Page 1 of 1

6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 9:29 am
by joe rocket
Ek het n vriend wat extreme steel skiet. Hy skiet tans met n 300 wsm. Hy het besluit op n 6.5mm, maar weet nie of hy Creedmoor of 284 moet gaan nie. Die roer gaan op n remington aksie gebou word. Watter patroon gaan die beste werk met ons poeiers en watter lengte loop sal julle aanbeveel? Ek weet absoluut niks van lang afstand skiet nie en wil graag insette kry van julle manne wat ken. Julle hulp word opreg waardeer.

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 9:30 am
by Ben
Ek sou persoonlik Creedmoor gaan as ek kon. Die 284 is baie aanloklik maar ek verstaan looplewe is bietjie min...

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 9:35 am
by Arnold
Vir die toepassing en as hy 6.5mm wil gaan is die 6.5-284 definitief beter as mens net na die ballistiek kyk.

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 9:36 am
by swc-tr
As loopleeftyd belangrik is, dan die Creedmoor, vir performance die 6.5-.284 >:+

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 9:43 am
by Arnold
swc-tr wrote:As loopleeftyd belangrik is, dan die Creedmoor, vir performance die 6.5-.284 >:+
As jy formule 1 wil ry, en verwag om goed te doen, moet mens seker nie kla oor die prys van bande nie >:D
Maar dan sou ek ook liewers 'n 7mm voorstel.

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 10:37 am
by Pinkes
+1 vir creed!!1:8 twist loop vir 140gr Amax 139gr Lapua of 140gr Bergers! As hy nie vas is vir 6.5 nie dan die 284win.

Wens nou net my liksens wil nou kom vir my creed!!

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 10:49 am
by Capt. Yoda
Pinkes wrote:+1 vir creed!!1:8 twist loop vir 140gr Amax 139gr Lapua of 140gr Bergers! As hy nie vas is vir 6.5 nie dan die 284win.

Wens nou net my liksens wil nou kom vir my creed!!

haha

Ek gaan al nog n 6mm he voor jy jou liksens kry

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 10:56 am
by joe rocket
Jammer vergeet om te noem hy is nie gepla oor looplewe nie.

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 11:39 am
by Capt. Yoda
joe rocket wrote:Jammer vergeet om te noem hy is nie gepla oor looplewe nie.
6.5creed of as hy vinnig een van die rak af wil koop sou ek na die 6.5x55 ook gekyk het

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 11:44 am
by Supacow
Cappy
Eks teleurgesteld. Ek het gedog teen die tyd het jy lankal n 6mm aanbeveel ;D

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 11:48 am
by Capt. Yoda
Supacow wrote:Cappy
Eks teleurgesteld. Ek het gedog teen die tyd het jy lankal n 6mm aanbeveel ;D

Nee jong SC ek word gereeld aangespreek oor my 6mm uitlatings, die man vra vir 6.5 so ek praat maar oor 6.5. As hy nou gese het "my maat soek n yster wat sou julle se" sou ek hom verduidelik. Ek sukkel al klaar so met Pinkes met al die 6.5 wat hy rond ry :)

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 11:58 am
by LRLaubscher
Klip in die bos gooi...

Hoekon sal mens 10gr meer poeier brand in die 6.5-284 vir net 50-70ft/sec meer tromp snelheid?

Ter vergelyking, ek skiet 260Rem Ackley met lading van 42.8gr (molly coated) 140gr punte teen 2880ft/sec
Al die manne wat ek van weet wat 6.5-284 skiet, laai teen 2920-2960ft/sec ook met 140gr pille met lading van 51-52.2gr S385. Die maar waar sy Node lê.

Dit maak net nie vir my sin om soveel meer poeier te gooi, vir so min toename in performace nie.
Wind skuif op 1000m meter in 10MPH wind is nie eers 3" minder nie.

Waneer jy die Ballistiek vergelyk,

140gr Amax teen 2880ft/sec setting:

31.75MOA Elevation
6.5 MOA vir 10MPH windage
teen see vlak

140gr Amax teen 2960ft/sec setting:

29.75MOA Elevation
6.25MOA windage
teen see vlak

As die opsies steeds staan tussen Creed en 6.5-284, sou ek die Creed kies en 123gr-130gr punte skiet. (Berger VLD's, Sierra Mathking of Norma Gold medal Target)

Wat dink julle manne? Trap ek nou op tone >:D

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 3:17 pm
by henning
Arnold wrote:
swc-tr wrote:As loopleeftyd belangrik is, dan die Creedmoor, vir performance die 6.5-.284 >:+
As jy formule 1 wil ry, en verwag om goed te doen, moet mens seker nie kla oor die prys van bande nie >:D
Maar dan sou ek ook liewers 'n 7mm voorstel.
Arnold, watter 7 mm stel jy voor? 284 win?

Groete
Henning

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 3:20 pm
by LRLaubscher
henning wrote:
Arnold wrote:
swc-tr wrote:As loopleeftyd belangrik is, dan die Creedmoor, vir performance die 6.5-.284 >:+
As jy formule 1 wil ry, en verwag om goed te doen, moet mens seker nie kla oor die prys van bande nie >:D
Maar dan sou ek ook liewers 'n 7mm voorstel.
Arnold, watter 7 mm stel jy voor? 284 win?

Groete
Henning
284 Winchester.... ???

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Thu Sep 17, 2015 4:30 pm
by Arnold
Vir XSSSA skiete sou hierdie my koeël keuses wees:

338: 300gr Hybrid
300: 215/230gr Hybrid
284: 180gr Hybrid (284 Win)
264: 140gr Hybrid (6.5x55 AI of 260 AI)
243: 105gr Hybrid (6XC)

As ek als in ag neem dan sou die 284 Win met 'n lekker lang loop my keuse wees.
Hoë BC koeëls, Lapua doppe, redelike loop leeftyd en nie soveel recoil nie ... waarvoor kan mens meer vra?

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Fri Sep 18, 2015 7:08 am
by Pinkes
Arnold wrote: Hoë BC koeëls, Lapua doppe, redelike loop leeftyd en nie soveel recoil nie ... waarvoor kan mens meer vra?

'n Nuwe ATACR ook?

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Fri Sep 18, 2015 9:09 am
by Arnold
As ek geweet het ek gaan langafstand skiet toe ek my 260 gebou het sou hy seker 'n 7mm gewees het :)

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Fri Sep 18, 2015 9:15 am
by Capt. Yoda
Ek het ook die laaste tyd bq met die 284Win se nommer gespeel en dit lyk na n bitter lekker roer en soos julle se hy werk mooi met ons kruit.

As dit nou ek was sou ek na n 6SLR ::) gekyk het wat n 105gr Hybrid hier by 3100fps kan stoot. H4831SC wat baie soos S385 is is die kruit vir hom

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Fri Sep 18, 2015 9:56 am
by AnthonyJ
What about a 6.5 x 47 Lapua ?

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Fri Sep 18, 2015 9:59 am
by Supacow
Cappy
Ek like hoe jy dink O0

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Fri Sep 18, 2015 10:00 am
by Arnold
Vir XSSSA skiete kan jy jou maar laat lei deur wat die F-ope manne gebruik ...

Re: 6.5 Creedmoor of 6.5 x 284

Posted: Fri Sep 18, 2015 11:26 am
by joe rocket
Dankie vir julle uitstekende raad sover. Ek gaan vir my vriend sê hy moet eerder kyk na n 284. ++>: