Page 1 of 1

teleskoop ringe

Posted: Tue Sep 08, 2015 8:50 pm
by Speelmansjagter
Wat sou julle se is die beste ringe om te oorweeg?
34mm
En waar is hulle verkrygbaar teen redelike pryse?
Ek gaan hulle op n picatini rail monteer.

Hoor graag
Jaco

Re: teleskoop ringe

Posted: Tue Sep 08, 2015 8:59 pm
by Capt. Yoda
Wat jy hier sal kry seker NF en dan sal jy Warne ook kry. As jy van die US af wil bestel kan jy kyk na Seekins, Badger, TPS, Larue, Spuhr natuurlik kyk jy nou na paar duisende rande en jy moet hul hier kry. In Sa NF of hoor by Geno watse lekker ringe hy dalk daar het, die Seekins is baie netjies maar baie geld

Re: teleskoop ringe

Posted: Tue Sep 08, 2015 9:05 pm
by Speelmansjagter
Dankie Kaptein
Sal kyk om Geno te pm?

Re: teleskoop ringe

Posted: Tue Sep 08, 2015 9:59 pm
by Capt. Yoda
Ja hoor by Geno, hy doen Ken Farrel ringe wat bitter netjies is

Re: teleskoop ringe

Posted: Wed Sep 09, 2015 7:07 am
by Gawie(13mm)
Jy kan maar na die Burris ringe ook loer. Baie goeie waarde vir geld. Ek gebruik 'n stel QD ringe wat ek by Monrique gekoop het op my roer en het hul al verskeie kere afgehaal om vir vriende te demonstreer. Na amper twee jaar het ek nog nie 'n dag se moeilikheid met hul gehad nie.

Gaan loer op die skakel:Burris XTR

Re: teleskoop ringe

Posted: Wed Sep 09, 2015 7:56 am
by Witpietskiet
Ek het by G&G Varminting n stel Kelby ringe gekoop, baie baie nice.

Ek kan hulle regtig aanbeveel.

Re: teleskoop ringe

Posted: Wed Sep 09, 2015 8:58 am
by Capt. Yoda
Gawie(13mm) wrote:Jy kan maar na die Burris ringe ook loer. Baie goeie waarde vir geld. Ek gebruik 'n stel QD ringe wat ek by Monrique gekoop het op my roer en het hul al verskeie kere afgehaal om vir vriende te demonstreer. Na amper twee jaar het ek nog nie 'n dag se moeilikheid met hul gehad nie.

Gaan loer op die skakel:Burris XTR

Het nie eers geweet hul maak 34mm ringe nie, jy kan maar na die XTR ringe ook kyk soos Kasman se

Re: teleskoop ringe

Posted: Wed Sep 09, 2015 9:18 am
by Speelmansjagter
Ek hey gekyk na die burres em hulle lyk regtig baie nice...
Het vir Monrique gekontak, maar hy het nie tans nie.
Geno s'n is ook baie netjies.

Re: teleskoop ringe

Posted: Wed Sep 09, 2015 1:45 pm
by Speelmansjagter
Enige iemand al vortex se ringe gebruik wat kan komentaar daaroor?

Re: teleskoop ringe

Posted: Wed Sep 09, 2015 1:48 pm
by Capt. Yoda
speelmansjagter wrote:Enige iemand al vortex se ringe gebruik wat kan komentaar daaroor?

Is ook lekker ringe, jy sal regtig hard moet soek om swak ringe te koop...wel as jy nou ringe vir R249.99 koop gaan jy dalk nie te ver hoef te soek nie maar die meeste bekende make verkoop n goeie ring

Re: teleskoop ringe

Posted: Wed Sep 09, 2015 2:04 pm
by Speelmansjagter
Dankie Kaptein.
Ek probeer maar eers die kat uit die boom kyk. Het nou al na 'n hele klompie gekyk en pryse gekry, sal nou nog net graag vir G&G wil kontak oor daardie kelby's, want hulle lyk ook mooi. Hoe kry ek hulle im die hande?

Re: teleskoop ringe

Posted: Wed Sep 09, 2015 2:07 pm
by Speelmansjagter
Of is dit nou Geno? Sorry. Ek werk van die foon af, so dit gaan maar moeilik te search en dinge...

Re: teleskoop ringe

Posted: Wed Sep 09, 2015 2:10 pm
by Capt. Yoda
Ja is Geno.Sal hom nou vra wa hy jou kan help


Hy se hy het gister Ken Farrek en Kelbys bestel so hulle is oppad.
R2800 n stel

Re: teleskoop ringe

Posted: Wed Sep 09, 2015 2:27 pm
by Speelmansjagter
Ja dankie
Ek is 'n poephol, het hom vroeer gevra oor die ken farrel, maar noe geweet van die kelby's nie.

Re: teleskoop ringe

Posted: Wed Sep 09, 2015 9:15 pm
by Drenalinjunkie
Near Manufacturing maak ook maar met die huidige prys kyk jy nou na so R10k vir n stel ringe.

Re: teleskoop ringe

Posted: Thu Sep 10, 2015 10:21 am
by Speelmansjagter
Hierdie duurder top gehalte tipe ringe: is dit nodig om hulle te lap of nie?

Re: teleskoop ringe

Posted: Thu Sep 10, 2015 10:34 am
by Drenalinjunkie
speelmansjagter wrote:Hierdie duurder top gehalte tipe ringe: is dit nodig om hulle te lap of nie?
Nie met die Near ringe nie. Die ringe is een part met die basis wat aan die picatinny rail vas clamp. Hele proses word op een slag gelinebore. Google Near Alphamount dan sal jy verstaan.

Re: teleskoop ringe

Posted: Thu Sep 10, 2015 10:39 am
by alecjohnson
speelmansjagter wrote:Hierdie duurder top gehalte tipe ringe: is dit nodig om hulle te lap of nie?
Ek lap maar altyd ringe, met goeie ringe hoef jy nie baie te skuur om dit mooi gelap te kry nie.

Ek het nog net my recknagel ringe nie gelap nie, omdat hulle spesiaal gemaak is dat jy spanning kan uithaal met verstel skroewe. Ongelukkig betaal jy dat jy bars vir hulle! ek betaal nounog af aan myne!

Re: teleskoop ringe

Posted: Thu Sep 10, 2015 3:12 pm
by Mellies
Leupold Mark4 Tactical

Re: teleskoop ringe

Posted: Thu Sep 10, 2015 10:06 pm
by deonjvan
www.murphyprecision.com if you looking for rings and bases in stainless or titanium.