Page 1 of 1

Skiet Mat?

Posted: Thu Sep 17, 2015 9:27 am
by Ben
Met my eerste lang afstand kompetisie oppad, moet ek vir my n skietmat aanskaf. Waarvoor moet ek uitkyk en wie kan my op die regte pad help....
Ek luiter graag vir advies

Re: Skiet Mat?

Posted: Thu Sep 17, 2015 9:34 am
by joe rocket
Safari outdoor verkoop gunsmithy se skiet matte ek dink dit kos R 500.

Re: Skiet Mat?

Posted: Thu Sep 17, 2015 10:35 am
by Ben
Ek het hulle al gesien, maar wil graag weet of dit die moeite en geld werd is om vir iets "beter" te gaan....

Re: Skiet Mat?

Posted: Thu Sep 17, 2015 10:55 am
by Capt. Yoda
Probeer so paar Yoga mats in die hande kry

Ek kan n paar fotos soek en hier gooi hoe hulle hom in Yoga gebruik as jy wil maar die mense kan dalk raas

Re: Skiet Mat?

Posted: Thu Sep 17, 2015 11:01 am
by cassie_calvinia
SA gillie
hul maak nou "kom kyk" produkte.
http://www.saghillie.com/products/shoot ... mat-detail
ek het so geweersak, en is baie goeie kwaliteit.
ek begeer baie van hulle produkte

Re: Skiet Mat?

Posted: Thu Sep 17, 2015 11:43 am
by Eugene
cassie_calvinia wrote:SA gillie
hul maak nou "kom kyk" produkte.
http://www.saghillie.com/products/shoot ... mat-detail
ek het so geweersak, en is baie goeie kwaliteit.
ek begeer baie van hulle produkte
Ek het een van hulle skietmatte en alhoewel dit duur is, is dit 'n baie lekker mat. Ek gebruik nie al die sakkies en gadgets nie, maar dis daar as jy dit wil gebruik. Die SA Gillie mat het ook voor so rubberbesigheid ingewerk waarteen jy jou bi-pod lekker kan load.

Re: Skiet Mat?

Posted: Thu Sep 17, 2015 11:45 am
by tau
EK het 'n trok seil en aan die binnekant het ek 'n Polisiekombers vasgewerk. Nie mooi nie, maar hy werk mooi by my in die myn wat redelik rof en klipperig is.