Page 1 of 7
Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Sun May 29, 2011 10:00 pm
by tafjak
Ja, hier is ons nou.
Ek het 'n Swarovski gekry(om te toets, Swarovski gee niks weg nie) en het dit vir amper 5dae op die geweer. Die teleskoop is wat ek sou reken as 'n waarlike nagskiet teleskoop. Die is 'n plain Jane ding met net die nodigste om die nagjag te vergemaklik. Met die inskiet van dit het ek al die grootste respek daarvoor gekry met die maklike en eerlike stel van die knoppe. Nie te hard en ook nie te sag nie. Net reg!
Die afgelope 3nagte het ek dit vir 'n toer in die Aberdeen area geneem met al die nodige granaat- en karoobosse, natuurlik heelwat digter en langer op die stam as wat ons die afgelope klompie jare gewoond is en het die jag so bietjie moeiliker gemaak, maar presies die toestande waaraan die teleskoop getoets moet word. Wat alles so bietjie meer interresant gemaak het, is dat ek nie kan oefen tussen die jakkalse nie, hulle moet dood, misskote was onvergeeflik. Ek het toe een skoot natuurlik misgeskiet omdat ek die jakkals se afstand onderskat het, beeld te helder in die toestande en het toe darem die korreksie gemaak en die volgende 4 skote was "spot on".
Die kruishaar wat op die teleskoop is, is die 4A 300 en het so bietjie gewerk daarmee en kan toe later dit gebruik om afstand te skat. As die jakkals net inpas in die eerste 3mikke(4 en half duim op 100meter) is die afstand 300m en minder en kan geskiet word. Sal dit later beter definieer na meer toetsing.
Die sig in die nag is goed, bo gemiddeld, maw. beter as wat ek in die meeste ander fabrikate waargeneem het waarmee ek te doen gekry het. Onverbeterlik is amper op my lippe.
Die eerste nag het dit vreeslik gedou en kon tot langtye sonder enige hindernisse op die lense jag nadat hulle opgedou het en skoongevee is, nie dadelik weer toe soos ek al gesien het met ander fabrikate nie. Ek het nie die lensdoek en lensskoonmaakmiddel eers gebruik nie(was nie seker of ek van die teleskoop sou hou nie en wou nie enige iets verstuur in die verpakking as ek dit wou terugstuur nie).
Die teleskoop is met "masking tape" geplak om enige moontlike merke deur die ringe te vermy en tog het die teleskoop verbasend op teiken gebly. Sal eersdaags weer groep skiet daarmee en dit check.
In kort, ek like die ding!
Mooiloop
Ps. Wat maak ek nou, koop ek dit of stuur ek terug?
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Sun May 29, 2011 10:38 pm
by Louis102
tafjak wrote:
Ps. Wat maak ek nou, koop ek dit of stuur ek terug?
Koop hom teen demo-prys, as hulle jou nie wil sponser nie. Dan stuur jy die Zeiss vir my

Sal mooi na hom kyk.
Lodewikus
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Sun May 29, 2011 10:55 pm
by tafjak
Louis
Ai tog! Ek het sulke rubber arms, maar darie ene is nog styf.
Mooiloop
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Sun May 29, 2011 11:11 pm
by tafjak
Klipspringer
Ek dink ek vra die regte man nou. Wonder net of die 2.5-15 x 56 Z6 'n model het sonder paralaks en side focus? Ek kon op geen adres so iets in die hand ekry nie.
Mooiloop
Ps. Louis, lyk maar dat ek my klippe maar solank moet tel, dinge werk nou een kant toe.
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Sun May 29, 2011 11:23 pm
by Francois Marais
Taffie
Ek het nog GEEN ondervinding van die Z reeks teleskope nie, gebruik maar nog die ou generasie, maar gereken jy sou van hulle hou.....glo jy sal hom teen n mooi prys kan kry...
Mooi loop
Francois
NS Jy kry n 2.5-15 hier
http://www.swarovskioptik.us/en_us/prod ... -5-15x56-p
en n 3-18, wat sal loop soos stroop, hier.....
http://www.swarovskioptik.us/en_us/prod ... _3-18x50-p
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Mon May 30, 2011 5:34 am
by Freddie101
Tafman
Lyk of jy geniet om die scope te toets. As ek so in en tussen die lyne lees is jy nogal beindruk. Laat maar weet hoe dit verder gaan.
Groetnis
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Mon May 30, 2011 6:42 am
by Gerhard
Taffie,
Sit bietjie foto op van die teleskoop.
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Mon May 30, 2011 10:11 am
by tafjak
Gerhard
Hier is hy en soos jy kan sien is dit nie in 'n gr?nde verpakking nie, die geld l? in die teleskoop.
[img width=560 height=420]
http://i391.photobucket.com/albums/oo35 ... vski01.jpg[/img]
Lyk of ek vandag 'n groep gaan skiet om die POI te check. Sal sommer foto van ou Slingervel met die smart ding op neem en later vir jou pos.
Louis
Jong, die dinge het oornag aansienlik in die rigting van die Z6 geloop en sal vandag of m?re gou met Koos kodesa om die re?lings te tref om die scope te behou. Net nog iets wat die lewe in die veld makliker gaan maak vir my.
Ek gaan sommer nou ook die volle waarheid oor die Z6 2-12x50 kwytraak.
Die kruishaar doen dit vir my in die omstandighede waarin ek dit sal gebruik en kan nie aan iets naasteby so nice dink nie. Nie te dik of nie te dun nie. Net reg! Die afmikmerke (onder die kruis natuurlik) is 'n byvoeging op wat ek gewoond is en 'n groot plus vir my.
Die optiese helderheid en detail wat ek in swaklig omstandighede kon waarneem was verbasend briljant en genoegsaam om die swakste omstandighede te kon benut.
Die verstellings op die steleskoop is meer as genoeg in terme van eerlik- en korrektheid.
Die POI is nogsteeds dieselfde as waar ek dit Woensdag(6dae gelede) gelos het(terwyl ek die post modify het ek sommer gou 2skote geskiet).
Nou wat wil ons meer h? van Swarovski om in die nag te kan jag? Die Z6 2-12x50 is hier om te bly en op my geweer sal hy bewaar word.
Mooiloop
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Mon May 30, 2011 10:23 am
by Gerhard
Dankie,
Baie netjies.
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Mon May 30, 2011 10:51 am
by Louis102
Jip, die eenvoud be?ndruk my ook. Sal jy reken, Tafman, dat die Z6 'n groot verbetering op die Swarofski reekse is? Jy's mos darem nie 'n man wat sommer so be?ndruk word nie? Jy moet bietjie daardie scope hierdie kant kom wys, ek sal so paar jakkalse bymekaar maak wat jy kan kom omdop (in elk geval seker net-net warmer / minder koud, hier as daar?), dan re?l ons ook sommer so Tafjak Vrae & Antwoord - sessie vir hierdie kant van die Oranje? Daar's 'n paar nuwe dinge waaroor ons ook lekker oor 'n vuurtjie kan gesels.
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Mon May 30, 2011 11:25 am
by tafjak
Louis
Daar is 'n verbetering op die waarmee ek al gejag het. Die Z6 is regtig iets om na uit te sien, ongeag die prys en jy kan maar koop my maat.
Sal goed wees om julle woestynbewoners(wetie meer wie het die woestyn nie, ons of julle) weer te sien.
O ja, amper vergeet ek:
Only the very rich can afort a cheap scope!
Mooiloop
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Mon May 30, 2011 11:46 am
by Raven
Taffie,
Ek is ook besig om my geldjies bymekaar te maak vir 'n Z6'etjie, prys is maar taai, maar daai High Definition lense is baie helder ou maat.
