Page 1 of 4

Potch Kursus

Posted: Tue May 31, 2011 8:39 am
by BLOK
Ek het so rukkie terug met Jacques gepraat oor n roep kursus hier in Potch hou, hy se so 8-10 manne dan kom hy ons moet net reel.

Ek het plek tot my beskikking waar ons dit kan hou. Maar wil eers sien of daar ander belangstellendes op die forum is wat dit wil bywoon.

Blok.

Re: Potch Kursus

Posted: Tue May 31, 2011 10:08 am
by Dawid
Blok ek stel beslis belang maar ons moet dit nie te gou maak nie want ek moet eers gaan leer herlaai want ek hetnie meer koelle nie, anders sal ek die Jakkie moet roep, inhardloop en verwurg en eks lankal nie meer vreeslik fiks nie.

Re: Potch Kursus

Posted: Tue May 31, 2011 10:42 am
by Michiel(MCR)
Michiel en Chrisjan stel belang.

Groete.
Michiel.

Re: Potch Kursus

Posted: Tue May 31, 2011 11:07 am
by BLOK
Dit maak dit saam met my al 4 so as ons nog so 4 manne bymekaar kry wat ek glo ons sal dan kan dit gereel word. Ek sal vir Jacques kontak en by hom hoor watter datums hom sal kan pas.

Blok.

Re: Potch Kursus

Posted: Tue May 31, 2011 6:08 pm
by Pvdw
Blok ek stel belang. Potch is darm nie land uit van Pretoria nie ;)

Ek weet dis nog vroeg in die beplanning maar as dit moontlik is kan ons dit beplan vir na Augustus ??? ??? ??? Ek is woes vol geboek vir allerhande goed.

Peet

Re: Potch Kursus

Posted: Wed Jun 01, 2011 8:59 am
by BLOK
Peet

dit kan gereel word Dawid het ook gevra vir dan so ek sal met Jacques kontak maak en hoor of dit hom sal pas.

Blok

Re: Potch Kursus

Posted: Thu Jun 02, 2011 9:33 am
by BLOK
Ek het met Jacques gepraat en die man se enige naweek in Augustus behalwe die 12-14'e, en ons herlaai kursus is die 19'e, Dws die enigste datum sal wees die naweek van die 5de of 26ste. Sy kostes vir die kursus sal R350 wees per persoon en hy reken as ons agt manne is dan kom hy.

Laat weet hoe voel julle oor die datums.

Blok

Re: Potch Kursus

Posted: Thu Jun 02, 2011 12:22 pm
by Michiel(MCR)
Die 5de of die 26ste pas ons ewe goed.

Groete.
Michiel.

Re: Potch Kursus

Posted: Thu Jun 02, 2011 12:25 pm
by Pvdw
"No go" vir Augustus :P :P :P :P ??? ???  Ek is vol vir die hele maand. Sal eers kan kyk as dit in September is.

Peet

Re: Potch Kursus

Posted: Thu Jun 02, 2011 12:44 pm
by BLOK
Peet ek sal graag wil he jy moet ook kom. Ek dink julle almal moet my die datums vir Junie en Augustus wat julle kan stuur dan kyk ek wat pas ons die beste.

Blok

Re: Potch Kursus

Posted: Thu Jun 02, 2011 1:03 pm
by Michiel(MCR)
September sal ons ook pas,ek glo nie ons sal n probleem he om by enige datum in tepas nie ;)

Groete.
Michiel.

Re: Potch Kursus

Posted: Thu Jun 02, 2011 7:39 pm
by Pvdw
Eerste en 2 de naweek in Julie. Enige naweek in Sept net nie te naby die 11de nie, dan wil vrou lief huwiliks herdenking vier-Dink julle sy sal , 22-250 laaik vir 18 de herdenking :angel: :angel: :angel: :angel:-

Re: Potch Kursus

Posted: Thu Jun 02, 2011 9:51 pm
by Jagtersdok
verseker Peet met jou naam op gegraveer. ;D

Re: Potch Kursus

Posted: Fri Jun 03, 2011 6:25 am
by Dawid
Blok ek stem ook vir n tyd in September

Re: Potch Kursus

Posted: Fri Jun 03, 2011 7:51 am
by BLOK
Nou maar gaaf kerels dan reel ons dit vir september, julle moet nou net genoeg manne bymekaar kry.

