Page 1 of 1
Teleskope en mense wat bril dra.
Posted: Fri May 27, 2011 8:52 am
by James Wilson
ek het vir my vrou n 270 gekoop en volgende is nou n teleskoop. gisteraand besluit ek om my ou R5 weermag geweerbelt op my 308 te sit omdat daai belt you baie help as jy moet staan en skiet. iets wat so nou en dan gebeur met my en die 308. ek se toe vir my vrou( sy dra kontaklense en partykeer bril) sy moet voel hoe lekker mik die 308 uit die staande posissie. daar staan sy en ek sien sy kry nie reg gekyk deur die scope nie. ek probeer toe om haar te wys maar as ons, ons kom kry dan staan hou sy haar kop "snaaks" net om die scope reg te laat voel vir haar. sy het al baie met my geweer van die bankie en die bakkie af geskiet, dan is dit nie n probleem nie.
ek gee toe vir haar die 300 met n scope op wat baie meer kan verstel as die 308 se scope. dit gaan toe beter maar nog as sy moet staan en mik dan is dit n ongemaklikke en moeisame storie vir haar om die scope "oop" te kry. dit is die probleem sy kry nie die scope oop nie.
ek besef toe later, dit kan dal haar sig wees wat hier n probleem is. n vriend van my wat ook met n bril skiet groepeer sy geweer effens links bo en ek groep daai selfde geweer regs bo. dit is so ver dit my kennis strek wat betref oor scopes en brille. nou wil ek weet of daar iets spesifiek is waarna ek moet kyk as dit by scope's koop kom om my vrou se sig in ag te neem?
Re: Teleskope en mense wat bril dra.
Posted: Fri May 27, 2011 9:03 am
by Beyers
Die lengte van die kolf kan dalk die fout wees.
Die scope moet ook verder terug gestel word sodat sy nie haar nek moet strek om by die scope te kom nie.
Beyers
Re: Teleskope en mense wat bril dra.
Posted: Fri May 27, 2011 9:08 am
by James Wilson
Beyers wrote:
Die lengte van die kolf kan dalk die fout wees.
Die scope moet ook verder terug gestel word sodat sy nie haar nek moet strek om by die scope te kom nie.
Beyers
...of vorentoe, want sy hou haar kop so op die reciol pad om te sien
Re: Teleskope en mense wat bril dra.
Posted: Fri May 27, 2011 9:10 am
by Beyers
jip
Re: Teleskope en mense wat bril dra.
Posted: Fri May 27, 2011 12:06 pm
by James Wilson
moet n mens wat bril dra met n scope skiet wat se fokus agter kan stel?
Re: Teleskope en mense wat bril dra.
Posted: Fri May 27, 2011 12:11 pm
by Beyers
Hier is ek dom, maar ek sou aanvaar dat enige scope moet kan fokus. Mense se oe verskil redelik bo en behalwe die bril. Stel die fokus teen die blou lug sodat die kruishaar duidelik is met die bril, dan behoort die saak witwillem te wees.
Re: Teleskope en mense wat bril dra.
Posted: Sun May 29, 2011 6:44 pm
by Francois Marais
James
Ek skiet self met n bril en ek dink nie daar is moet verskil wees in die eye relief van iemand wat met n bril skiet en iemand sonder een nie.......net vir interresantheid, ek monteer altyd my scopes sodat die onder kant v/d agterste lens 30cm van die bokant v/d recoil pad af is. Dit kan so met n cm verskil, langer of korter, afhangend v/d scope se eye relief.....
Mooi loop
Francois
Re: Teleskope en mense wat bril dra.
Posted: Mon May 30, 2011 8:55 am
by James Wilson
Francois Marais wrote:
James
Ek skiet self met n bril en ek dink nie daar is moet verskil wees in die eye relief van iemand wat met n bril skiet en iemand sonder een nie.......net vir interresantheid, ek monteer altyd my scopes sodat die onder kant v/d agterste lens 30cm van die bokant v/d recoil pad af is. Dit kan so met n cm verskil, langer of korter, afhangend v/d scope se eye relief.....
Mooi loop
Francois
Dankie, is daar n tegniek wat ek kan gebruik om seker te maak, wat die afstand na my vrou se oog moet wees.
Re: Teleskope en mense wat bril dra.
Posted: Mon May 30, 2011 10:08 am
by Beyers
As die sirkel waarop die kruishare verskyn 'n duidelike en 'n volledige sirkel vorm
Re: Teleskope en mense wat bril dra.
Posted: Mon May 30, 2011 1:28 pm
by Danie Lombard .243
Die ding met die bril skiet loop so.
Die eye relief met en sonder bril bly dieselfde. Die agterste okuler (lens) moet gestel word vir bril of sonder bril. Ek skiet met bril, dus stel ek die agterste lens se fokus met bril op. Verstaan net die volgende dat mens die kruis haar fokus met die agterste lens stel en nie die mik punt fokus nie.
Ek het erge astigmatisme en dit veroorsaak dat niemad met normale oe met my gewere se scopes dit reg kry om akkuraat te skiet nie. Die skote loop altyd hoog op die teiken, soms ook efffe na lings. Die manne met die gesonde oe kla ook dat my scopes se kruishare vir hulle dof is as hul deur my scope kyk.
Ek is by siende, dus moet ek met bril op skiet as die scope gefokus en ge zero is met bril. Skiet ek sonder bril is dit 'n train smash. Ek moet ook nie brille ruil nie, die bril wat die scope mee ge zero is- is die bril waarmee daar geskiet word.
Re: Teleskope en mense wat bril dra.
Posted: Mon May 30, 2011 8:53 pm
by Beyers
Dankie Danie dis soos ek dit ook verstaan
Re: Teleskope en mense wat bril dra.
Posted: Sun Jun 12, 2011 7:31 pm
by JACQUES BOTHA
Danie Beyers
AS julle met julee eie gewere skiet sonder bril wta gebeur met die point of impact..
In my geval skiet ek met dieselfde geweer met dieslefde scope met dieslefde koele omtrent 5cm hoger met my bril as sonder hom.
Danie ek is weer versiende en dit mag ook n verskil mAAK Ek skiet nooi met my bril nie, gelukkig nog nie..
Jacques
Re: Teleskope en mense wat bril dra.
Posted: Mon Jun 13, 2011 9:38 am
by Beyers
Skiet ook nie met 'n bril nie, maar vroulief wel. As ek met haar geweer skiet stel ek die fokus reg vir my oog en die geweer skiet op dieselfde plek.