Page 1 of 1

Hoe om jou maksimum lading/druk te benader?

Posted: Mon Sep 21, 2015 10:00 am
by Capt. Yoda
Yes Manne, ek plaas die hier want ek dink die ouens wat langer afstand skiet werk dalk meer in die rooilyn

Ek is nie lekker seker hoe om die vraag te vra nie maar ek gaan probeer.

Hoe bepaal n mens jou Maks VEILIGE lading vir n spesifieke koel in n spesifieke roer of anders gestel hoe benader ek die maksimum lading wat Quick load vir my gee?
Ek weet om jou geweer heeltyd teen maks druk te skiet is nie altyd die beste nie maar partykeer wil mens die roer tot sy Maks gebruik veral as mens anderkant 1000y begin skiet.

Nou kom ek stel dit so is die maks druk wat Quick load vir my gee die goue/rooi streep wat ek nie oor moet gaan nie en kan ek nog met n rustige hart my geweer skiet as ek net net onder maks druk met my lading is?
Quick load gee my 2 nodes met n 105gr Berger en S385 wat ek "kan" gebruik.

Die eerste een wat ek na kyk is op 52626psi (Maks druk is 60191psi)

Die 2de een is op op 59933psi (Maks druk is 60191psi) en so 130fps vinniger as die eerste node. Nou 130fps is seker nie baie nie maar vir die afstand wat ek beplan om te skiet gaan elke 10fps my help

Gebruik ek maar net QL en werk stadig op na my maks lading van dan nou 59933psi en kyk of ek die akuraatheid kan kry wat ek soek? Soos ek se die sal net vir ELR wees so sal nie die lading wees wat ek heeltyd in daai geweer skiet nie maar ek wil dam net weet ek sal nog veilig kan aan gaan selfs as die temp op die baan bq hoer is as toe ek die lading gecrony het. Wat ek seker eintlik wil weet is het ek nog bq van n buffer na daai Maks rooi lyn in Quick Load of is dit die absoliete maksimum wat ek nie verby moet gaan nie?

Re: Hoe om jou maksimum lading/druk te benader?

Posted: Mon Sep 21, 2015 3:26 pm
by Fritz
Ek sal 'n lading wat selfs net oor die QL maksimum is skiet mits my doppe dit hou. Die pockets moet nie los raak na slegs 'n paar skote nie, ek wil nie extractor pin&groove merke op my dop sien nie en my doppe se basis moenie so vrek baie uitsit dat ek sukkel met extraction nie.

Re: Hoe om jou maksimum lading/druk te benader?

Posted: Mon Sep 21, 2015 3:30 pm
by Nico van Gijsen
In beskeidenheid:
Ken nie van QL nie. Speel nie "computer games"nie.
Glo ook nie aan maksimum spoed probeer kry nie - glo net aan akkurate ladings en dan oefen ek tot ek weet waar hy tref; dan hoef ek net afstand reg te skat / lees. Ekstra 100 of selfs 300 vt/sek maak geen praktiese verskil nie.
Om meer direk op jou vraag te antwoord: ek sal - as ek nou regtig die spoed MOET jaag - stadig opwerk tot ek druktekens op die dop sien en dan halfgrein sak. Maklik en veilig.
Maar speel bly lekker, geniet dit.

Re: Hoe om jou maksimum lading/druk te benader?

Posted: Mon Sep 21, 2015 3:44 pm
by Riebeeker
Miskien kan die slim manne antwoord watter verskil maak 'n 5 grade Celsius verandering in drukvlakke.

Re: Hoe om jou maksimum lading/druk te benader?

Posted: Mon Sep 21, 2015 3:57 pm
by Ben
Ek verstaan die maks druk scenario as volg, het vanoggend die gesprek met oom Pierre gehad.

Die idee is om die maksimum groote ammunisie in die minimum groote kamer te skiet, as dit sin maak.
SABS proefhuis neem die maksimun druk en tel 33% by. Dis wat geproef word.
Die idee vir die eind gebruiker is dat as jy naby aan maks druk skiet, indien jy 10 skote skiet, moet jou gemiddeld oor die 10 skote onder maksimum wees.

