Page 1 of 3
Rudolph Optic Toets
Posted: Sun May 29, 2011 12:19 pm
by Koos Barnard
Dags?
Manne so lyk my toetse tot dusver. Ek het 'n 2.5-10x50 (met parallaksverstelling ontvang). Dit het glo 'n 110mm eye relief. Ek stem nie saam nie - toe ek die scope voor my o? sit lyk dit te kort. Toets dit toe. Op 2.5x is dit 90mm en op 10x 75mm. Daar is twee eye reliefs opties en prakties. Opties is van die glas af geneem, prakties van die oogstuk se rand en dis wat NB is want dis die oogstuk wat jou skop. Die scope is baie swaar en volgens my mening nie geskik vir swaar kalibers soos genoem aan my nie. Swaar scopes is soos 'n oorlaaide lorrie, as hy eers beweeg stop jy hom nie en hy soek goeie ringe om hom vas te hou. Die parallaks op 'n 10x scope is totaal oorbodig. Die verstelling op die toets scope werk nie vir my lekker nie. Stel jy hom op 75m helder is alles dop op 200m. Ander Japanese (Lynx waarmee ek die Rudolph vgl het werk beter). Met toets scope was ek amper aan die einde van P-verstelling dan is dit eers reg vir 75/100m. Die field of view ook kleiner as Burris, 2x Lynx, Sightron waarmee ek dit vgl het. In goeie lig is helderheid soos ander Japanese en Burris etc en ook in swak lig. Rudolph kan egter nie kers vashou by 2x duur Europese scopes in swak lig nie. Die verstellings was presies en herhaalbaar maar ek het nie gehou van die speling tussen die klieks nie. Op bore-sight skuif die kruishaar egter nie met daardie speling nie, so dis 'n positief. Ek wil net meer positiewe klieks h?. Ander faktor wat my pla is dat ek nooit 'n werklike skerp beeld kon kry soos met Burris of die Lynx'e nie. Beeld was helder maar nie skerp genoeg vir my o? nie. Kruishaar is mooi dik vir nagskiet en my o? maar afmikmerkies op boonste vertikale kruishaardraad oorbodig (baie ander fabrikate scopes het ook hierdie "probleem"). Vir my is die Rudolph 'n bietjie te bulky en swaar en blykbaar ook nie reg vir my o? nie. Onthou egter dis my eie opinie, dalk is daar ander vir wie dit goed werk. Ek weet nie wat di? scope se prys is nie. Daar is nie 'n Rudolph fabriek nie, dis 'n persoonlike brand name, wat gebeur met waarborg as daar nie verdere Rudolph scopes bestel word nie of as Rudolph 'n ander besigheids venture begin? As iemand belangstel ek het die eye relief van die ander scopes beskikbaar wat ek saam met die Rudolph getoets het.
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Sun May 29, 2011 1:15 pm
by raychell
Dankie Koos
In jou opienie is die Rudolph vergelykbaar met die Nightforce soos beweer is ?
Raynie
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Sun May 29, 2011 3:09 pm
by Hein M.
Koos
Dankie vir die sonder fieterjasies terugvoer. Jou laaste vraag oor die waarborg is bepalend, want niemand weet vir hoe lank die scopes omgeruil gaan / kan word nie...
Hein M
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Sun May 29, 2011 3:47 pm
by Koos Barnard
Raychell
Nee Rudolph is nie in dieselfde klas as Nightforce nie. Het onlangs by SA Ope Jaggeweer deur Nightforce gekyk en gesien hoe hulle perform oor die twee dae, was beindruk.
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Sun May 29, 2011 4:08 pm
by raychell
Dankie Koos nes ek gedink het dit bewys weer daar is geen "free lunch" nie,ongelukkig kry jy net wat jy betaal by optics.
Raynie
Jammer, ek het gehoop dit sal beter of ten minste selfde as ander Jap teleskope beskikbaar wees
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Sun May 29, 2011 7:11 pm
by blaser
ja goedkoop is duur koop hier is weer eens n bewys
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Sun May 29, 2011 11:22 pm
by Rfourie
N onderwyser weet dam baie van scopes.....!
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 7:15 am
by raychell
Rudolph
Daai is nie my Quote nie.Lees weer volgens Koos is die ander JAP make beter opties.Let op skerp beeld nodig vir nagjag.
SMK
Gelukkig het ons jou met al jou kennis Dit is reg elke man staan agter wat hy het.
Raynie
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 10:41 am
by raychell
Rudolph
Ek dink SMK verwys na Koos Barnard
Alle voorspoed maar kyk na iets vir nagjag ook ,iets in die 3-12x56 sonder paralaks verstelling,groot FOV en helder glas.
Raynie
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 10:54 am
by Hein M.
SMK wrote:
N onderwyser weet dam baie van scopes.....!
SMK
Jy het nie dalk daaraan gedink dat onderwyser ook jag / teleskoop ervaring oor jare kan opdoen nie

