Page 1 of 8

Fokus met Bobjaan

Posted: Tue May 26, 2009 4:38 am
by tafjak
Ek wetie en verstanie merie, julle moet help.

Ek probeer nou so bietjie onthou wat die siel al kwyt geraak het en kan aan die voldende dink;

Moet meer arbeid kry: Waar? Met Allpay en naweke, bly en woon hy regtig in hierdie land van ons.
Anatole: Het hy een? Het hy vee? Weet hy hoe lyk 'n veeboerdery of vir daardie matter, grondboontjieboerdery. Wonder hoe gaan honde die grondbone, wild en beeste ( ek weet nie sy beeste nie, maar my Blommetjie (melkkoei) trap 3 anatole per dag dood.

Ek wonder of hy diefwering aan sy huis het en as hy het, hoekom? Ek hoop ook nie hy koop vlie?gif nie. Wonder ook of hy duisendpote op die paaie raak/dood trap. Hy besef seker dat die huis/boom waarin hy bly 'n beter blyplek vir 'n beter aap sou gemaak het.

Ek het 'n aap gehoor suutjiespraat dat die wyfiebobbejaan 2nd in charge is en nog 'n bobbejaan aan die stuur van geldsake is, net die 3 bobbejane in die troppie. Klink maar fishy n?.

Dit alles gee my aapstuipe!

Groetnis

Onthou dat duplisering van hierdie artikel die kopiereg sal skaad en dat oorteders vervolg mag word.

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Tue May 26, 2009 4:40 am
by tafjak
Sal later gesiggies op die gepaste plekke insit.

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Tue May 26, 2009 6:26 am
by Christo
regte gesiggies  ???

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Thu May 28, 2009 6:07 pm
by WillJak
Taf, al wat ek kan se, is ek dink die hele storie is BOOLSH%T.......

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Fri May 29, 2009 1:33 am
by tafjak
Willjak

Ek dink dit nie ek weet dit.

Taffie

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Sun May 31, 2009 7:50 pm
by tafjak
Aan die manne wat nie vanaand Nuus gekyk het nie.

Op die SABC Nuus vanaand reken een roker dat as jy vee verloor deur roofddiere moet jy 'n luiperd op die plaas vestig om verliese te voorkom. Dit kan ek nie verstaan nie, help asseblief!

Nou as dit waar is moet die volgende ook waar wees: Vestig jakkalse op jou grond as jy vee verloor a.g.v. roofdiere, of hoe?

Groetnis

Taffie

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Sun May 31, 2009 9:10 pm
by Louis102
Taffie

Die spul raak nou heel van hul trollie af!  Het nie die nuus gesien nie, maar as dit waar was sou my jakkals probleme lankal op 'n end gewees het.  My bure (natuur reservaat) se jakkals doen ook baie goed so tussen die luiperds.  Wonder of die idioot weet hoe groot die looparea van 'n luiperd is (al sou dit 'n uitsonderlike luiperd wees wat nie wat nie in skaapvleis belangstel nie).

Ek het wel gesien dat 'n luiperd 'n jakkals wat in 'n yster gesit het bykans heel opgevreet het.  So dalk het die ou die klok hoor lui, maar van waar die bel hang maak hy nie so mooi uit nie.  Miskien is hulle volgende stap om mak luiperds vir die boere te teel wat dan tussen die skaap grootgemaak kan word - amper soos die anatole.

Groete
Louis

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Sun May 31, 2009 9:21 pm
by tafjak
Louis

Jy het my laat besef dat die spul regtig nie by hulle positiewe is nie. Wonder wat dit veroorsaak, miskien is die donateurs nie meer so gelukkig met die resultate van die klomp swape nie.