OP die stadium staan sake so.


Peet
Dawid
Peet se seun
Michiel 
Chrisjan
Andre (jassie)
Andre se seun
En dan ek.

Ek wil net onder julle aandag bring dat ons meer as 8 moet wees, maar maksimum newat try my daars plek vir almal.

Blok

Re: Potch Kursus

Posted: Fri Jun 03, 2011 7:56 am
by Geno
Dalk slat ek ook uit...

Re: Potch Kursus

Posted: Fri Jun 03, 2011 8:11 am
by BLOK
Geno ek is nie so mal oor manne wat besluiteloos is nie, hulle laat my te veel dink aan n vrou in n mall wat n paar skoene moet kies.  ;D ;D

Wat ek nou daarmee bedoel is so ons reken jou ook dan in, is mos hoogtyd dat ek jou ook leer ken.

Blok

Re: Potch Kursus

Posted: Fri Jun 03, 2011 8:15 am
by Geno
Maar ons sal mekaar mos om 'n bottie Skotse hoogland-koffie leer ken daar by Wout. Ja ok, dan is ek in!
Ek wil hoeka by JB hoor hoe werk die klank wat ek hom gestuur het.

Re: Potch Kursus

Posted: Fri Jun 03, 2011 8:24 am
by BLOK
Aitsa

Dis mos wat ek wil hoor, dan kan ons mos maar die Saterdag aand na die kursus nog n skottie vat. ;D

Blok

Re: Potch Kursus

Posted: Fri Jun 03, 2011 8:29 am
by Dawid
Blok jy moet asb my seun ook bysit, dis mos more se generasie wat vandag al moet begin leer.

Sien hoeka daar`s ander jongmanne wat ook gaan.

Re: Potch Kursus

Posted: Fri Jun 03, 2011 8:35 am
by BLOK
Dawid

Ek maak so, is net bekommerd hulle raak meer as ons en jy weet mos jong manne kan ou manne seermaak. ;D

Blok

Re: Potch Kursus

Posted: Fri Jun 03, 2011 5:17 pm
by Pvdw
Blok daai 2 boog jagters wat jy iemand voor soek om uit te vat, wat van hulle, gaan hulle ook daar wees 8) 8) 8) 8) 8) Dan het ons mos genoeg jagters daar. Wel as daar nie genoeg was nie glo ek daar sal genoeg wees as jy daai 2 ook nooi ;) ;) ;) ;D ;D

Nou na die kalender gekyk. 3, 17 en 24 September sal pas.

Peet

Re: Potch Kursus

Posted: Sat Jun 04, 2011 5:39 am
by Dawid
Blok is reg die jongmanne moet maar hulle beste gee, ek slaan en hardloop nie meer nie....ek skiet en stap. :)

Pvdw as daai boogjagters ook daar is stuur ek my seun huistoe.......eks lankal noggie reg om n Oupa genoem te word nie. :laugh:

Re: Potch Kursus

Posted: Mon Jun 13, 2011 9:45 am
by BLOK
Ek sien Jacques is terug daar van Koueland af so miskien kan hy sommer self kom se waneer die kursus hom die beste sal pas.

Mr Botha

Ons wag almal vir jou om te se waneer in September jou die beste gaan pas.

Blok

Re: Potch Kursus

Posted: Mon Jun 13, 2011 7:58 pm
by Problem Animal Control
Blok

Kan julle nog 2 manne akkomodeer????? Asb laat weet my,dis n kans wat ek nie wil mis nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!