Page 1 of 1
Scopelevel
Posted: Mon Sep 07, 2015 4:01 pm
by vriell
R20 later...
Stuk plastiek van 'n "snybord",2 langerige "selftap" skroewe en cheap leveltjie by plaaslike hardeware winkel ... werk goed vir my..lekker op die linkeroog en gemaklik om level waar te neem terwyl met die regteroog deur die scope korrel..
(verskoon maar die rubbertape op die knoppe vir beskerming in veldskiete)
Re: Scopelevel
Posted: Mon Sep 07, 2015 4:57 pm
by Pvdw
Ek laaik jou pkan. Wat is die maak van daai waterpassie?? Koop jy hom so klein of het jy hom uit groot waterpas gehaal??
Re: Scopelevel
Posted: Mon Sep 07, 2015 5:21 pm
by wlm
Laat weet asb. die besonderhede van die waterpassie en winkel waar jy dit gekoop het. Ek soek al baie lank na so-iets.
Re: Scopelevel
Posted: Mon Sep 07, 2015 5:38 pm
by ruaanb
kyk vir die line levels jy haal net omhulsel af.
Re: Scopelevel
Posted: Mon Sep 07, 2015 5:56 pm
by PWV
Baie netjies, vriell.
Ek hou van sulke funksionele goed wat self gemaak word.
Ek het 'n soortgelyke een gemaak. So 'n waterpassie wat ek by Build It gekoop het en op 'n ou teleskoop-monteerring vasgegom het. Die teleskoopring net so bietjie plat laat maak aan die bokant.
Re: Scopelevel
Posted: Mon Sep 07, 2015 6:25 pm
by vriell
Pvdw , Wlm, Hy kom in so klein formaat soos op die foto en het hom by Hermanus Hardware op die rak raak geloop .Op hom staan net die woord "WALDO" produk nommer 751-001 en het probeer google maar niks gesien op die internet lokaal nie behalwe hier soortgelyk aan wat ek gekoop het...ook keyring produk presies soos hierdie ....
http://www.amazon.co.uk/SMALL-COMPACT-S ... B002IX7BP4
Ek gaan more in dorp toe dan sal ek kyk of daar nog beskikbaar is of uitvind waar hulle dit bestel het..
Dankie PWV..baie smart...
Re: Scopelevel
Posted: Mon Sep 07, 2015 6:50 pm
by Pvdw
Dankie. Hou my op hoogte asb. Enige inligting sal my help om hulle hier op te spoor.
Re: Scopelevel
Posted: Mon Sep 07, 2015 7:22 pm
by joe rocket
Kyk by cash crusaders of cash converter hulle verkoop nuwe klein levels vir R15 haal die bubble gedeelte uit. N klein genoeg lyn level sal ook werk.
Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 7:47 am
by vriell
Pvdw wrote:Dankie. Hou my op hoogte asb. Enige inligting sal my help om hulle hier op te spoor.
Maak so..
Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 7:54 am
by FanieVenter
Dag manne!
Wat dink julle van my eie teleskoop level?
http://i280.photobucket.com/albums/kk198/dbeardslee/Savage%20MK%20II/IMG_0859_zpsd592a4dd.jpg
Groetnis!
Fanie Venter
Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 8:01 am
by PWV
My vriend, Fanie! Welkom terug!
Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 8:05 am
by vriell
FanieVenter wrote:Dag manne!
Wat dink julle van my eie teleskoop level?
http://i280.photobucket.com/albums/kk198/dbeardslee/Savage%20MK%20II/IMG_0859_zpsd592a4dd.jpg
Groetnis!
Fanie Venter
Nou toe nou !! Het gewonder waar jy wegkruip maar sien jy is sommer nog baie aktief agter die skerms...sien dit kon jou nie lank geneem het om daai level pasmaak te gemaak het nie..hou van die ROOI kleur vir gevaarlik ? Mooi man !!!

Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 12:08 pm
by Finfan
FanieVenter wrote:Dag manne!
Wat dink julle van my eie teleskoop level?
http://i280.photobucket.com/albums/kk198/dbeardslee/Savage%20MK%20II/IMG_0859_zpsd592a4dd.jpg
Groetnis!
Fanie Venter
Hahahaha

Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 12:29 pm
by Pvdw
Die vaardigheid op die forum het eenvoudig geen perke nie

Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 1:18 pm
by vriell
vriell wrote:Pvdw wrote:Dankie. Hou my op hoogte asb. Enige inligting sal my help om hulle hier op te spoor.
Maak so..
http://www.africanadvice.com/1394570/Ha ... (PTY)_Ltd/ - Hierdie is die verspreiders in die Kaap
http://vernonatyourservice.webs.com/ ....Volgens die winkel eienaar mag die verspreiders moontlik dieselfde item aanhou daar by julle in Johannesburg omgewing...
As julle nie regkom nie kan ek dit hier kry en pos. Die "keyring spirit level" kos R8-00 hier by die plaaslike winkel.
Ek sien hier is ook ander manne met idees waar om die levels te kry en hoe hulle dit maak pas so laat maar weet...ek help graag..
Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 1:28 pm
by Vlakvark
.
Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 2:35 pm
by Gawie(13mm)
Netjies manne.
Vlakvark ek gaan nou op jou parade reën.

Dit maak nie saak aan water kant, indien enige, die borrel in die middel lê nie. Jy hou jou geweer en teleskoop waterpas en stel dan die "level" daarvolgens op. Een keer in die middel, altyd in die middel.

Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 3:09 pm
by Vlakvark
Nou hoe sit jy jou geweer waterpas as die waterpas,nie reg is nie. Ek neem aan 99% mense gaan daai selfde waterpassie gebruik om te bepaal of sy geweer waterpas is.
So as hy sy geweer waterpas sit met die foutiewe waterpas en dan die borrel in die middel sit.gaan dit die probleem uit sorteer ,of gaan dit so iets lyk
http://fixr.wpmedia.s3.amazonaws.com/blog/wp-content/uploads/2009/10/ac-install1.jpg
Jammer as ek nou manne verkeerd leer hier,ek verwyder dan eerder my post.
Nogmaals jammer.
Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 3:10 pm
by vriell
Gawie(13mm) wrote:Netjies manne.
Vlakvark ek gaan nou op jou parade reën.

Dit maak nie saak aan water kant, indien enige, die borrel in die middel lê nie. Jy hou jou geweer en teleskoop waterpas en stel dan die "level" daarvolgens op. Een keer in die middel, altyd in die middel.