Of moet jy 'n ingenieur wees daarvoor? Ek neem aan die boere is dalk ook te dom vir teleskoop evaluerings...
Vra maar net
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 11:13 am
by Beyers
Hein moet nou nie so gevoelig wees nie man. Ons onnies is mos dikvellig
Beyers
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 11:15 am
by James Wilson
let the games begin!!!
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 11:29 am
by Jeagermeister
Ek gaan nou groot bak popcorn kry en die twee Posts oor die Rudolf Scopes sit en kyk soos 'n fliek!!!!
Hier kom nog groot sports!!
Lekker Week
JM
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 11:34 am
by BLOK
JM
Ek stem jyt n goeie idee daar beet ek dink hierdie een gaan nog meer opwinding he as die Impala een gehad het.
Sit en hou hom dop hier deur my goedkoop Burris scope.
Blok
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 11:36 am
by tafjak
[align=center]Oe lala![/align]
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 12:04 pm
by Hein M.
Beyers wrote:
Hein moet nou nie so gevoelig wees nie man. Ons onnies is mos dikvellig
Beyers

Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 12:18 pm
by MJK
Rudolph Optics wrote:
Ek dink jy behoort te verstaan dat ek ongelukkig nie vir jou kan se wie my vervaardiger is nie, maar dit is 'n baie goeie Japanese firma!
Is daar geheimhoudings ooreenkoms gesteken? Se maar eerder en dan weet ons van watter kwaliteit ons praat. Op kol was Tasco ook Japanese scope gewees
Dit gaan baie help met die waarborg as Rudolph nie meer verkoop nie. Dinge gebeur - kyk maar na daai scopes wat by Rosentahls in die Kaap le (kan nie naam onthou nie) waar die ouens nie meer die produkte invoer nie. Niemand gaan daaraan raak nie. Gee vir ons gerusstelling....

Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 1:07 pm
by tafjak
Rudolph
Ek glo jy is man wat hou van jag en skiet. Sal jy so gaaf wees en jou teleskope op jou gewere te noem wat jy gebruik op permanente basis en vir hoe lank?
Ek is nie besig om struwelinge aan te wakker nie, sal net graag wil weet wat jou standaarde is en wat jy verkies. Dit behoort meer lig op die Rudolp Optic te werp, die kwaliteit ens natuurlik.
Ek is nie 'n ryk man nie en kan glad nie 'n kans vat om enige ongetoetsde of bewysde teleskoop aan te skaf nie. Die top Brands het goeie verkoopwaarde as jy miskien die pot misgesit het en die teenoorgestelde is waar van ander "minder" top Brands en wil ook darem my eie geld op 'n manier gewaarborg h?. Die kans is ook aansienliker kleiner om die pot mis te sit met die top Brands.
By helderheid en vergrotings hou 'n teleskoop se eienskappe nie op nie, dit begin eers as jy daar is. Die stampe en stote van die jagveld is die groot toetse. Die langdurigheid(die kwaliteit van die onderdele) van die standaard is die ander toets wat eers deurstaan moet word.
In kort glo ek dat die man wie 'n Rodulph Optic aanskaf die waarde vir sy geld sal kry.
Voorspoed en Mooiloop
Taffie
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 1:30 pm
by baboonstalker
K?rels K?rels... hold your horses! Die man het sy nek uitgesteek en sy scopes uitgegee om getoets te word wat 'n brawe ding is om te doen onder die manne op die forum.
Geniet die fliek en die popcorn, maar hou bietjie terug met die uitspraak tot al die resultate in is. 'n Ander man se besigheid is op die spel en dit moet nie ligtelik opgevat word nie.
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 1:37 pm
by Monrique (SJ)
BS
Ek wil met jou saamstem met jou post.
Groetnis
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 1:38 pm
by Jagtersdok
Bobejaan bekruiper
Ek sekondeer. kom ons wag tot al die resultate in is.
Ons moet ook mooi lees wat Koos Barnard geskryf het woord vir woord, daar is al klaar goed wat ges? is of mis verstaan of skeef gedraai.
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 2:50 pm
by Beretta
Dag Manne
Ek dink dit is Light Optical Works Ltd in Japan.

Hulle maak net wat jy wil he.Maar ek dink ek is verkeerd oor die inligting.
Groete Beretta
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 8:04 pm
by Piet Breedt
Manne, die wind waai dat dit vrek hier by ons die laaste paar dae. Ek wil nie die scope toets onder sulke toestande, aangesien ek baie klem wil l? op die verstelbaarheid en ook die repeatability van die scope. Die helderheid van die lense is vir my ook belangrik, maar ek weet dat nie almal se o? dieselfde is nie, en veral nie my o? wat al lekker swak is. So wat vir my dalk redelik tot middelmatig mag voorkom, is dalk vir ander kristal helder.
Ek gaan Vrydag nag heelnag Jakkalse skiet en beplan om die Rudolph ook saam te vat om te sien wat hy in die nag maak skouer aan skouer met my Burris en Nikon op dieselfde vergroting.
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Mon May 30, 2011 9:12 pm
by Penkop
Oom Koos, Rudolph,
Hoe vergelyk hierdie teleskoop met Zeiss se Duralyt reeks?
Hulle is amper in die selfde prysklas en Zeiss moes sekerlik baie gesnoei het om 'n Duralyt teen R8k op die rakke te sit.
Erg nuuskierig...
Re: Rudolph Optic Toets
Posted: Tue May 31, 2011 1:36 pm
by raychell
Rudolph
Volgens Zeiss word die Conquest in VSA aanmekaar gesit met Duitse komponente,die Duralyt word in Duitsland aanmekaar gesit ek weet egter nie waar die Duralyt se komponente vandaan kom nie maar dit is beslis nie 'n Diavarie nie
Raynie