Re: Hoe om jou maksimum lading/druk te benader?

Posted: Mon Sep 21, 2015 4:47 pm
by tripodmvr
Moderne gewere is baie sterker as wat ons dink. Proefhuise gebruik 70-80K psi om gewere te proef. Doppe word egter so beskadig dat dit onbruikbaar is. Weet van toetse tot 110K psi waar die aksie nog nie beskadig word nie. Die dop is dus die "swak" skakel synde dit van Brass is en die kop van die dop slegs teen die slot druk en nie geheel deur die kamer ondersteun word nie.

Moderne drukvlakke vir ammunisie kan tot so hoog as 65K vir die 270 en ander kalibers. Aanhoudende gebruik teen daardie vlak sal moontlik ook jou dopleeftyd inkort. Die dop se uitsetting en leeftyd gaan dus bepaal of jy die druk prakties te hoog maak. Vir algemene gebruik is die 60K merk dus 'n maklike en veilige rooi lig.

Vir julle manne wat wil vêr gooi - jul herlaai vaardigheid en toerusting moet van so aard wees dat jy die dop uitsetting kan monitor en ook daarop kan let as jou slagdopkamer begin rek.

Kaptein, my aanbeveling sal wees om die top node te beproef en kyk wat vertel jou doppe jou by 60K. Uitsetting van meer as 0,004 duim dui op oordruk.

Laai veilig - caveat emptor

Re: Hoe om jou maksimum lading/druk te benader?

Posted: Mon Sep 21, 2015 4:52 pm
by LoopSoosStroop
Maak hom warm pappie.

Ek sal meer besorgd wees oor my brass as die druk. As brass hou teen daardie 95% of self 105% punt, sal ek gooi.

Re: Hoe om jou maksimum lading/druk te benader?

Posted: Mon Sep 21, 2015 6:25 pm
by tripodmvr
Die Bisley manne kan miskien hier inkom. Ou geweersmid wat ernstig Bisley geskiet het, het aan my genoem dat hy 'n kort (300-600m) en 'n langafstand (700-900m) lading gebruik het. Hulle het met praktiese ladingaanpassing van 0,2gr inkremente die nodes gekry. Die laer spoed node is dan vir kort afstande gebruik.

Re: Hoe om jou maksimum lading/druk te benader?

Posted: Tue Sep 22, 2015 8:24 am
by Capt. Yoda
Manne dankie vir die antwoorde dit help baie. Ek gaan maar kyk wat die doppe maak as ek hom bq warem maak, soos ek se die is nie vir elke naweek tyken skiet nie maar vir n 1760y skoot of 10 wat ons wil probeer.Die spoed gaan my nie baie help op daai ver afstand as dit nie akuraat is nie maar die ekstra spoed en die propvol dop het n paar voordele vir my op daai afstand. As dit lyk of ek te veel druk kry sal ek maar net die laer node gebruik wat ek klaar weet akuraat is.

Oom Marius as Oom se
"Kaptein, my aanbeveling sal wees om die top node te beproef en kyk wat vertel jou doppe jou by 60K. Uitsetting van meer as 0,004 duim dui op oordruk" bedoel Oom die uitsetting agter op die web area?

Extractor merke op die dop gesig en dan natuurlik n dop wat moeilik uit kom sal ook die oefening tot n stop laat kom!

Re: Hoe om jou maksimum lading/druk te benader?

Posted: Tue Sep 22, 2015 8:35 am
by tripodmvr
Capt. Oblivious wrote: Oom Marius as Oom se
"Kaptein, my aanbeveling sal wees om die top node te beproef en kyk wat vertel jou doppe jou by 60K. Uitsetting van meer as 0,004 duim dui op oordruk" bedoel Oom die uitsetting agter op die web area?
Korrek, net voor die uittrekgroef waar die kamer die minste ondersteun.

Re: Hoe om jou maksimum lading/druk te benader?

Posted: Tue Sep 22, 2015 10:43 am
by Capt. Yoda
Dankie Oom ek hou hom dop