Page 1 of 1

Skietrak met skarnier punt.

Posted: Tue Sep 15, 2015 7:42 am
by Dolf014
Het my bakkie se skiet rak so gebou dat hy binne in die bak invou terwyl ek na die jagplek toe ry.
As ek by die jag plaas kom swing ek hom net oor die kap.
Dit verminder wind weerstand terwyl jy na jou jag plek toe ry.
Nadeel; Dit vat so bietjie van jou pakplek weg.

Re: Skietrak met skarnier punt.

Posted: Tue Sep 15, 2015 7:47 am
by Christo243
Baie goeie idee. Ek glo dit spaar ook baie(Petrol) en tyd

Re: Skietrak met skarnier punt.

Posted: Tue Sep 15, 2015 8:14 am
by Williel
Dit lyk prakties, baie netjies gedoen. Lyk of die rak sommer kan dien as n bank in die binnekant ook?

Re: Skietrak met skarnier punt.

Posted: Tue Sep 15, 2015 3:49 pm
by Banzo
Ek het nou vir 'n oomblik gedink daai skadunet is deel van die opset.