Page 1 of 1

Help asb met vogtigheid in my kluis

Posted: Wed Sep 09, 2015 12:47 pm
by Kubus
Ek vermoed hier was as so n draad maar kry dit nie.
Het altyd in my geweerkluis sommer van die pille sakkies gegooi om vogtigheid uit te neem. Julle weet daai sakkies met goeters in wat jy saam met pille kry om dit droog te hou.
Ons het die laaste tyd heelwat reen gekry, (Baie dankie Vader) maar onlangs het ek agtergekom dat my gewere begin roes. Meer olie gegee, en my problem met roes is opgelos.
Die problem is egter dat die kolwe en geweerbande n wit muwwegeit/skummel op kry. Ek vee dit af maar n week later is dit dieselfde storie.
Rondgevra en sommige ouens meen hulle sit n elektriese lae weerstand gloeilamp in. Dit maak die kluis glo warmer van binne, en jou problem is opgelos.
Ek is bang vir elektriseteit saam met kruit en ammunisie. Dit klink net gevaarlik.
Het julle vir my raad?

Re: Help asb met vogtigheid in my kluis

Posted: Wed Sep 09, 2015 12:57 pm
by Capt. Yoda
Baie ouens sit die gloeilamp in anders kan jy kyk by n plek soos Builders vir n klyn elektriese/battery dehumidifier wat jy ook in jou kluis kan sit wat behoort te help

So iets
http://www.armsbearingcitizen.com/wp-content/uploads/2014/08/51Xd8awjKyL-300x286.jpg

Re: Help asb met vogtigheid in my kluis

Posted: Wed Sep 09, 2015 1:43 pm
by Die Kooperasie
Kubus,

Loer bietjie hier:

http://www.solencosa.co.za/images/main_content3/image/625/med/mini-dehumidifier.png
http://www.solencosa.co.za/dehumidifiers-small-spaces
http://www.solencosa.co.za/file/537f147 ... eaflet.pdf

Ons behoort teen volgende week in voorraad te hê.

Re: Help asb met vogtigheid in my kluis

Posted: Wed Sep 09, 2015 1:52 pm
by Capt. Yoda
Die Kooperasie wrote:Kubus,

Loer bietjie hier:

http://www.solencosa.co.za/images/main_content3/image/625/med/mini-dehumidifier.png
http://www.solencosa.co.za/dehumidifiers-small-spaces
http://www.solencosa.co.za/file/537f147 ... eaflet.pdf

Ons behoort teen volgende week in voorraad te hê.

Gooi vir ons asb n prys as julle in kry Kooperasie, ek soek ook een

Re: Help asb met vogtigheid in my kluis

Posted: Wed Sep 09, 2015 3:09 pm
by Flip Nel
Katsand werk ook glo baie goed

Re: Help asb met vogtigheid in my kluis

Posted: Fri Sep 11, 2015 1:42 pm
by Die Kooperasie
Die Kooperasie wrote:Kubus,

Loer bietjie hier:

http://www.solencosa.co.za/images/main_content3/image/625/med/mini-dehumidifier.png
http://www.solencosa.co.za/dehumidifiers-small-spaces
http://www.solencosa.co.za/file/537f147 ... eaflet.pdf

Ons behoort teen volgende week in voorraad te hê.
Voorraad het ingekom, prys is R350 elk.

Re: Help asb met vogtigheid in my kluis

Posted: Fri Sep 11, 2015 2:37 pm
by Kubus
Dankie aan die KOOPERASIE.

Re: Help asb met vogtigheid in my kluis

Posted: Wed Jan 27, 2016 9:31 am
by ruaanb
Net so bietjie terugvoering tov die Solenco soos hierbo genoem. Ek gebruik twee nou vir al amper 6 maande en dit werk soos 'n bom. Ek het een bo en een onder in die kluis gesit. Vir die wat teen die kus bly veral is dit 'n baie goeie alternatief. Die produk betaal vir homself oor 'n tydperk.

Re: Help asb met vogtigheid in my kluis

Posted: Fri Apr 14, 2017 9:00 am
by Jean Marais
Hier is dalk ook 'n manier om te keer dat jou geweer in die kluis roes, deur die loop te behandel met 'n nat lappie WD40.

Hier is die artikel:
http://www.brownells.com/.aspx/lid=1261 ... ign=Itwine

Re: Help asb met vogtigheid in my kluis

Posted: Fri Apr 14, 2017 10:37 am
by Dirkvh
Ek het hierdie in die Kaap gebruik met sukses. Koop sommer by PnP

Re: Help asb met vogtigheid in my kluis

Posted: Fri Apr 14, 2017 11:56 am
by Meteor
Mense in my area is gelukkig om nie so probleem te he maar ek stel nogsteeds voor dat mens n kluis nie direk op of teen n koue oppervlak monteer. Ek sal n stuk rubber koop by die ko-op en dit tussen die vloer en kluis sit voor ek hom vasmaak.

Re: Help asb met vogtigheid in my kluis

Posted: Sat Apr 15, 2017 10:09 am
by dennisinpe
Sit oop bakkie kat gravel/sand in kluis en ruil elke maand. Humiede gravel kan drooggemaak en weer gebruik word.

Sent from my SM-N910H using Tapatalk