Page 1 of 1

Brno mod1 scope mounts

Posted: Sun Sep 13, 2015 2:21 pm
by ruaanb
middag manne

ek het n Hawke 3-9x40 AO scope vir my klong gekry. watter scope mounts is die regte om te gebruik op die geweertjie. ?

Tans is daar 14mm dovetail mounts op maar hulle is te laag vir die scope.

Dankie

Re: Brno mod1 scope mounts

Posted: Sun Sep 13, 2015 2:29 pm
by alecjohnson
Dagse, Ek het Thor op myne, ook brno mod 1 dis waarmee daai scope op my 22 gemonteer was. Was by S&O R450 en hulle is baie stewig.!


Edit:
Jy gaan die agterste visier egter moet uit tik anders gaan die objektief skuur as die paralaks verstel word.

Re: Brno mod1 scope mounts

Posted: Sun Sep 13, 2015 4:28 pm
by ruaanb
Dankie Alec ek sal bietjie more daar n draai maak. Visier is reeds uit agv die probleempie.

Re: Brno mod1 scope mounts

Posted: Sun Sep 13, 2015 4:30 pm
by Pappabeer
Hulle monteer met 5/8" monterings.

Warne mediums werk. Dit is dieselfde as wat die Brno Model Fox neem. Ek het so n scope met hulle vir n wyle op my model 1 gehad en kon hom net net agter die visierlem inpas, maar as jy die visier uit die dovetails moet tik is dit nie die einde van die wêreld nie

Re: Brno mod1 scope mounts

Posted: Sun Sep 13, 2015 5:44 pm
by ruaanb
Dankie Dewald

Re: Brno mod1 scope mounts

Posted: Tue Sep 15, 2015 10:14 am
by ruaanb
weereens dankie manne ek het reggekom gister. sal die naweek gaan inskiet sodat boeta my weer bankrot kan begin skiet.

Re: Brno mod1 scope mounts

Posted: Tue Sep 15, 2015 10:24 am
by alecjohnson
Wat het you toe gekry so vir interesantheids halwe?

Re: Brno mod1 scope mounts

Posted: Tue Sep 15, 2015 10:27 am
by ruaanb
Thor is al wat beskikbaar was.