Taffie

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Mon Jun 01, 2009 7:57 am
by JACQUES BOTHA
TAFFIE
DIE MAN WAT REKEN OM LUIPERDTE VESTIG HELP VERLEISE VAN VEE VOORKOM, LYK VIR MY AL TE VEEL NA N STUDENT..
EN N GELEERDE VRIEND VAN MY HET GESE AS DIE BEURS SO RAAK DAT HUISVROUE EN STUDENTE DIT KAN DOEN MOET JY WEET DIS N RESEP WAT NIE GAAN WERK NIE......EK SAL HOM UITNOOI OM SKAAP TE BOER EN SY PLAAS TE OMHEIN EN DAN SOMMER DRIE PERRE TE VESTIG OP SY PLAAS....
EK WAARBORG JOU BINNE 2 JAAR GAAN LAAI HY SY SLEUTELS BY DIE BANKBESTUURDER SE KANTOOR AF.....,

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Tue Jun 02, 2009 8:44 am
by WillJak
Ja, die slim manne..... Luiperd vang wel Jakkals, maar,of eintlik MAAR, slegs per geleentheid en as hy nou wragtag nie 'n skaap, of bok, of bobbejaan, of springbok, of duiker, of steenbok of, of, of in die hande kon kry nie. Die ou wat glo om 'n luiperd tussen jou skaap te los sodat hy kan spesialiseer in jakkalsvang rook iets wat hom heeltemal onrealisties goed laat voel oor die lewe...

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Tue Jun 02, 2009 9:15 am
by Freek
Willjak... :D :D :D :D :D ;D ;D ;D Daar klits jy die jakkals op die blad, hoekom begin ek die idee kry hierdie ouens kyk te veel flieks en lees die verkeerde boeke?

Waarsku my net voordat hulle wakker skrik sodat ek ten minste 3 dorpe tussen my en hulle hou, want dit gaan 'n redelike gemors afgee. As die regte lewe tog maar net so eenvoudig was...

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Wed Jun 03, 2009 10:25 am
by stoffel
HAllo julle stoffel hier n nuweling vanaf die suide in suidwes.

Ek het begin skiet hier in die Noord kaap en die menusipaliteite gebel om te hoor of ek nie op een of ander manier kan op hulle gronde gaan skiet omdat die "boere" op daai gronde nie die geld of die karre het om die jakkalse enigsens hondhaar af te maak nie. Dus is dit die mees perfekste broeigronde vir roofdiere wat jy kan kry en van daar af kan hulle elke nag by hulle buurmanne gaan party hou.

Die menusipaliteid het my laat weet dat hulle hoop die jakkalse vreet die die "opkomende boere" wat op hulle grond boer se laaste klein lammertjie op want hulle is eintlik plakkers en behoort glad nie daar nie.

So n mens kan maar op die gronde wat teen die menusipaliteit se gronde le skiet so veel soos wat jy wil en sal nooit n duik in die jakkalse se populasie maak nie want hulle hardloop maar net terug tot daar waar hulle weet die .243 hulle nie kan bykom nie.

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Wed Jun 03, 2009 12:00 pm
by tafjak
Stoffel

Baie welkom op die Forum, hoop om baie van jou te hoor.
Posted on: June 03, 2009, 10:25:57 AMPosted by: stoffel wrote:weet die .243 hulle nie kan bykom nie.
Dit moet baie v?r wees. :D

Groetnis

Taffie

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Wed Jun 03, 2009 1:23 pm
by MEERKAT
Tafles

Sirkus word al groter en die narre al meer

Wat sal die mees lonendste wees teel van spikkel katte of afknou van goggas?
MEERKAT

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Wed Jun 03, 2009 1:43 pm
by tafjak
Meerkat

Dit is net wonnerlik, hoe meer die die tiere hoe snaakser die narre.

Taffie

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Wed Jun 03, 2009 3:02 pm
by Ambessa
Hallo Willjak

... op die TV uitsending. Die k?reltjie het dalk heelwat meer te s? gehad maar hulle het dit goed gedink om net daardie deeltjie met SA te deel. Moontlik ook heel uit perspektief...

Dit is die gevaar van te perse gaan met 'n ander ou in beheer van die controls...

