Page 1 of 1

Help my asb om te krip!!!

Posted: Fri May 27, 2011 2:06 pm
by PRIVATE RYAN
Ek is besig om 'n kursus te doen
by UCT oor prof presentations.
Ek kon enige tema kies, so ek
wil daai greenies bietjie feite gee
n.a.l.v 50/50 ens. Ek dink ek
gaan pluk agv daarvan, so help my
asb met voordele, getalle, bronne
en opinies manne!

Dit is wat ek so vinnig gebrainstorm het.



[img width=560 height=374]http://i234.photobucket.com/albums/ee27 ... -Sheet.jpg[/img]

Re: Help my asb om te krip!!!

Posted: Fri May 27, 2011 2:14 pm
by BLOK
Ryan kan dit nie lees nie is daar nie manier wat jy groter kan laai nie

Blok

Re: Help my asb om te krip!!!

Posted: Fri May 27, 2011 2:20 pm
by KalahariKlong
Dit lyk goed maar jy kan BAIE dieper ingaan. Inkomste vir regering, toerisme ens.

Re: Help my asb om te krip!!!

Posted: Fri May 27, 2011 2:22 pm
by Witpietskiet
BLOK wrote: Ryan kan dit nie lees nie is daar nie manier wat jy groter kan laai nie

Blok
Blok, Hou net jou "Ctrl" knoppie in op jou keyboard en dan druk jy jy die + of - op jou keyboard, jy sal dan sien die inligting op jou skerm word groter of kleiner.

Hoop dit help.

Mooi loop

Re: Help my asb om te krip!!!

Posted: Fri May 27, 2011 2:33 pm
by BLOK
Dankie Pietskiet leer jy my nou iets nuuts

Blok

Re: Help my asb om te krip!!!

Posted: Fri May 27, 2011 2:41 pm
by Witpietskiet
BLOK wrote: Dankie Pietskiet leer jy my nou iets nuuts

Blok
Bly as ek kon help.

Re: Help my asb om te krip!!!

Posted: Fri May 27, 2011 3:43 pm
by Gerhard
By employmnet:

Gastehuise wat deur internasionale jagters gebruik word voor en na hulle jagte en almal wat daar betrokke is.

Daar is vervoer maatskappye wat spesialiseer om jagters op te tel en by die outfitter se jag kamp af te laai en weer te gaan oplaai

Game numbers:

Daar is vandag meer wild (getalle) in SA as 150 jaar terug en dit is agv die waarde wat aan wild gekoppel is.

Ek weet nie lekke hoe jy PHASA by Quotes uit kry nie?

Is so paar goed wat ek vinnig kan optel.

Vir interesantheid, die internasionale jagters wat na SA toe kom is die kleinste gedeelte van die internasionale besoekers per jaar maar hulle spandeer meer as al die ander internasionale besoekers saam in n jaar op ons wild...

Re: Help my asb om te krip!!!

Posted: Fri May 27, 2011 3:55 pm
by Louis102
PRIVATE RYAN wrote: .... so help my
asb met voordele, getalle, bronne
en opinies manne! ....
-  By voordele vir die ekonomie, kan jy "verwante industrie?" byvoeg - (bv. drankwinkels, die jagters suip miljoene rande se drank jaarliks uit ;))

-  Nee net 'n grappie, maar daar is heelwat verwante industrie? (behalwe toerisme) waaraan jy sekerlik kan dink?  Ek dink aan Safari & Outdoor'e, die Sniper's (word camo-klere en/of ander jag-uitrusting plaaslik gemaak?  Indien nie - die potensiaal daarvan),  Jag-voertuie en toebehore (bv. jagtralies), Wildvang operasie & wildsveilings.

-  Afset / heenkome waar wildsgetalle te veel toeneem in bewarings gebiede - beskerming van habitat a.g.v. oorbeweiding.  

-   Slegs goeie winsgewindheid sal boere oorreed om wild aan te hou in 'n vry-mark sisteem.  Jag is bevorderlik om dit vir die wildsboer  lonend te maak.

Maar met skuilname soos Projag, Jagbehep en Jagtersdok op die Forum, behoort jy beter idees te kry, as by my.

Sterkte
Louis

Re: Help my asb om te krip!!!

Posted: Fri May 27, 2011 6:25 pm
by Frederik
8000 oorsese jagters per jaar gemiddeld
1 jagter gemiddeld spandeer soveel geld in ons ekonomie soos 8 Toeriste.
Jag het 'n baie kleiner impak op die omgewing as 'n lodge met 30 mense byvoorbeeld.

Re: Help my asb om te krip!!!

Posted: Mon May 30, 2011 8:05 am
by PRIVATE RYAN
Dankie manne!

Re: Help my asb om te krip!!!

Posted: Mon May 30, 2011 8:26 am
by James Wilson
die jagbedryf in SA is so groot dat daar spesiale kortermyn versekerings polisse bestaan wat die risiko's aanspreek.