Page 1 of 1

Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Tue Sep 22, 2015 4:56 pm
by Chevvy SS
Ek is op soek na 'n goeie BC koeël vir bogenoemde, hoofsaaklik vir springbok, maar as daar iets groters verbykom moet ek dit met vertroue kan aanvat. Ek kyk na 140g koeëls.

Wat gebruik julle asb?

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Tue Sep 22, 2015 5:03 pm
by tripodmvr
Chevvy - konvensioneel of mono?

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Tue Sep 22, 2015 5:38 pm
by JPS
Chevvy,

Afstand wat gejag gaan word gaan bepalende faktor ook wees, het swart wildebees met die 140gn Amax koeëls geskiet die jaar op so 500yards en koeël is regdeur op klein bietjie quartering skoot.

So vir langer afstande werk die amax baie goed vir my vir blad skote en nader skote skiet ek maar kop met hulle. Ek persoonlik sal hulle nie gebruik vir 200m skote op die blad nie.

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Tue Sep 22, 2015 7:25 pm
by Carel Kolesky
129gr HORNADY INTERBOND werk vir my

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Tue Sep 22, 2015 8:18 pm
by Chevvy SS
Oom Driepoot, ek het eers met Barnes in my 7mm en 300WM geskiet, maar daarvandaan wegbeweeg na ek 'n springbok in die nek geraps het met die 7mm en nie been getref het nie. Dit was 2 klein gaatjies wat volgens my die nodige effek gehad het nie. Ook met 'n gemsbok waar die koeël dwarsdeur was agter die blad met die 300WM toe ek nie been getref het nie .Miskien is ek bevooroordeeld, maar dis my gut feeling op die oomblik.

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Tue Sep 22, 2015 8:44 pm
by Capt. Yoda
Wat van n lekker 130gr Berger VLD of as jy nie van die manier hou hoe Berger se jag koels werk nie dalk n 130gr Swift Scirocco

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Wed Sep 23, 2015 8:40 am
by Doomslayer
140gr accubond

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Wed Sep 23, 2015 8:42 am
by CarelG
Doomslayer wrote:140gr accubond
As jy kan kry :-[

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Wed Sep 23, 2015 8:52 am
by Smirre
140 sst?

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Wed Sep 23, 2015 9:08 am
by Sako75
Ek wonder self vir my 260 oor dit.

Ek mik-mik na 120gr Nosler Partition?

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Wed Sep 23, 2015 10:00 am
by Chevvy SS
140 gr Match Grade VLD Hunting .264 140 G1 0.612 0.313

Lyk vir my goed!

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Wed Sep 23, 2015 7:43 pm
by JPS
Chevvy SS wrote:140 gr Match Grade VLD Hunting .264 140 G1 0.612 0.313

Lyk vir my goed!
Vriend van my gebruik hulle en hy het goeie sukses met hulle.

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Thu Sep 24, 2015 9:38 am
by Capt. Yoda
Berger se koels vat net so bq van n ander benadering as jy jag maar ek hou nogals van hoe hulle werk.Lekker styf agter die blad of lekker laag op die blad en hy val soos Jannie in n scrum teen Wallis.

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Thu Sep 24, 2015 12:43 pm
by Doomslayer
'n Vriend het vir my verlede week 140gr 6,5mm accubonds gekoop by Safari And Outdoor in Pretoria - so miskien is daar weer bietjie voorraad in.

Re: Goeie jagkoeël vir 260 Remington

Posted: Thu Sep 24, 2015 3:37 pm
by Arnold
Ek was vandag by S&O Stellenbosch en daar was 6 pakkies van die 140gr Accubonds op die rak ...