Page 1 of 1

Pa se R200 biltong maker

Posted: Mon May 30, 2011 10:55 am
by Jagtersdok
Komponente

1) Locker wat die mense weg wou gooi.
2) Extractor fan (Builders Warehouse R149.95)
3) 3meter Electriese draad (Builders Warehouse R19.95)
4) Electriese skakelaar (Builders Warehouse R10.95)
5) Driepunt plug  (Builders Warehouse R14.95)

Moes toe maar paar stukkies topside en bietjie dun wors by die slahhuis kry om te toets.
En ja hy loop soos 'n ..... met 'n mop met splinternuwe Nikes aan ;D

[img width=360 height=480]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ge0136.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ge0137.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ge0139.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ge0138.jpg[/img]

Re: Pa se R200 biltong maker

Posted: Mon May 30, 2011 11:29 am
by BLOK
Dok

Baie mooi, ek het self so paar jaar terug vir iemand een gebou uit een van daai bruin dubbeldeur staan kantoor kaste. Wk het twee ou waaiers gehad wat rondgele het en hulle sommer onderstebo bo op vasgeskroef.

Daai fan van jou blaas hy of suig hy want ek het destuds agtergekom dat nadat ek paar 20mm gate onder in die kante geboor het vir die wind wat afblaas om deur te trk die vleis nog baie viniger droog word.

Weereens baie mooi gedoen

Re: Pa se R200 biltong maker

Posted: Mon May 30, 2011 11:31 am
by Geno
Dok Neels,
Mooi man!
Wanneer kry ons 'n proe-stukkie?

Groete,
Eugene

Re: Pa se R200 biltong maker

Posted: Mon May 30, 2011 11:36 am
by BLOK
Geno ek laaik  ;D ;D

Re: Pa se R200 biltong maker

Posted: Mon May 30, 2011 12:30 pm
by Jagtersdok
Hy blaas af, suig vars lug van buite af in.

Ek wil nog sulke gate maak

Re: Pa se R200 biltong maker

Posted: Mon May 30, 2011 10:17 pm
by Wouter Roets
Dok

Lyk my jy het darm nie net sit en forum speel in jou tydjie by die huis nie. Mooi man! Ons moet hom nou net vol kry in Julie maand!

Groetnis
Wout

Re: Pa se R200 biltong maker

Posted: Tue May 31, 2011 3:05 pm
by blaser
moet hy nie nog n heater element in kry nie

Re: Pa se R200 biltong maker

Posted: Tue May 31, 2011 3:10 pm
by BLOK
Mens kan n heater element insit maar ek hou nie daarvan nie die biltong het dan altys vir my so gaargemaakte smaak, ek voel die wind wat hom droog blaas is baie meer natuurlik as om hom met warm lug gaar te maak. Maar smaak verskil en wat vir my minder lekker is, is moontlik vir n ander man weer dalk baie lekker

Re: Pa se R200 biltong maker

Posted: Tue May 31, 2011 3:59 pm
by Jagtersdok
Baas Wout

Danksy goeie vriende soos jy sal dit die jaar Julie vir my beskore wees.

Remington

Dis soos blok s? jy kan heater element insit, maar daai gaan jou kostes kwaai op jaag aan die eenkant en ek is ook nie mal oor die smmak nie, ek oorweeg dit egter om dalk Infra red heating lamp in te sit en so dalk nie daai gaarmaak smaak te kry nie, maar wel die droog proses te bespoedig.

Maar jy die droewors is droog(3 dae)
Biltong sal nog so 2 dae vat (5dae)

Re: Pa se R200 biltong maker

Posted: Thu Jul 07, 2011 3:55 pm
by Lourens
Netjies Dok Neels, baie netjies..... Daai is net die regte medisyne om te sorg dat 'n man 'n lekker stukkie biltong het om in die koue voor die kaggel te sit en eet.... Well done!!

Groete,
Rooijakkals

Re: Pa se R200 biltong maker

Posted: Thu Jul 07, 2011 8:19 pm
by Spanner
Dok, het jy fyn gaas bo-oor die waaier se inlaat ?  Ek het een maal so toets gedop - die waaier het 'n klomp brommers "ingesuig".  Nie iets wat ek wil herhaal nie... :-X Ek hou van die idee dat die waaier af blaas in die kas in en nie op suig nie - dan is daar heeltyd positiewe druk in die kas wat help as die deur nie 100% geseel is nie.  Die goggas en goeters kan dan baie moeilik inkom.  Maak net seker dat jy altyd plastiek onder in die kas sit, daai bloederige vloeistof laat metaal vreeslik erg roes - selfs al is hy goed geverf.  Daai kas kan sommer baie biltonge hou , man ! Baie netjies gedoen - hy vat ook baie min spasie !  En jy kan hom nog toesluit ook om onnodige belangstelling af te weer  ;D

Re: Pa se R200 biltong maker

Posted: Thu Jul 07, 2011 8:38 pm
by Jagtersdok
Ek het so fyn gaas daaroor ja.

Ag hy werk en hopelik na die naweek by Baas Wout kan ons hom bietjie opstock

Dankie vir die komplimente

Re: Pa se R200 biltong maker

Posted: Sun Jul 10, 2011 10:17 pm
by .::Alwyn-U::.
Bakgat!