Page 1 of 1
Wildskamp
Posted: Wed Sep 09, 2015 1:21 am
by schallavh
More manne.
Ek het n 24 hektaar wildskamp wat ek n biekie wild wil op sit. Wat stel julle voor is die beste wild om op te sit en hoeveel van elk. Die dra krag is 1.5 beeste per hektaar. So daar is baie kos. Dit is maar soet en biekie suurveld gemeng. Daar is redelike struike en paar bome op die grond. Ek wil ook weet wat se spesies mekaar die beste aanvul tenopsigte van die wyding tenvolle te benut.
Re: Wildskamp
Posted: Wed Sep 09, 2015 8:07 am
by Nickvn
Dit sal baie afhang van waar jy in die wereld is. Jou inligting is nie voltooi nie so ons het geen idee waar jy woon nie.
Re: Wildskamp
Posted: Wed Sep 09, 2015 8:24 am
by PWV
Wildskamp van 24 hektaar? Hier sal nooit "fair chase" kan plaasvind nie. Die wild kan staan waar hulle wil en jy klits hulle.
Behalwe natuurlik as dit 'n dieretuin is!

Re: Wildskamp
Posted: Wed Sep 09, 2015 9:34 am
by NicoSmit
Alldays?
Re: Wildskamp
Posted: Wed Sep 09, 2015 9:37 am
by Hugo
PWV wrote:Wildskamp van 24 hektaar? Hier sal nooit "fair chase" kan plaasvind nie. Die wild kan staan waar hulle wil en jy klits hulle.
Behalwe natuurlik as dit 'n dieretuin is!

oom Pieter die man wil wild teel, nie jag nie.
Re: Wildskamp
Posted: Wed Sep 09, 2015 2:16 pm
by PWV
Hugo wrote:PWV wrote:Wildskamp van 24 hektaar? Hier sal nooit "fair chase" kan plaasvind nie. Die wild kan staan waar hulle wil en jy klits hulle.
Behalwe natuurlik as dit 'n dieretuin is!

oom Pieter die man wil wild teel, nie jag nie.
Nog te meer! Dink jy dit is 'n "fair chase" van die ooie deur die ramme?
Re: Wildskamp
Posted: Wed Sep 09, 2015 9:04 pm
by schallavh
Naand manne. Ek wil nie laat skiet nie. Ek is in Humansdorp Oos-kaap. En die grond is tussen Oesterbaai en St Francis baai.
Re: Wildskamp
Posted: Thu Sep 10, 2015 8:02 am
by Hugo
In daai geval sal ek koper springbokke insit. Of wittes.