Page 1 of 1
Nuwe battery
Posted: Mon Sep 21, 2015 9:47 am
by Gabriel Lewis
My Fortuner se battery het n dooie sel en ek sal hom moet vervang. Wat stel julle voor moet ek kry?
Re: Nuwe battery
Posted: Mon Sep 21, 2015 9:48 am
by VdWalt
'n Nuwe battery.....?
Re: Nuwe battery
Posted: Mon Sep 21, 2015 9:51 am
by Arnold
As jy jou Fortuner gaan vervang kan jy kyk na Ford maar dit klink of hulle ook maar dooie batterye kry met die tyd saam ...
Re: Nuwe battery
Posted: Mon Sep 21, 2015 10:10 am
by Gabriel Lewis
Ek wil die battery vervang maar is nie seker oor wat die beter maak sal wees nie.
Re: Nuwe battery
Posted: Mon Sep 21, 2015 6:49 pm
by JK
Rayite AGM , net nie n ford nie , hulle parte is te duur.
Re: Nuwe battery
Posted: Mon Sep 21, 2015 7:06 pm
by tripodmvr
Ek het onlangs hier by ons Koreaanse batterye aangekoop wat deur American Batteries versprei word. Kyk bietjie na hul pryse. dink daar is 2 jaar waarborg.
Ek het vanjaar 'n Varta battery in my 1.9 diesel Polo vervang wat amper 10 jaar gehou het. Het hom eenmaal tydens reis na Australia heeltemaal laat pap word. Selfs dit het hom nie laat verswak nie.
Re: Nuwe battery
Posted: Mon Sep 21, 2015 7:56 pm
by Jackalsniper
Varta
Re: Nuwe battery
Posted: Mon Sep 21, 2015 7:59 pm
by Cobus(Cobb)
Varta is goed, Deltec my favourite...
Duracel kom uit met 30maande waarborg
Re: Nuwe battery
Posted: Mon Sep 21, 2015 8:10 pm
by Apie
Dit maak nie saak watse battery jy vat nie.
Hulle almal hou net so 2 maande langer as wat die waarborg is...
Re: Nuwe battery
Posted: Mon Sep 21, 2015 8:39 pm
by .223 JAGTER
Koop Willard 25 maande waarborg en is goeie handelsnaam vir my kry ek beter diens 4 jaar gem.Die geheim is maar hou water reg en moet nie batterye omruil vir ander voertuig nie
Re: Nuwe battery
Posted: Mon Sep 21, 2015 9:06 pm
by Polla1983
Stem met Varta. Het 2 weke terug vervang op vrou se bmw, daai bat het 9 jare gehou! Alhoewel hulle bietjie duurder is, is dit verseker elke sent werd.
Re: Nuwe battery
Posted: Mon Sep 21, 2015 9:39 pm
by JohanvB
Varta
Re: Nuwe battery
Posted: Tue Sep 22, 2015 12:27 pm
by Gabriel Lewis
Nuwe Varta is in en nou ry die kar sommer vinniger ook
Dankie aan almal wat voorstelle gemaak het!
Re: Nuwe battery
Posted: Tue Sep 22, 2015 12:49 pm
by blaser
90% van battery is die selfde net die casing wat verskil
Re: Nuwe battery
Posted: Tue Sep 22, 2015 1:03 pm
by win270
Hoop die Varta is goed vasgedraai!

Re: Nuwe battery
Posted: Tue Sep 22, 2015 1:27 pm
by Gabriel Lewis
Sal nie weer my trokke "Jumpstart" met Fortuner nie...
Re: Nuwe battery
Posted: Tue Sep 22, 2015 3:15 pm
by tripodmvr

Sleep hulle liewers aan die brand
Re: Nuwe battery
Posted: Tue Sep 22, 2015 3:36 pm
by cassie_calvinia
.223 JAGTER wrote:Koop Willard 25 maande waarborg en is goeie handelsnaam vir my kry ek beter diens 4 jaar gem.Die geheim is maar hou water reg en moet nie batterye omruil vir ander voertuig nie
stem saam
Re: Nuwe battery
Posted: Tue Sep 22, 2015 8:15 pm
by Cobus(Cobb)
Stel vas wanneer jou battery verval, so 2 maande voor dit, short jy hom uit met draad of iets...vat hom terug onder sy 2 jaar waarborg..
Re: Nuwe battery
Posted: Wed Sep 23, 2015 6:51 am
by blaser
codus
vir ons wat battery verkoop is ek bly jy koop nie by my nie
Re: Nuwe battery
Posted: Wed Sep 23, 2015 9:13 am
by win270
Oneerlikheid haal mens een of ander tyd in.
Re: Nuwe battery
Posted: Wed Sep 23, 2015 12:02 pm
by Gabriel Lewis
Die blinde sambok slaan baie seer.....
Ek gebruik Sabat batterye in my trokke en moet se hulle na-verkoopdiens is PUIK!!
Re: Nuwe battery
Posted: Wed Sep 23, 2015 12:55 pm
by vossie1
Ja nee ek sal ook nie met sulke oneerlikheid kan saamleef nie,elke ou probeer maar sy pond vleis verdien.