Page 1 of 2

XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 9:43 am
by Arnold
Net om vir die manne te laat weet dat ons 'n laaste skiet vir die jaar gaan hou. Hierdie gaan nie 'n amptelike kompetisie wees nie maar eerder 'n oefening/opleiding/bekendstelling aan langafstand skiet.

Span inskrywings gaan nie nodig wees nie. Deel van die baan sal beskikbaar wees vir oefening en deel sal gebruik word vir opleiding/demonstrasie.
So as jy nog altyd wou maar 'n skietmaat het nie, jou toerusting wil kom toets of 'n bietjie meer leer oor hoe om jou skote op teiken te kry is dit die geleentheid vir jou.
Plekke is beperk so besluit solank of hierdie vir jou is.

Agv wat als op die dag gaan/moet gebeur sal ons later eindig as gewoonlik.

Ek sal in die week die uitnodiging met meer detail epos so as jy nognie op my epos lys is nie laat weet my by arnold @ xsssa.co.za

Vir die wat nie weet nie, ons het 'n Facebook bladsy asook 'n YouTube kanaal.



Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 10:09 am
by Riaan Kriel
Gaan nou e-pos stuur.

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 12:03 pm
by Pinkes
Arnold..

Kan jy ons meer vertel(fotos ook asb) hoe daai gong werk saam die liggie wat flikker asb? Wil graag so een vir my ook bou.

Groete
P

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 12:23 pm
by Arnold
Daardie is my IP aangesien daar taamlik ontwikkelingstyd ingegaan het ;)

Jy kan wel sulke stelsels oorsee koop en invoer. Baie manne gebruik ook kameras met wifi antennas en daar is ook komersieële stelsels beskikbaar, vir ons kompetisie is daardie stelsels egter nie voldoende nie of eenvoudig net te duur.

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 12:54 pm
by Pinkes
Gou gegoogle sien dis darem nie so moeilik nie.Maar sal liewers by "my" patent bly van om 2 fone(het dit darem kla so niks addisionele kostes nie) te gebruik met 'n baby monitor(R54) app om die skote te sien...(-:

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 1:00 pm
by Nickvn
Waar skiet julle Arnold?

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 1:04 pm
by Arnold
Pinkes
Daai is 'n interessante oplossing, dit is nie moeilik om so tipe oplossings te prakseer nie en jou spesifieke situasie sal bepaal van watse hulpmiddels jy gebruik kan maak. Die omgewing waar ons skiet, die afstande en die logistiek/tydsduur van die kompetisie het 'n groot invloed gehad op die oplossing wat ek het.

Nickvn
Ons skiet buite Prins Alfred Hamlet (naby Ceres in die Kaap)

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 3:27 pm
by Mellies
Pinkes teen die regte prys sal ek naby aan jou teikens kom sit en luister...as jy dalk vir my n mag-light of iets het vir die oefening! ;) ++>: ++>: ++>:

Met n vleisie...

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 3:32 pm
by Nickvn
Thanks Arnold, dis mooi daar, maar bietjie ver .....

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 3:46 pm
by Pinkes
Die app gee klank en live video streaming... werk deur 3G sein.. En die data is baie min wat gebruik word op so skiet sessie.

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 3:59 pm
by Arnold
Pinkes wrote:Die app gee klank en live video streaming... werk deur 3G sein.. En die data is baie min wat gebruik word op so skiet sessie.
As jy opvangs het werk dit seker goed, ons sessies is so tussen 7 en 9 ure lank so battery leeftyd op 'n foon wat heeltyd stream sal ook sekerlik 'n issue wees ;)

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 4:05 pm
by Pinkes
Vir julle sal dit 'n problem wees!! maar vir my werk dit.En ek het ook darem 'n ekstra battery pack wat saam loop vir ingeval.

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 5:40 pm
by Capt. Yoda
Mellies270 wrote:Pinkes teen die regte prys sal ek naby aan jou teikens kom sit en luister...as jy dalk vir my n mag-light of iets het vir die oefening! ;) ++>: ++>: ++>:

Met n vleisie...

