Re: 30.06 vs 300
Posted: Tue May 31, 2011 2:36 pm
by James Wilson
Herra01 wrote:
Ek soek maar net n lekker jag geweer wat in die algemeen goed sal doen...in alle gebiede!
300
Re: 30.06 vs 300
Posted: Tue May 31, 2011 3:30 pm
by Geno
Ludwig,
Ek wil hoeka my .308 laat oorbou na .300WSM toe......
Re: 30.06 vs 300
Posted: Tue May 31, 2011 4:38 pm
by James Wilson
Geno, is jpu 308 se twist reg vir die 300wsm. as ek nie n 300 gehad het nie sou ek die 325wsm erg oorweeg het.
Re: 30.06 vs 300
Posted: Tue May 31, 2011 11:13 pm
by Herman Venter
Dankie julle... Dit lyk asof die 300 WM die gunstelling is, sal maar biki rond soek vir een. Maar weet darm nou meer van die 300af.
Re: 30.06 vs 300
Posted: Wed Jun 01, 2011 12:51 am
by Francois Marais
Herra
As kostes enigsins n faktor is, bly ma by die 30-06, daai 300 is n DUUR man.....nie soseer die gun nie maar die bessies....
Mooi loop
Francois
Re: 30.06 vs 300
Posted: Wed Jun 01, 2011 7:54 am
by BLOK
Francois is reg dit is n duurder geweer om te onderhou, maar dan kom dit weer by my eerste vraag van waarvoor jy hom gaan gebruik en hoe baie jy skiet. Maar soos jy se soek jy net n jag geweer so daai R5.00 per rondte wat jy duurder gaan betaal sal nie so saakmak as jy net n paar keet n jaar jag nie. Die duur kostes kom in as jy die geweer gereeld gebruik vir baanskiet jag oefen ens. Dan brand die man vinniger n keel skoon en moet jy later nog loop ook vervang. Maar onthou met gemiddelde gelaaide en gekoopte amunsie as jy net n geleentheids jagter is sal daai loop jou jare se plesier gee.
Soos hulle se maar net my 2c se mening en wat week ek.
Blok