Page 1 of 1
teef oopsny
Posted: Wed Sep 09, 2015 12:28 pm
by NicoSmit
As ek nou wil kyk of 'n teef dragtig is waar begin jy die pens oopsny sonder dat jy alles raak tesny om by die baar moeder uit te kom dws as ek my aand ete kan binne hou
sien hierdie man het van die kant af in gegaan
Re: teef oopsny
Posted: Wed Sep 09, 2015 1:38 pm
by Geno
Jy kan die buikholte konvensioneel ook oopmaak. Grou daar tussen die pens en die poeper. Die eierstokke en baarmoeder is daar by die blaas rond.
Re: teef oopsny
Posted: Wed Sep 09, 2015 2:02 pm
by NicoSmit
Dankie sal dit probeer as ek Saterdag een kry
Re: teef oopsny
Posted: Wed Sep 09, 2015 2:05 pm
by tripodmvr
Kry vir jou blou plastiekhandskoene by Clicks of Dischem. Jy weet nie watse siektes die' diere moontlik kan hĂȘ nie.
Re: teef oopsny
Posted: Thu Sep 10, 2015 9:38 am
by KSV
Nico,
Jy kan net so klein snytjie maak tussen die agterbene en dan die baarmoeder daar uit trek. ma dit maak nie die reuk beter nie net die gemors minder.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/102567775/IMG01381-20130803-2322.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/102567775/20150816_045102.jpg
Mooiloop,
Hein
Re: teef oopsny
Posted: Thu Sep 10, 2015 12:38 pm
by NicoSmit
Sal maar 'n wasgoed pennetjie vir die neus ook inpak saam met die handskoene
Re: teef oopsny
Posted: Thu Sep 10, 2015 9:15 pm
by theedge
NicoSmit wrote:Sal maar 'n wasgoed pennetjie vir die neus ook inpak saam met die handskoene
Ja kan soms n ou klankie gooi

Re: teef oopsny
Posted: Sat Aug 05, 2017 11:42 am
by NicoSmit
Ek het Saterdag aandtoe uit eindelik genoeg moed bymekaar geskrap om te gaan rondkrap binne in 'n jakkals teef se pens .Die teef het 'n pens skoot gehad en die binnegoed was maar redelik stukkend geskiet maar ek kon darem 'n gedeelte van die baarmoeder raak krap .Daar was 3 kleintjies in haar gewees wat ek kon sien die res was te stukkend gewees. so 4 jakkalse met een skoot.
Re: teef oopsny
Posted: Sat Aug 05, 2017 8:34 pm
by tripodmvr
NicoSmit wrote:Ek het Saterdag aandtoe uit eindelik genoeg moed bymekaar geskrap om te gaan rondkrap binne in 'n jakkals teef se pens .Die teef het 'n pens skoot gehad en die binnegoed was maar redelik stukkend geskiet maar ek kon darem 'n gedeelte van die baarmoeder raak krap .Daar was 3 kleintjies in haar gewees wat ek kon sien die res was te stukkend gewees. so 4 jakkalse met een skoot.
Het dit jou amper 2 jaar gevat om moed bymekaar te skraap of het jy lank nie geskiet nie?
Re: teef oopsny
Posted: Sun Aug 06, 2017 11:54 am
by NicoSmit
M aand ete het hierdie keer binne gebly toe was ek dapper genoeg om in haar binnegoed rond te krap ek is darem bly iemand lees nog op hierdie afdeling dis dees dae net koop en verkoop op Jaracal