Page 1 of 2
Camo Netting
Posted: Fri Sep 04, 2015 7:53 am
by dupiepienaar
More almal, ek is nuut op die forum, so hier is die bekendstelling....
Dup hier, boer in die karoo, jakkals eet my goed!
Ek is op soek na camo netting groot genoeg om 'n land cruiser toe te maak of enige ander boereraad oor hoe om jou wit voertuig minder opsigtelik te maak. Ek is nie 'n ou vir 14 flappe aan mekaar weef en 30 minute sukkel in die veld voor ek kan roep nie, dit maak dat mens nie lus is om uit te gaan nie, ek spandeer eerder meer en koop een net groot genoeg om hele bakkie toe te maak met sirkel in middle vir stoel, problem is waar kry ek so 'n net.
Enige hulp word waardeer,
groete
Re: Camo Netting
Posted: Fri Sep 04, 2015 8:01 am
by Jaco vdW
Ian Beytel hier op die forum sal jou kan help. Hy bou skietstoele en maak wat hy noem n bakkie-jas van camo materiaal. Die jas word spesifiek vir jou voertuig gemaak.
Re: Camo Netting
Posted: Fri Sep 04, 2015 8:45 am
by cassie_calvinia
verf hom met water verf.
niks nette nie.
as jy saterdag middag dorp toe ry om te gaan rugby kyk en dans, spuit hom net weer af met die wap
Re: Camo Netting
Posted: Fri Sep 04, 2015 9:03 am
by G-force
Re: Camo Netting
Posted: Fri Sep 04, 2015 10:07 am
by Nowon
Probeer die Army Surplus Store in Pretoria. 012 32sewe32agt2
Ek het daar bein van die jaar een groot net gesien wat 'n Cruiser sou kon toe maak.
Maar hulle was duur.
Hulle het ook kleine nets gehad wat jy moet dan net voor die tyd aanmekaar vas maak dan is dit klaar gedoen.
Re: Camo Netting
Posted: Fri Sep 04, 2015 10:08 am
by Nowon
Re: Camo Netting
Posted: Fri Sep 04, 2015 10:24 am
by Nowon
Re: Camo Netting
Posted: Fri Sep 04, 2015 9:06 pm
by dupiepienaar
Dankie almal vir die raad, ek gaan vir die net idee, verf en of decals/plak gaan nie werk vier my nie. Sal more die perde bel wat jullie voorstel!
Re: Camo Netting
Posted: Sat Sep 05, 2015 10:42 am
by Nowon
Ek het net nou gedink dat jy by tentpro moet vra dat hulle die net vir jou aanmekaar vas stitch
Re: Camo Netting
Posted: Mon Sep 21, 2015 2:11 am
by Nowon
Re: Camo Netting
Posted: Mon Sep 21, 2015 8:03 am
by Dawie Malan
Bel maar liewer vir Ian Beytell. Camo netting is hard en jy gaan jou bakkie lelik krap. Camo net is ook baie duurder per m².
Groete
Dawie
Re: Camo Netting
Posted: Mon Sep 21, 2015 8:48 am
by musgrave270
DIY hier in Bloem het op 'n stadium Hessian gehad. R300 vir 'n pak van 10m x1.8m hoog. Ek weet hessian is nie so sterk soos ander nette nie maar ek werk al 3jaar met myne en het nog nie enige skeure of so opgetel nie.
Groete
Ruan
Re: Camo Netting
Posted: Mon Sep 21, 2015 9:51 am
by NicoSmit
As dit nie vir die muise gewees het nie so my Hessian nie so paar gate gehad het nie dis goedkoper en werk lekker oor die bakkie
Re: Camo Netting
Posted: Mon Sep 21, 2015 10:19 am
by Geno
Ek het nette gebruik en is van dit af.
Dit wapper te veel as die wind effens waai. Dit vat ook te veel tyd en beweging om die bakkie toe te gooi op n staanplek.
Vinyl wrapping is die heel beste.
Plastidip 2 beste
Waterverf 3de keuse.
Nette en lappe heel laaste.
Ek praat uit ondervinding. Het al alles gebruik...
Groete
Eugene

Re: Camo Netting
Posted: Mon Sep 21, 2015 11:31 am
by Koos Barnard
Geno wat kos die wrapping vir 'n Cruiser soos joune?
Re: Camo Netting
Posted: Mon Sep 21, 2015 11:45 am
by Geno
Hallo Oom Koos.
R18,000 dan gebruik hulle 3M se vinyl.
Myne is met Plastidip gedoen teen R6,500. Op die stadium was dit al wat ek kon bekostig.
Re: Camo Netting
Posted: Mon Sep 21, 2015 11:50 am
by Koos Barnard
Baie dankie. Ek het die lelikste oranjerooi Isuzu (sonic orange noem hulle dit glo) in Suid-Afrika. Dink daaraan om vir die bakkie 'n baadjie aan te trek.
Mooi loop
Re: Camo Netting
Posted: Mon Sep 21, 2015 12:11 pm
by Kubus
Jakkal jassies deur Ian Beytel hier op die forum.
Pasmaak vir jou voertuig, "maak met "Velcro" vas aan tralies ens.
Re: Camo Netting
Posted: Mon Sep 21, 2015 12:12 pm
by Kubus
Jakkal jassies deur Ian Beytel hier op die forum.
Pasmaak vir jou voertuig, "maak met "Velcro" vas aan tralies ens.
Re: Camo Netting
Posted: Thu Oct 08, 2015 4:45 pm
by Roland Risi
http://i997.photobucket.com/albums/af91/thenum11/hunting/F59361FF-0358-4FF4-99D3-B48A1F6C796F_zpspo5ch4mh.jpg
http://i997.photobucket.com/albums/af91/thenum11/hunting/0E583D5F-1BE4-4BCB-988F-EA9AB645B8C3_zpsgcyptvsq.jpg
http://i997.photobucket.com/albums/af91/thenum11/hunting/9227D8AD-35DF-47A1-80E7-2ECF1F0D4150_zpspkojc4xx.jpg
http://i997.photobucket.com/albums/af91/thenum11/hunting/3C24E47E-25B3-494F-8701-23755E672EE5_zpsdtrz5m84.jpg
Children's water based paint works ok, need to try different brands to see what works best
Re: Camo Netting
Posted: Thu Oct 08, 2015 7:10 pm
by djdppolo
Kobus
Wat sal so jakkals jassies kos? Ek stel belang.
Jean
Re: Camo Netting
Posted: Thu Oct 08, 2015 7:40 pm
by cobus s
R
Re: Camo Netting
Posted: Thu Oct 08, 2015 7:41 pm
by cobus s
Haha oeps lees ek nou lekker

Re: Camo Netting
Posted: Thu Dec 17, 2015 10:18 am
by BeesBreet
cassie_calvinia wrote:verf hom met water verf.
niks nette nie.
as jy saterdag middag dorp toe ry om te gaan rugby kyk en dans, spuit hom net weer af met die wap
Bedoel jy soos wat Roland se fotos wys?
En was dit darem maklik af...
Ek wil my Bakkie wit hou en wil ook nie n net gebruik nie...
Re: Camo Netting
Posted: Thu Dec 17, 2015 10:40 am
by Riaan Kriel
Geno wrote:Hallo Oom Koos.
R18,000 dan gebruik hulle 3M se vinyl.
Myne is met Plastidip gedoen teen R6,500. Op die stadium was dit al wat ek kon bekostig.
Geno, Wie het die Plastidip gedoen en waar is hulle geleë?