Ek het hom gese ons moet eder net n man kry wat da in die land le en vir ons watsaps stuur oor wat voor aan gaan ma hy was bang sy 6.5C hardloop uit sous uit hier by 1500y dan val die man naand raak

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 5:56 pm
by Mellies
Capt. Oblivious wrote:
Mellies270 wrote:Pinkes teen die regte prys sal ek naby aan jou teikens kom sit en luister...as jy dalk vir my n mag-light of iets het vir die oefening! ;) ++>: ++>: ++>:

Met n vleisie...

Ek het hom gese ons moet eder net n man kry wat da in die land le en vir ons watsaps stuur oor wat voor aan gaan ma hy was bang sy 6.5C hardloop uit sous uit hier by 1500y dan val die man naand raak
;D ;D ;D

Eks bly iemand dink ook soos ek kaptein! ;) :laugh:

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Sep 28, 2015 6:49 pm
by LRLaubscher
Ek is daar

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Thu Oct 01, 2015 12:36 pm
by Arnold
Dit lyk my ek kry nie tyd om die epos uit stuur nie ... hopelik vanaand.

Hierdie is egter die voorlopige beplanning/detail:

Load development for Long Range (no detail, will be discussed in passing to make you aware of this)
  • Bullet selection
  • Case preparation
  • Load / velocity
  • Accuracy vs. consistency
External ballistics (more detail and how do you apply this in the field using software)
  • Humidity
  • Pressure
  • Temperature
  • Wind
Shooting from a bipod (Discussion / demonstration & practice)
  • Bipod design
  • Rear bag
  • Technique
Competing in an XSSSA event (Discussion / demonstration & possible practice)
  • Equipment requirements
  • Time limits
  • Spotter’s responsibilities
  • Shooter’s responsibilities
  • Team dialog
Shooting demonstration / practice
  • Zero @ 100m
  • 200mm Gong @ +-300m
  • 300mm Gong @ +-500m
  • 500mm Gong @ +-800m
  • The rest of the range will also be available for practice.
We will start 08:00 am sharp, break for a 30 min lunch (provided), carry on with training and ending with a bring and braai (debrief of the day)
Cost will be R250 per person (limited entries, max of 30 people)

Training will be done by myself and two of the Top shooters in the XSSSA series (Jaco van Tonder & Paul Dreyer)
This will not be a demonstration type event only and you will get the opportunity to practice what you have learnt under the helpful eye of an experienced shooter.

Location/Map: Outside Prins Alfred Hamlet

If you have not done so already please send me your email address so you receive the entry form.
arnold @ xsssa.co.za

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Thu Oct 01, 2015 12:52 pm
by Riaan Kriel
Dit klink baie interessant en baie leersaam. Ek sou bitter graag wou bywoon maar die SAJWV-kongres is ook op 7 November. :( en tweedens is dit effe ver hier vanaf Lichtenburg.

Dalk moet julle 'n video-opname maak van die besprekings en dit teen 'n billike bedrag verkoop aan die wat dit graag sou wou bywoon maar weens omstadighede dit nie kan maak nie. Ek sal verseker belangstel in so 'n leersame video/dvd ;)

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Thu Oct 01, 2015 1:17 pm
by Boomstomp
Ek is defnetief daarso!! Sleep nog 'n vriend saam!

EDIT:
Moet ons 'n bi-pod op ons gewere hê? Ek skiet gewoonlik oor rugsak as ek lê, maar kyk al tydjie na 'n bi-pod.

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Thu Oct 01, 2015 7:33 pm
by Arnold
Jy kan oor 'n rugsak skiet as jy wil.

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Thu Oct 01, 2015 7:34 pm
by Arnold
OK die kennisgewing is uitgestuur. as jy dit nie gekry het nie kontak my gerus by arnold @ xsssa.co.za

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Fri Oct 02, 2015 7:51 am
by Riebeeker
Arnold hou vir my n plek asb

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Fri Oct 02, 2015 5:15 pm
by Arnold
Hallo Andre, soos per die epos bevestig betaling jou plek ;)

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Fri Oct 02, 2015 8:18 pm
by Gian_dP
Betaling gemaak - GJdP.

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Mon Oct 05, 2015 8:52 pm
by Arnold
5 plekke is nog oop vir die opleiding

Re: XSSSA - 7 November 2015

Posted: Tue Oct 06, 2015 8:42 pm
by Arnold
Inskrywings is toe, dankie vir die belangstelling.