+100

Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 3:31 pm
by vriell
Vlakvark wrote:Nou hoe sit jy jou geweer waterpas as die waterpas,nie reg is nie. Ek neem aan 99% mense gaan daai selfde waterpassie gebruik om te bepaal of sy geweer waterpas is.
So as hy sy geweer waterpas sit met die foutiewe waterpas en dan die borrel in die middel sit.gaan dit die probleem uit sorteer ,of gaan dit so iets lyk
http://fixr.wpmedia.s3.amazonaws.com/blog/wp-content/uploads/2009/10/ac-install1.jpg
Jammer as ek nou manne verkeerd leer hier,ek verwyder dan eerder my post.
Nogmaals jammer.
Vlakvark,wat ek doen is die volgende NADAT my scope 100% waterpas op my geweer opgesit is met die nodige REGTE "tools..
Ek sit die scope waterpas op die scope dan mik ek met die geweer in 'n gemaklike posisie soos ek gemaklik voel wanneer ek aanlê om skiet te simuleer en stel dan my waterpas sodat die babbel 100% in die middel van die regterkant se strepie is.Dit maak dit baie makliker vir my om die geweer elke keer op dieselfde posisie te kry voordat ek skiet.
Die manier werk makliker vir my en so het ander hulle eie maniere hoe om die geweer gemaklik moontlik sowel as waterpas moontlik vas te hou alvorens 'n skoot geskiet word.
Ek het al waargeneem by die skietbaan dat verskeie skuts se scopes nie 100% waterpas opgesit is nie juis omdat hulle dan ongemaklik voel as hulle aanle om te skiet en word die scope dan effens getilt wanneer die geweer gemaklik voel by aanle en die scope dan aangepas word om "level" voor te kom.
Die groot doel van die waterpas vir my is om die geweer ELKE keer in dieselfde posisie te hê voor die skoot loop !! Ander sal verskil maar so het elkeen sy manier van die ding doen solank die basiese beginsel dieselfde bly nl. geweer posisie 100% dieselfde voor die skoot loop...
Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 3:47 pm
by Gawie(13mm)
Vlakvark wrote:Nou hoe sit jy jou geweer waterpas as die waterpas,nie reg is nie. Ek neem aan 99% mense gaan daai selfde waterpassie gebruik om te bepaal of sy geweer waterpas is.
So as hy sy geweer waterpas sit met die foutiewe waterpas en dan die borrel in die middel sit.gaan dit die probleem uit sorteer ,of gaan dit so iets lyk
http://fixr.wpmedia.s3.amazonaws.com/blog/wp-content/uploads/2009/10/ac-install1.jpg
Jammer as ek nou manne verkeerd leer hier,ek verwyder dan eerder my post.
Nogmaals jammer.
Vlakvark, die doel van die waterpas, soos Len hier verduidelik, is om jou geweer elke keer teen dieselfde hoek te hou as jy aanlê op jou teiken. Of dit nou haaks met die horison is of teen 15°, dit maak nie saak nie. Solank dit altyd dieselfde is, sal die tref punt elke keer op dieselfde plek wees. Jy het dus nie 'n R1900 waterpas nodig om dit aan te dui nie.
Ek stem 100% saam et jou en Len dat jou roer en die teleskoop 100% akuraat opgestel moet word mbt die vertikale. Soos jy self weet is 'n lood lyn of laserlyn die beste manier om dit te bewerkstellig.
Verder is ek jammer dat jy jammer is, want jy het geen rede om jammer te wees omdat ek jou jammerlik laat voel het nie.
My apologie.
Groetnis.
Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 3:57 pm
by vriell
vriell wrote:vriell wrote:Pvdw wrote:Dankie. Hou my op hoogte asb. Enige inligting sal my help om hulle hier op te spoor.
Maak so..
http://www.africanadvice.com/1394570/Ha ... (PTY)_Ltd/ - Hierdie is die verspreiders in die Kaap
http://vernonatyourservice.webs.com/ ....Volgens die winkel eienaar mag die verspreiders moontlik dieselfde item aanhou daar by julle in Johannesburg omgewing...
As julle nie regkom nie kan ek dit hier kry en pos. Die "keyring spirit level" kos R8-00 hier by die plaaslike winkel.
Ek sien hier is ook ander manne met idees waar om die levels te kry en hoe hulle dit maak pas so laat maar weet...ek help graag..
EK WIL MET GRAAG BYVOEG DAT HIERDIE GOEDKOPER WATERPAS NIE GEBRUIK KAN WORD VIR SCOPE INSTALLASIES NIE SOWEL AS OM VAS TE STEL WANNEER JOU GEWEER WATERPAS GEHOU WORD NIE...(BY SCOPE INSTALLASIES) EN IS 100% BRUIKBAAR VIR DIE DOEL VAN "SCOPE-WATERPAS" VIR AANLê DOELEINDES !!
Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 4:03 pm
by Vlakvark
Jammer Gawie ek het gedink jy wil nou jou Howa gebruik vir 'n ''profile '' om mee te bou. En daarom die aanbeveling vir 'n beter waterpas.
Re: Scopelevel
Posted: Tue Sep 08, 2015 6:30 pm
by Apie
FanieVenter wrote:Dag manne!
Wat dink julle van my eie teleskoop level?
http://i280.photobucket.com/albums/kk198/dbeardslee/Savage%20MK%20II/IMG_0859_zpsd592a4dd.jpg
Groetnis!
Fanie Venter
Kan ons nie n Group Buy by ons gunsteling wapensmit reel nie?