Page 1 of 1

Kruisboog teiken materiaal?

Posted: Wed Sep 09, 2015 5:56 pm
by alecjohnson
Goeie dag mense, my een vriend het 'n kruisboog (170Lb) en ons wil 'n teiken raam bou. Nou Guns and bows het gese dat die high density foam raam is te swak en die pyle gaan deur skiet.

Nou waarmee kan ons so 'n raam bou wat gaan hou?

Re: Kruisboog teiken materiaal?

Posted: Wed Sep 09, 2015 6:00 pm
by tripodmvr
Kan julle nie die gewone raam opsit met ander materiaal wat verder agter is wat die finale stop gaan wees nie. Enige items wat hang vertraag 'n bewegende voorwerp baie - vervoerband of dan verskeie om die briek op te trek.

Re: Kruisboog teiken materiaal?

Posted: Wed Sep 09, 2015 6:03 pm
by alecjohnson
oom Ons wil iets bou wat die pyle sal stop sonder om die fere agter te beskadig. Ek het 'n video gesien waar hulle mat gebruik, maar vra steeds raad vir ingeval iemand dalk iets het wat weet dit werk.

Re: Kruisboog teiken materiaal?

Posted: Wed Sep 09, 2015 6:30 pm
by Ritchie
Ek het vroeer n ou streepsak vol lemoen sakkies gestop maar baie styf. Sit dit agter jou normale teiken. Klink nie baie sterk nie maar dit is hoe hulle vroeer teikens gemaak het.

Re: Kruisboog teiken materiaal?

Posted: Wed Sep 09, 2015 6:39 pm
by junglejulian
Vra vir n matwinkel vir die ou grys komberstipe onderlaag.hul het gewoonlik hope vol wat hul kry as hul beskadigde matte vervang.trek hul dan tussen 2 planke met treaded rods vas.omtrent so 1mx1mx0.3m is gewoonlik voldoende.anders kan jy n streep/meelsak ook lekker dig stop met dieselfde materiaal