Ambessa

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Thu Jun 04, 2009 9:05 am
by WillJak
Ambessa, ja, daar is daai gevaar. 'n Debat is eintlik beter, want dis nie so maklik om te redigeer nie. Maar iets moet gedoen word - gelukkig is daar joernaliste en publikasies wat ons kant ook sal stel - al is dit net om "dwars" te wees en meer debat uit te lok. LBW en dies meer help nie - jy preek vir die manne in die kerk, wat ook belangrik is, maar ons moet rondom dit ook begin werk - tydskrifte wat algemeen gelees word maar nie noodwendig 'n groen inslag het nie ens.

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Thu Jun 04, 2009 3:04 pm
by Yalair
'n Ou bel my baie benoud en innie moeilikheid.
Hy het jakkalse gelos en nou maak hy net oor die sestig lammers groot uit trop van oor die 300 ooie. Toe ek hom vra is hy sommer ontsteld, hy't iewers gelees/gehoor as jy jakkals los sal hy homself beheer en ophou skaap eet............eina. Hy in sy  :-X

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Thu Jun 04, 2009 3:48 pm
by Ambessa
Hallo Willjak en Yalair

Sien hoe ver is die groenes se aanslag reeds onder boere versprei... Glo alles vir soetkoek (nou nie die verjaarsdag soort nie).

Stem ook saam, ons moet sterker na vore staan met ons info, maar altyd op 'n geordende en gebalanseerde wyse.

Ambessa

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Thu Jun 04, 2009 7:38 pm
by Tomcat
Stoffel

Try bietjie kruit ook gooi in daai 243. Help nogals met die afstand....

Groete
Tomma

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Thu Jun 04, 2009 7:51 pm
by stoffel
Al wat ek het is Kruit en looks ;D
die probleem is nie die .243 nie maar die lightforce se go raak bietjie uit.

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Sat Jun 06, 2009 8:46 pm
by Tomcat
Stoffel

Try n 240mm kop. Maak n groot verskil op afstand en met identifisering. n Mens kan eintlik nie met n 243 so naby skiet nie ;D. As jy hou van jou lig kry vir jou n 270 of so iets...

Groete
Tomma

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Mon Jun 08, 2009 12:32 pm
by JACQUES BOTHA
STOFFEL
SONDER OM OP ENIGE TONE TE TRAP, MAR DAAI LIGTE LIG IN DIE DONKERMAAN VERDER AS WAT 95% VAN ONS HIER KAN SKIET.
VERSKEIE KERE AL IN DIE NAG GESKIET EN MET GOEIE SKUTS AGTER OP DIE BAKKIE GESKIET OP BOKKE SOWEL AS JAKKALSE, MAAR VERAL OP BOK, SPRONGBOK,BLESBOK DAT DAAI MANNE KEER OP KEER SE RY EERS N BIKI NADER, DAN KAN HULLE LANKAL DIE BOK IN DIE LIG SIEN, SO DAAI STORIE DAT DIE LIG OPRAAK IS TABOE, DALK RAAK PERTY OUES SOOS EK SO OGE BIKI OP. MA MY GEVOEL EN ERVARING IS DAT DAAI LIG  VERDER LIG AS WAT MEESTE VAN ONS KAN SKIET... MAAR DALK HET  JY N 50WATT BULPIE IN, VERANDER HON NET NA 100WATT TOE EK EK SE JOU HY LIG VERDER AS WAT JY KAN SKIET....VERDER AS WAT EK KAN SKIET IN ELK GEVAL....

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Tue Jun 09, 2009 2:41 pm
by tafjak
Stoffel

Onthou net dat Jakes nie 'n 243 het nie. :D Stem saam met Jacques dat die 170 goed lig in die donkermaan en voldoende is, maar het self met Tomma se lig gekyk en wat 'n openbaring was dit nie. Sal dit slegs aanbeveel vir manne wat hulle afstande en grootte van teikens ken.

Taffie

Re: Fokus met Bobjaan

Posted: Tue Jun 09, 2009 6:43 pm
by Francois Marais
Tomma

Vertel bietjie meer van die groot lig, is hy op jou geweer of op die stoel, hoe gemount??? ASB, ek luister.

Met so n lig moet man seker ma eina werk met die dimmer as da iets oppad is, maar ek glo dat jy jou ID afstand nogal lekka kan rek.

Mooi loop

Francois