Page 1 of 1

Swarovski Z3

Posted: Tue Sep 08, 2015 9:11 pm
by afrikanerbloed
Naand almal
Ek het gou n vragie.
Ek sal graag wil weet of daar mense is wat n Z3 op n geweer in 375H&H of groter het.
Ek het nou die naweek op n oorsese forum gelees dat n ou so n teleskoop op n 375 het.Hy skiet glo perfekte groepe vir 6 of wat skote en dan gaan die scope heel uit verstelling uit.Hy het dit al 2 keer terug gestuur na Swarovski toe en hulle andwoord was dat niks met die scope verkeerd is nie[hulle het nogtans die "vere" wat die verstellings handhaaf vervang] .
Hulle het wel vir hom gese dat hulle nie die Z3 gaan voorstel vir so n kaliber nie en dat hy liewer na die Z5 moet opskuif.
Wat my nou tickle is die volgende :
EK wou nou n Z3 vir my broer gekoop het vir sy 375 maar wonder of ek nou moet voortgaan.
Wat is julle ondervindings.
DIe volgende vraag sal nou wees,wat is die alternatiewe.
Ons het die Leupold wat op die geweer was verkoop so dit is nie n opsie nie
Op die stadium het ek gekyk na n 4-12x50 so dit sal die vergroting wees.
Dankie
Johan

Re: Swarovski Z3

Posted: Tue Sep 08, 2015 9:36 pm
by Koos Barnard
Johan ek het vir lang tye my Z3 4-12x op my .375 gehad en die scope het nooit uitgestel nie. ek het nog nooit enige probleme met my Z3 gehad nie.
Mooi loop

Re: Swarovski Z3

Posted: Thu Sep 10, 2015 12:08 pm
by Musgrave
Ek het self `n Z3 3-10x42 op my .375 H&H. Ek het seker nou so 250 skote met die roer geskiet en die teleskoop het nog geen probleme gegee nie.

Re: Swarovski Z3

Posted: Thu Sep 10, 2015 1:36 pm
by Jaco vdW
Ek wil n opinie waag dat die ou op die amerikaanse forum dalk eerder probleme het met sy monteerstelsel. Hetsy die ringe nie reg vas is nie, of nie goed oplyn nie.
Ek het self geen ervaring met Swarovski teleskope nie, maar het n Zeiss conquest op my 375. Na meer as n 500 skote is hy nogsteeds perfek. Ek kan werklik nie sien dat die Z3 nie sal werk nie.

Re: Swarovski Z3

Posted: Thu Sep 10, 2015 6:39 pm
by Mellies
Johan ek Z3s op van my roere. Die grootste is 300 win mag. Nog geen probleme gehad nie.

Dink JacovdW praat waar.

Met n vleisie...

Re: Swarovski Z3

Posted: Thu Sep 10, 2015 8:40 pm
by afrikanerbloed
Manne
Baie dankie vir al die insette.
Die Zeiss Hd reeks was my tweede opsie.
EK dink ringe speel ook maar n baie groot rol soos bo genoem.
Ek gaan maar die sneller trek op die Z3 ,die AV modelle wat ons het gee net goeie diens.
Groete
Johan