Dagsê.
Jy kan met enige 308 tot 1000m skiet, indien jou teleskoop dit toelaat. Sommige gewere doen dit net beter as ander.
Die HOWA is een van daardie gewere wat dit net makliker gaan doen.
Hier volg 'n paar goedkoop en 'n paar minder goedkoop "tips" om jou tot 1000m te kry.
Jou geweer platform.
1. Glas en "pillar bed" die aksie sodat die loop vry hang in die kolf.
2. Poleer die HACT sneller en verstel hom dat hy op ongeveer 1.5 pond breek.
3. Sit 'n 20 MOA staal piccatiny basis op die geweer en "lap" die ringe. Warne sê ringe is nie so duur nie en baie van ons het daarmee begin.
4. Indien jou wangstuk nie verstelbaar is nie, kry een van Julian sê verstelbare wangstukke. Jou oog moet inlyn met die kruishaar wees.
5. Koop 'n Harris twee-poot wat kan kantel. Bly weg van die cheapies.
6. Kry 'n "bubble level" vir jou teleskoop. Vir enige skote oor 300m maak dit saak.
Teleskoop:
1.Jy kan nie skiet, wat jy nie kan sien nie. As jy dit kan sien en jy kan nie tot daar stel nie, help dit ook boggerrol.
2.Vergeet van enige iets met 'n kleiner as 20 vergroting. Jy kan altyd die vergroting afstel vir mirage en naby werk, maar met 'n 14 of 16 maks vergroting kan jy nie stel tot 20 nie.
3.Interne verstelling. Jy gaan moontlik tot 40 MOA moet opstel om by 1000m uit te kom. Onthou dat jy met 'n optiese zero op jou teleskoop begin. Dus is jy in die middel van jou beskikbare verstelling. Die 20 MOA basis "koop" dus vir jou die nodige verstelling.
4.'n Kruishaar wat in MOA afgemerk is "koop" vir jou 'n verdere 5 tot 10 MOA.
Jou Ammo.
1. Herlaai jou eie Ammo met die beste beskikbare komponente. Lapua doppe spaar hope geld op die lang pad.
2. Skiet die hoogste BC koeël wat in jou geweer werk. 155 grein koeëls loop mooi uit die HOWA met sy 1:10 groef draai.
3. Doen ordentlike lading ontwikkelling. 'n Driekwart duim groep op 100m sal jou op 900m kry, maar 'n halfduim groep kry jou op 1000m.
4.Kry 'n betroubare chronograaf. Spoed is nie alles nie, maar wat die spoed is, is van kardinale belang.
Ballistiese program en katoeters.
1.Kry 'n ordentlike program vir jou selfoon. Strelok Pro, Applied Ballistics of Shooter, werk almal knap.
2.Kry 'n windmeter en 'n ordentlike afstand taster. Hoe wil jy jou teleskoop stel as jy nie weet hoeveel jy moet stel nie.
Oefening en voorbereiding
1.Probeer om die DVD van Todd Hodnett in die hande te kry. "Art of the pressision rifle"
Pas toe wat jy uit die DVD leer en jy is sommer gou op 'n 1000m plus.
2. Beweeg uit jou gemaksone. Skiet uit die lê posisie van die grond af. Sodoende kan jy beheer uitoefen oor jou liggaam en jou skiet platform.
3. Raak fiks. Hoe laer jou rustende hartklop, hoe makliker is dit om van jou asemhaling te vergeet en net op jou snellerbeheer te fokus.
4. Ritme is belangrik. Gaan lê agter jou geweer en werk vir jou 'n ritme uit. Van die oomblik wat jy gaan lê tot jy die skoot sien tref en weer oorhaal. Skryf dit neer en oefen die by die huis in jou agterplaas.
Kry vir jou 'n "Shooting buddy". Julle is mekaar se "spotter" en mekaar se leermeesters. Steek jou trots in jou sak en leer by ander manne. Ek leer elke dag iets nuuts.
Leer by manne wat dit reeds gedoen het. "Rusbank-snipers" gaan jou net geld en Ammo kos.
Laastens: Geniet dit. Kompeteer teen jouself. Jy sal dan die ander manne vinnig inhaal en soms verby steek.
Groetnis.