Raves
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Mon May 30, 2011 12:01 pm
by Louis102
tafjak wrote:
... Die Z6 is regtig iets om na uit te sien, ongeag die prys en jy kan maar koop my maat ...
Taffie, gelukkig het ek nog so tydjie oor om te besluit. Ek het 'n scope wat se naam met 'n "Z" begin in gedagte gehad, maar dit was nie die Z6 nie. Jammer daar's nie 'n plek waar 'n man die goed so bietjie kan "test-drive" en met mekaar vergelyk, voor jy koop nie (hulle kos mos amper 'n kar se geld). Om daar in die winkel deur hom te loer, help tog niks.
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Mon May 30, 2011 12:14 pm
by tafjak
Louis
Om daar in die winkel deur hom te loer, help tog niks.
.............Baie waar.
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Mon May 30, 2011 12:21 pm
by tafjak
Raves
Jy kan maar koop. Ek is self hard besig om die klippe bymekaar te maak vir myne, maar sal die moeite werd wees.
Mooiloop
Ps. Hoe gaan dit daar, jy lyk besig. Die klanke wat jy gemail het, is net die middelste een myne(dit is teef wie se reun vroe?r die aand geskiet is), die ander het ek geen kennis van en gebruik dit ook nie.
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Mon May 30, 2011 12:48 pm
by Raven
Taffie,
Alles voor die wind ou maat, dis koud maar lekker vir jag, ry weer Woensdag vir 'n paar dae van koedoe jag, beplan dalk om my 25 te laat rus,nadat ek so 'n kruppel 2tjie weer opgetel het by my groot maat

.
Raves
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Tue May 31, 2011 6:35 pm
by Koos Barnard
Taffie
Ek is baie bly dat jy van die scope hou en baie dankie vir die baie positiewe terugvoer. Ek dink ek moet jou so dan en wan naderhark elke keer as Swarovski iets nuuts op die mark plaas. Het jou probeer bel vandag maar jy speel seker met die Z6. Sal jou PM dat ons kan Kodesa. Groetnis en geniet daai Swarovski.
Koos
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Wed Jun 01, 2011 2:22 pm
by Tomcat
Koos Barnard
My geweerjie het ook 30mm ringe........
Tomcat
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Wed Jun 01, 2011 8:15 pm
by Biker
Manne
Dit was nou lekker om te lees
Groete
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Wed Jun 01, 2011 11:45 pm
by Izak H
Oom Koos
As jy vir taffie bel, vergeet maar om voor 13h 14h se kant te bel, dan rus die man tydens jagtyd, dis nou wanneer die maan reg is.
Izak
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Thu Jun 02, 2011 6:28 pm
by tafjak
Ou Tomma
Ja, ons het nooit oor lorries gestry nie, maar scopes wel. Dankie vir die reghelp en sou nie maklik sonder jou insette so maklik van plan verander het nie. Ek skryf nie ander make af nie(as jy en Louis weet wat ek bedoel), maar om met 'n Z6 op die geweer rond te dwaal maak die dinge nogal veel makliker deesdae.
Die een aspek wat my regtig aangegryp het, is die kruishaar se verstelling(fokus) en kon maklik die kruishaar en teikens sov?r as 280m en verder fokus. Wat ek hiermee bedoel, is dat as die kruishaar gefokus is, is die teiken ook gefokus. Paralaks is nou een dingetjie wat julle my nie moet uitvra nie, ongelukkig die ou met die minste ondervinding daarvan omdat ek geen scope nog ooit gebruik het wat die verstellings gehad het nie. Ek is maar so gemaak en laat staan, miskien is my aanl? gelukkig dieselfde vir elke skoot. Ek reken hierdie belangrike aspek het baie met paralaks te doen.
Field of View is natuurlik iets waarmee ek nog nie probleme mee gehad het nie, skiet nog altyd(miskien so Lynxie vir 'n jaar) Europese scopes een oor die algemeen die manne met 'n groot FOV. Die FOV van die Z6 is meer as genoeg en kan maklik die jakkals se maat optel nadat die een geskiet is.
