Page 1 of 1

Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Tue Sep 29, 2015 9:23 am
by Dwight375
Manne

Vir die wat belang stel, VLT kry woensdag 3 x 6.5 creedmor ( Varminter ) en nog nie een van hulle is op bestelling of verkoop nie.

Die verkoopsman het gepraat van R10900 met die hogue kolf en dan R11900 met die lamintae weergawe.

Hoop dit help.
Groete

Re: Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Tue Sep 29, 2015 9:56 am
by JAGTERSREG-JRM
Dit is die 6.5x55 wat land nie Creedmor nie. Bevestig met Rep

Re: Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Tue Sep 29, 2015 10:01 am
by Dwight375
Dankie Kobus

Ek het gister met Dan gesels en hy het die informasie so deur gegee.


Groete

Re: Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Tue Sep 29, 2015 10:17 am
by FHM
Dwight375 wrote:Manne

Vir die wat belang stel, VLT kry woensdag 3 x 6.5 creedmor ( Varminter ) en nog nie een van hulle is op bestelling of verkoop nie.

Die verkoopsman het gepraat van R10900 met die hogue kolf en dan R11900 met die lamintae weergawe.

Hoop dit help.
Groete
Dwight wil net seker maak of ek agter is op n nuwe produk - wat is 'lamintae' kolwe? Of het jou vinger geglip?

Re: Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Tue Sep 29, 2015 10:19 am
by Henry
JAGTERSREG wrote:Dit is die 6.5x55 wat land nie Creedmor nie. Bevestig met Rep
Sover ek weet kom die 6.5 X 55 Swede nie in Varminter model uit nie. Sover was dit lokaal nog net 223, 22-250 en 308 gewees. Die 6.5 Creedmoor sou die nuwe een wees wat bykom.

EDIT: Daar is sprake dat die 6.5 Grendel ook later gaan bykom.

Re: Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Tue Sep 29, 2015 10:24 am
by JAGTERSREG-JRM
Volgens die rep wat die bestellings plaas vir VLT is dit die 6.5x55 wat inkom en nie die Creedmor nie. Nie gevra wat die konfigerasie is nie. Die Creedmor kom eers volgende jaar in.

Re: Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Tue Sep 29, 2015 10:28 am
by Henry
JAGTERSREG wrote:Volgens die rep wat die bestellings plaas vir VLT is dit die 6.5x55 wat inkom en nie die Creedmor nie. Nie gevra wat die konfigerasie is nie. Die Creedmor kom eers volgende jaar in.
OK, hoop net die Rand sien nie sy gat nog verder nie, anders is my hele Kersbonus daarmee heen. Ek wag geduldig, en ek hoop hulle bring genoeg in, anders gaan die boervolk mekaar aanvat by die wapenwinkels vir een.

Re: Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Tue Sep 29, 2015 12:47 pm
by FHM
Jislaaik die is darem n YSTER creedmore!
Pragtig!

Re: Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Tue Sep 29, 2015 12:50 pm
by Jean Marais
Henry wrote:
JAGTERSREG wrote:Dit is die 6.5x55 wat land nie Creedmor nie. Bevestig met Rep
Sover ek weet kom die 6.5 X 55 Swede nie in Varminter model uit nie. Sover was dit lokaal nog net 223, 22-250 en 308 gewees. Die 6.5 Creedmoor sou die nuwe een wees wat bykom.

EDIT: Daar is sprake dat die 6.5 Grendel ook later gaan bykom.
Jy's 100% reg. Nogal 'n jammerte, maar die Creedmoor gaan mooi loop.

Re: Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Tue Sep 29, 2015 2:48 pm
by JohanvB
Hoe beskikbaar is doppe en koeëls vir die 6.5 Creedmore?

Re: Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Tue Sep 29, 2015 2:55 pm
by Capt. Yoda
Hornday doppe is taamlik beskikbaar en jy kan 308 doppe ook gebruik as jy wil, koels is maar so beskikbaar soos die ander koele nou is aka jy moet maar koop as jy sien. Klaar gelaaide rak ammo is ek nie seker oor nie

Re: Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Tue Oct 13, 2015 7:22 am
by Gerhardu
More manne. het iemand al enige nuus oor die roer? My gat jeuk man!!!

Re: Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Wed Nov 04, 2015 3:01 pm
by Capt. Yoda
Ek het nou net n mail van die kooperasie gekry wat se hulle het stock van die Howa in 6.5C

HOWA 6.5 CREEDMOOR in stock @ R 9 500 VAT incl
• 24inch Varminter barrel
• 1-8 twist rate
• Blue only
• Black Hogue (synthetic) stock ONLY

Re: Howa 6.5 Creedmor - VLT

Posted: Wed Nov 04, 2015 3:02 pm
by JacquesT (Stompe)
Ek het hom ook sopas gekry. Lyk my, my vrou se kersgeskenk gaan nie heeltemal Parfuum wees nie.