Die sig/beeld/FOV/fokus vermo? is nie die alles van nagskiet scope nie, maar baie nice om al die w?relde in een buis te h?.
Ja-nee, die Z6 bly op geweer en het reeds met Koos ge-Kodesa vandag.
Mooiloop
Ps. Izak H, jong is maar moeilik met die scope op geweer om nog teen darie tyd te slaap, wil net skiet!
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Thu Jun 02, 2011 9:11 pm
by immelmanw
Naand Manne
Ek le nou hier in n gastehuis in die Karoo op pad JHB toe om te gaan help winkel oopmaak.
Iets wat ek nog altyd van die forum geniet het is die "uit die heup taktiek" van die manne. Ek sien almal is baie vinnig om kritiek te lewer, dus sal ek graag julle opinie en "uit die heup" komentaar oor die volgende wil he!
Safari & Outdoor het laasweek n splinternuwe SWAROVSKI Z3 4-12x50 aan n klient verkoop (Hanno Smuts), die volgende dag storm hy by die winkel in (de moer in) en se dat die kruishaar skeef is! YIP, sowaar, as jy die scope regop hou is die BRX kruishaar heeltemaak skeef in die scope.....
My punt is......julle kan tik en toets tot julle blou is, die Bentley of Rolls Royce sien ook een of ander tyd sy gat!
Ek het die scope vir Bradley by Whysalls gestuur en hy het gese hy sal dit wegstuur......Oostenryk toe, Safari & Outdoor het die klient se geld teruggegee, nou wag ons maar!
Groete
Willem
PS: As julle my lank genoeg tart of vra sal ek my repair boek scan en al die repairs van die laaste nege jaar post.....dan gaan julle wakker le in die nag! Onthou, dit is nie hoorse nie, dit is stukkende scopes wat ek vasgehou het en moes uitsorteer!
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Thu Jun 02, 2011 9:26 pm
by Kalahari
Willem
Naand se, dit sal interessant wees om daardie repairboek te sien. As ek die afleiding kan maak uit die wakker le deel van jou pos, dan neem ek aan daar is ook maar 'n paar bentley's en rolls'e in

.
My opinie oor dit is: solank daar MENSE is wat die dinge aanmekaar sit, maak nie saak wat se produk dit is nie, gaan daar een of aner tyd 'n "dudd" op die punt uitkom. Geen mens of 'n sisteem wat 'n mens in plek sit is onveilbaar nie!
Groete
Kalahari
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Thu Jun 02, 2011 10:05 pm
by Christo
immelmanw wrote:
........................Ek het die scope vir Bradley by Whysalls gestuur en hy het gese hy sal dit wegstuur......Oostenryk toe, Safari & Outdoor het die klient se geld teruggegee, nou wag ons maar!
Groete
Willem
Willem, ten minste kan ons iets terugvat en diens daarvoor kry. Dit word waardeer van S&O.
Ps: S? asb vir KassieK hy moet nie my runout guage vergeet nie, "infact" bring hom sommer saam na die Kaap winkel toe dan kry ek hom daar. Goeie partner die van jou, die voorraad is nou S&O s'n, ek moet wag tot die 6de.
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Posted: Fri Jun 03, 2011 12:01 am
by tafjak
WillemI
Ja, miskien is die kruishaar tog regop, maar die stelknoppe so bietjie skeef aangebring.
Stop toevallig by 'n man met nuwe(redelik nuut) Toyota op die dorp vanm?re en die kla dat die linkeragterveer nou al 3keer gebreek het. Nou hoe gemaak? Seker Tata gaan koop, Tata breek nie agter vere nie, nog nie. Dit sal goed wees om die scopes se terugsture te post, eerder die persentasie per scope en dan die deel van die betrokke scope uit die hele koek. Wed jou Amerika loop los voor en Japan(al die veter o?) so kortkop 2de.
Mooiloop